Die seuns van Bird Island – Mark Minnie

Die seuns van Bird Island: 'n Skokkende onthulling uit die hard van die NP-regeringDie seuns van Bird Island: ‘n Skokkende onthulling uit die hard van die NP-regering by Mark Minnie

My rating: 2 of 5 stars

Twee sterre klink min om vir ‘n boek te gee wat ek tot op die einde gelees het. Ek het egter gekyk waarvoor staan elke ster, en 3 *** sou beteken “I liked it”. Daarom 2**, “It was OK”.

Dit sou arrogant van my wees om my opinie oor die egtheid van die beweringe in hierdie boek uit te spreek, veral vandag wat dit ook bekend gemaak is dat die skrywer, Mark Minnie, homself vermoedelik om die lewe gebring het, maar daar ook deur ‘n gerekende joernalis, Marianne Tham gevra word: “’n Mens wil nie bespiegel nie en ek sal wag vir die polisie se ondersoek. Maar as ’n mens kyk na die konteks van sy dood, is daar definitief ’n paar vrae wat gevra moet word.”

My “It was ok” dui meer op die onvermoë van die skryfwerk om entoesiasme by my op te wek. Die stem en emosie van Minnie het vir my die feite ‘n bietjie gekleur met my eie vooroordeel. As ek hierdie boek vergelyk met Ek is Liza Smit deur Raquel Lewis en Liza Smit, is daar ‘n baie groot verskil. Lewis en Smit het die storie vertel op ‘n manier wat die leser die emosie gevoel het, jy moes nie deur die skrywer se emosies probeer kyk na die storie wat hy vertel het nie.

As ek egter vir moed van Minnie en Steyn moes sterre toeken, sou dit 5 ***** wees. Vir elk.

Ek vermoed ons het nog lank nie die einde van hierdie verhaal gehoor nie.

View all my reviews

Advertisements

4 thoughts on “Die seuns van Bird Island – Mark Minnie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s