Skrywersprofiel – John Maxwell Coetzee – Wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 2003

John Maxwell Coetzee- Wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 2003

Gebore in Kaapstad op 9 Februarie 1940.-Sy pa was ‘n opgeleide wetsgeleerde maar het slegs met onderbrekings gepraktiseer. In 1941 – 1945 het hy vir die SA magte in Noord-Afrika en Italië geveg. Sy ma was ‘n laerskool-onderwyseres.

Hy was die oudste van 2 kinders en hul huistaal was Engels. Sy laerskool-opleiding het hy in Kaapstad en Worcester ontvang. Vir sy hoërskool-opleiding woon hy egter die Katolieke  die Marist Brothers skool in Kaapstad by en matrikuleer reeds op 16 jarige ouderdom in 1956.

Vanaf 1957 tot 1961 behaal hy honneursgrade in sowel Engels as Wiskunde aan die Universiteit van Kaapstad.

In die jare 1962 – 1965 bevind hy hom in Engeland waar hy werk as rekenaarprogrammeerder terwyl hy navorsing doen vir sy tesis oor die Engelse skrywer, Ford Madox Ford.

In 1963 tree hy met Philippa Jubber in die huwelik en daar word vir hulle 2 kinders gebore, nl Nicolas en Gisela. Die huwelik hou egter slegs tot in 1980. Van hierdie gesin is 2 lede reeds vroeg oorlede, nl Nicolas in 1989 en Philippa in 1991.

In 1965 tree hy in diens van die Universiteit van Texas waar hy sy doktorsgraad in Engels, Linguistiek en die Germaanse tale verwerf. Sy doktorale tesis handel oor die vroeë skryfwerk van Samuel Beckett.

Vanaf 1968 – 1971 was hy assistant professor van Engels by die Staatsuniversiteit van New York in Buffalo. Sy aansoek om permanente verblyfreg in die VSA word egter geweier en hy keer terug na Suid-Afrika.

Vanaf  1972 – 2000 beklee hy verskeie poste by die Universiteit van Kaapstad, die laaste een was as “Uitgelese(Distinguished) Professor van Letterkunde.

Gedurende hierdie jare, veral tussen 1984 en 2003, gee hy ook van tyd tot tyd lesings aan verskeie Amerikaanse Universiteite.

In 2002 emigreer hy na Australië waar hy nou in Adelaide woon saam met sy metgesel, Dorothy Driver. Hy beklee ook ‘n ere posisie aan die Universiteit van Adelaide.

In 2010 word hy tot ridder geslaan in Amsterdam in Nederland en word toegelaat tot die koninklike De Orde van die Nederlandse Leeuw by die opening van die skrywersfees watter ere van hom in De Balie in die stad gehou is. Hierdie eer word slegs by die hoogste uitsondering aan buitelanders bewys.

Daar is aan homnie minder as 8 ere-doktorsgrade deur een universiteit in Suid-Afrika, sowel as 7 buitelandse universiteite toegeken.

Sy Werke en Toekennings

1974    Dusklands

1977    In the Heart of the Country                 CNA prys

1980    Waiting for the Barbarians                 CNA prys ; James Tait Black Memorial Prize

Geoffrey Faber Memorial Prize

1983    Life & Times of Michael K                  Booker Prize for Fiction ; CNA prys ; Prix Femina

Etranger (Frankryk)

1986    Foe                                                      Jerusalem prys

1988    White Writing : On the Culture of letters in South Africa

1990    Age of Iron                                          Sunday Express Book of the Year

1992    Doubling the Point : Essays and Interviews

1994    The Master of Petersburg                   Irish Times International Fiction Prize

1996    Giving Offense : A Study of Literary Sensorship

1997    Boyhood : Scenes from Provincial life

1998                                                                Lannan Literary Award for Fiction

1999    Disgrace                                              Booker Prize for Fiction ;Commonwealth

Writers Prize (Overall winner, Best Book)

1999    The Lives of Animals

2001    Stranger Shores : Literary Essays 1986 – 1999

2002    Youth : Scenes from Provincial Life

2003    Elizabeth Costello : Eight Lessons

2003                                                                Nobel Prize for Literature

Die Sweedse Akademie beweer dat Coetzee “in innumerable guises portrays the surprising involvement of the outsider.” Die pers noem ook sy “well-crafted composition, pregnant dialogue and analytical brilliance.”

2004    Landscape with Rowers : Poetry from the Netherlands

2005    Slow Man                                            Commonwealth Writers Prize (Africa Region

Best Book) Shortlist ; International IMPAC

Dublin Literary Award, Shortlist

2007    Diary of a Bad Year

2008                                                                Best of the Booker ; Shortlist for Disgrace

2009    Summertime                                        Commonwealth Writers Prize (South East Asia

and South Pacific Region, Best Book) Shortlist ;

Man Booker Prize forFiction ; Shortlist

JM Coetzee het ook heelwat Afrikaanse en Nederlandse werk in Engels vertaal.

JM Coetzee –Persoonlikheid

Hierdie skrywer is so menssku dat hy deur sommige mense gesien word as ‘n kluisenaar. Hy het bv nie eers  een van sy twee Bookerpryse self gaan ontvang nie.

Hy is ongelooflik toegewyd en self-gedissiplineerd – drink nie, rook nie en eet selfs nie eers vleis nie. Verder ry hy langafstande fiets om fiks te bly en spandeer elke oggend, 7 dae per week, ten minste eenuur per dag by sy lessenaar waar hy skryf.

‘n Kollega wat vir 10 jaar saam met hom gewerk het, beweer dat Coetzee in die 10 jaar slegs 1 keer gelag het by die werk. ʼn Kennis beweer dat hy vele etes bygewoon het waar Coetzee teenwoordig was sonder om ‘n enkele woord die hele aand te praat.

Getekende kopieë van Coetzee se werk is dus uiters skaars.

Politieke Oortuigings

Saam met Nadine Gordimer, Andre P Brink en Breyten Breytenbach bevind JM Coetzee hom in die voorhoede sover dit die Anti-Apartheid beweging tov letterkunde en briefwisseling aangaan. Hy doen in die laat-tagtigerjare ‘n beroep op die RSA regering om hulle apartheid beleid te laat vaar.

Sommige mense beweer selfs dat Disgrace ‘n allegorie gebaseer op die Waarheids- en Versoeningskommissie is. Coetzee sê dat slegs tyd sal leer of die Kommissie enigsins iets bereik het aangesien dit hoofsaaklik gebaseer was op Christelike maatstawwe wat slegs deur ‘n handjievol inwoners aanvaar word.

Toe hy Australiese burgerskap aanvaar het, het hy gesê dat hy altyd sterk emosionele bande met die RSA sal hê, maar sedert hy Australië die eerste keer in 1991 besoek het, was hy aangetrek deur die mense se “free and generous spirit. ”Ook deur die skoonheid van die land en veral Adelaide.

Met sy vertrek na Australië het hy die RSA regering se laksheid tov misdaad as die hoofrede vir sy emigrasie aangevoer en daarmee die gramskap van Thabo Mbeki op die hals gehaal. Mbeki het hom darem geluk gewens toe hy die Nobelprys ontvang.

Coetzee as Kampvegter vir Diereregte

Veral in later jare het hy hom baie sterk uitgespreek teen wreedheid teenoor diere. Sy werke, Disgrace en Elizabeth Costello handel oa daaroor. Onthou ook dat hy ‘n vegetariër is.  In sy werk The Lives of Animals behandel hy die mens se houding teenoor diere op hoofsaaklik 5 terreine.

Disgrace – slegs ‘n kort oorsig oor die verhaal

Ek het eers Slow Man gelees wat in 2005 gepubliseer is en daarna Disgrace wat al in 1999 gepubliseer is en het in albei boeke Coetzee se baie unieke skryfstyl met sy amper ongelooflike ontledingsvermoë om gevoelens tot in die fynste besonderhede te beskryf, aangetref.

Disgrace handelhoofsaaklikdaaroordatpolitiekeveranderingfeitliknikskandoenommenslikeellendeuitteskakelnie. Disgrace was Coetzee se eerste boek wat hoofsaaklik oor post-apartheid in Suid-Afrika handel en waarin hy die prentjie skilder dat hoegenaamd niks verbeter het nie, maak nie saak watter ras, nasionaliteit of uitkyk betrokke is nie. Tov die RSA het brutale tirannie slegs plek gemaak vir brutale anargie.

Waar prof David Lurie vantevore Romantiese poësie aan die universiteit kon doseer, is hy nou na die politiese veranderinge geforseer om gespreks-vaardighede aan sy universiteit wat nou ‘n tegniese kollege geword het, te doseer. Boonop is hy ‘n geskeide man en probeer bietjie lewe bekom deur ‘n prostituut gereeld te besoek. Sy verwerp hom egter en dan doen hy die onvergeeflike – hy verlei ‘n jong student in een van sy klasse.

Hy word geskors en agv die skande vlug hy na sy dogter se afgeleë klein plasie in Oos-Kaap. Hy het steeds die hunkering na die skryf van ‘n opera oor die gedigte van George Byron, gevierde Romantiese Engelse digter.

Kort na sy aankoms by Lucy, word hulle wreed aangeval en sy word verkrag. Lucy het ‘n werks-ooreenkoms met ‘n swart man, Petrus, en dit word dan duidelik dat die verkragter ‘n familielid van Petrus is en dat Petrus nie so heeltemal onskuldig is nie. David probeer alles om die aanvallers aan die pen te laat ry sonder enige samewerking van Lucy se kant af, want alhoewel sy verwagtend geraak het, wil sy aanvaar dat as sy wil woon waar sy woon, moet sy ook alles aanvaar wat met haar gebeur het. Dan besef David dat hy ook alles moet opoffer, ook sy dogter en die opera wat hy wou skryf, sonder om iets vir homself toe te eien.

JWC Schutte – Augustus 2010 – Kleinmond Leeskring

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s