‘n Groen boek oor kleur

Elke mens het ‘n storie. Die waarheid is soms vreemder as fiksie, maar altyd eg en hartroerend. Sommige stories word vertel, maar soms maak ‘n boek of ‘n fliek ‘n mens ook toenemend bewus van die aaklige wete dat daar nie net in Amerika nie, maar ook hier by ons, duisende verhale is wat nié vertel is nie. Aaklige verhale. Soos die een van dr Don Shirley in Green Book. Wat ‘n waardige wenner van die Oscar vir beste fliek!

Green Book vertel die verhaal van dr Don Shirley, ‘n gesofistikeerde wêreldklas African-American pianis, wat in 1962 op ‘n konserttoer in die Deep South gaan. Shirley benodig ‘n drywer en iemand wat moet sorg dat sy optredes glad verloop en hy werf vir Tony Lip, ‘n tawwe uitsmyter met vinnige vuiste, uit ‘n Italiaanse-Amerikaanse omgewing in die Bronx. Ondanks hul verskille ontwikkel die twee mans gou ‘n onverwagse band terwyl hulle rassisme en gevaar in ‘n era van segregasie konfronteer. Dit gebeur in die era van Jim Crow, Dit is van 1936 tot 1966 deur New York City se posman Victor Hugo Green opgestel en uitgegee. Tydens hierdie era was daar gruwelike rassediskriminasie en het mense op reis geweldige probleme soos weiering van bediening in restaurante, verblyf tot arbitrêre arrestasie ervaar. In reaksie hierop het Green ‘n gids opgestel van plekke wat relatief vriendelik teenoor die Afro-Amerikaners was.

As ‘n mens net die tema van die verhaal van die twee mans op die konserttoer lees, dan besef jy die fliek kon so maklik ontaard het in ‘n blote tranetrekker wat ‘n punt wil maak. Maar dit was nie en dit het nie. Dit is ‘n briljante fliek op alle vlakke; die subtiele spel, musiek, cinematografie, humor en menslikheid. Dit wys dat eerlike, opregte menslike gedrag dikwels lei dat ander beter verstaan, dat verandering wel moontlik is deur ‘n waardige voorbeeld. Dit is ‘n diep menslike verhaal van familiewaardes, eensaamheid, verontregting en vernedering, maar die ware wenner is die een wat waardig bly.

It takes courage to change people’s hearts.
– Oleg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s