Beroemde skrywer woon in Kleinmond

Die meeste mense in Kleinmond besef dalk nie dat hier ‘n veelbekroonde en wêreldbekende skrywer en illustreerder van kinderboeke in Kleinmond woon nie.

Niki Daly skryf en illustreer al die afgelope 35 jaar kinderboeke. Hy het onder andere al die British Arts Council Illustration Award, die Katrine Harries Award en ‘n U.S Parent’s Choice Award gewen. Hy is al genoem in die New York Times Literary Supplement as beste illustreerder van die jaar.

Hy is baie betrokke by die gemeenskap en op die foto kan gesien word hoeveel pret die kinders van Siyabulela Preprimary gehad het met sy praatjie, en die vou van origami hoede. Origami is ook sy stokperdjie.

Niki Daly by Siyabulela Preprimary in Kleinmond

Kleinmond Leeskring het op Maandag 27 Mei om 15:00 die voorreg om na Niki Daly te luister in die Biblioteeksaal. Aangesien sy praatjie aan Siyabulela Preprimary opgedra word, sal skenkings aan die skooltjie waardeer word.