Johnny is nie dood nie

Johnny is nie dood nie. Sex, drugs and rock ‘n roll. Raak saam met die jeugdige idealistiese karakters hoog gerook deur Olwagen se kamera wat soms surrealisties deur die kamer en jou kop tol. Word saam met ontnugterde 30-somethings dronk as hulle op ‘n partytjie terugkyk en steeds geteister word deur die raaisels en geheime van hulle jeugdige rebelsheid toe hulle meegesleur was in die Voëlvry beweging. Hulle vrae word nie beantwoord nie, hulle kan self nie eers ooreenkom nie, het hulle protes wel ‘n verskil gemaak in die land, of was hulle bloot rykmanskinders who came to the party en nou ly aan postrewolusie blues?

Hierdie fliek het nie soseer vir my van ‘n stuk geskiedenis waarvan ek nie eerstehands deel was geleer nie, ek het immers alles gelees daarvan en hier en daar een van die konserte bygewoon, maar ek kon myself eerder posisioneer ten opsigte daarvan.

Tegnies was dit briljant. Die klankbaan met Kerkorrel en Kombuis en ook Ilana Cilliers was absoluut perfek, dis het half ingesmelt met die fliek. Ek glo nie ek het al plaaslike akteurs gesien wat hulle rolle beter vertolk nie. Die fliek trek jou in, jy voel nie ‘n buitestaander wat vir ‘n mooi storie op ‘n skerm sit en kyk nie. Wees net gewaarsku, dis nie ‘n fliek vir sissies of taalpuriste nie.

(Ek was bietjies te oud, en my kinders bietjies te jonk om deel te kon wees van die studente se struggle. So ons het net die musiek gehad en ek het in koerante gelees van die wille dinge.)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s