Literêre pryse

Kleinmond Leeskring het vandag die voorreg gehad om te luister na die formidabele dr Francis Galloway van Pringle baai se aanbieding oor literêre toekennings.

Sy dien in verskeie plaaslike en internasionale rade en komitees en het in 2011 in Slovenië ‘’n referaat gelewer, getiteld: “Publishing in nine tongues: The South African book publishing landscape”.

Haar navorsingsveld is Boekstudie/Boekgeskiedenis, met spesifieke fokus op uitgewery-ondersoek. Sy het ’n innoverende navorsingsprogram geloods, wat ook internasionaal hoog aangeskryf word, om kontemporêre boekbedryfstatistiek te genereer en te verpak. Twee uitvloeisels van hierdie program is ’n jaarlikse diepte-opname van en verslag oor die aard en omvang van die plaaslike boekbedryf en die instandhouding van ’n sentrale databasis wat ingespan word om veranderende patrone in die bedryf te moniteer.

Dr Galloway het verskeie navorsingstoekennings ontvang en is tans besig met ’n uitgebreide navorsingsprojek rondom die materiële produksie (plaaslik en internasionaal) van die oeuvre van Breyten Breytenbach.

Die leeskringlede het behoorlik aan haar lippe gehang met haar lewendige aanbieding oor plaaslike literêre pryse en toekennings. Ons het gehoor wat die proses behels en die kriteria wat gebruik word, asook die geskiedenis van sommige van die belangrikste pryse.

Ek is seker as die volgende literêre prys toegeken word, gaan ons met nuwe oë daarna kyk. Wat ’n besondere voorreg om die Leeskring se jaarprogram op so ’n hoë noot af te skop!

Dr Francis Galloway

Dr Francis Galloway

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s