After the Wedding

‘After the Wedding’, ‘n remake van ‘n Oscar-genomineerde 2006 Deense film deur Susanne Bier, is ‘n vertoonvenster vir Julianne Moore, as akteur en as vervaardiger.

Isabelle soek fondse vir haar weeshuis in Indië en reis na New York om Theresa, ‘n welgestelde weldoener, te ontmoet. ‘n Uitnodiging om ‘n troue by te woon, het ‘n reeks gebeure tot gevolg waarin die verlede met die hede bots soos wat dit ontrafel.

Die meeste kritici vergelyk dit ongunstig met die oorspronklike Deense film, maar ek het hierdie op sy eie gesien, en was ontroer daardeur. Michele Williams en Julianne moore lewer sulke uitstekende spel, absoluut oortuigend, ek moes strepe maskara skoonmaak na die tyd.

Temas is menslikheid, hoe doodgewone goeie mense swak besluite en foute maak. Dis geweldige emosionele gebeutenisse, wat mense se lewens verander, en hoe dit hulle toekoms raak, eerder as ‘n teruggryp na die verlede. Die hantering van die dood in ‘n gesin word aangespreek.

Ek sal ‘After the Wedding’ aanbeveel vir almal wat hou van ‘n lekker drama, dit is weldeurdag en ‘n intelligente spel met jou emosies. Moenie hierdie film misloop nie!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s