Donker stroom: Eugène Marais

Wat vir Dr Pieter Labuschagné kriptiese werksnotas is wat hy gebruik het by die bespreking van Donker stroom by Kleinmond Leeskring, is vir my uiters waardevolle inligting. Hierdie is soos alle notas in hierdie blog, slegs die persoon wat die bespreking doen se eie notas.

DONKER STROOM: EUGENE MARAIS EN DIE ANGLO-BOERE OORLOG deur Carel van der Merwe

Sagte band – 530 bladsye, bylae en index ingesluit

Uitgewer: Tafelberg

Titel: Donker stroom: Eugene Marais en die Anglo-Boere-oorlog

Die boek is saamgestel uit:

(i) Nota aan die leser

Uiteensetting van begrippe – Anglo-Boere Oorlog en geld waardes

(ii) Lys van kaarte wat gebruik is

Donker stroom is opgedeel in 7 dele:

  1. Feite en fiksie
  2. Die ou Transvaal 1887 – 1896

Hoofsaaklik opbou vir die redes vir sy opposisie teenoor die ZAR regering. Die rol van die Uitlanders wat lei tot die Jameson inval. Land en Volk met Boer en Brit as twee eienaars – vennote

  1. In die vreemde – EM se vertrek na London

Studie aan die Inner Temple. Studies in beide die regte en medies

  1. Terug in Suid-Afrika

Die sg Great Deal. Die konkelwerk van Fitzpatrick en Milner. EM se rol om die Great Deal te kelder

  1. Oorlogsjare

Studies voortgesit – oorlogspropaganda –  Die oorlog draai teen die boere. Transvaal from within – vredesgesante

  1. Die ekspedisie

Plofstof en spioene – die einde – gestrand

  1. Die na-oorlogse jare

Lord Milner-  Volk en Land – Gustav Preller – Die Kroonkolonie bestuur – Die Chinese probleem – EM beveg die boere-leiers. Die opbloei van die Het Volk party. Na die Waterberg

Bylae

(a) Die probleem van EM se geboortedatum

(b) Die onbekende kortverhaal – Die Brand-wacht

(c) Vanaf p. Eindnotas en bronnelys

Skrywer self verdeel die lewe van EM in drie periodes:

  1. Die dekade 1887 tot 1896 toe EM openbare publieke rol gespeel het as onverskrokke joernalis maar geheime bande met Wernher – Beit en die Uitlanders gehad het.
  2. Die periode 5 jaar hoofsaaklik in die buiteland studeer maar speel ʼn politieke rol.
  3. Die laaste 5 jaar na die oorlog tot en met die sluiting van Land en Volk toe die koerant deur die Britte en later deur FitzPatrick gefinanisier is.

                    DOEL OF OOGMERK VAN ʼn RESENSIE

 Wat is die skrywer se hoofoogmerk met die boek?

  1. Wat is die historiese of teoretiese konteks van die boek?
  2. Watter tipe inligting / besonderhede bevat die boek?
  3. Is die boek gemik op ʼn spesifieke groep?
  4. Hoe suksesvol was die skrywer in sy hoofoogmerk?

 Skrywer se hoofoogmerk met die boek

 1.1 Wetenskaplike bydrae te maak;

Die skryf van ʼn boek gebaseer op primêre bronne is ʼn uitdaging, maar verhoog die wetenskaplike bydrae van die werk.

Wat behels ʼn wetenskaplike ondersoek>

Vakke met die agtervoegsels – wetenskap beteken eenvouding die wat word ondersoek deur diehoe. Die wat is die feite materiaal en die hoe is die metode wat gebruik word – die wetenskaplike benadering om sistematies en logies deur die gebruik van  spesifieke metodes met die  materiaal of leerstof om te gaan.

Goeie wetenskaplike doen navorsing- vind dit self uit (primêre bron) – bron ontsluiting en soek na gapings om die prentjie te voltooi – die ontbrekende legkaart stuk.

1.2 Die Sosiale wetenskap wil ʼn vraag antwoord;

Die Sosiale wetenskap se hoofdoel is om vraag te antwoord = om die ontbrekende legkaart in te plaas om ʼn prentjie te voltooi.

Schopenhauer – wie is jy waarheen gaan jy waarvandaan kom jy?

Die gaping of the legkaartstuk – die prikkel of die sneller vir die skrywer was is Leon Rousseau se boek Die Groot Verlange en die onvolledige aard van die boek.

Alhoewel ʼn skitterende verhalende werk is dit wetenskaplike gebrekkig – die bronne ontbreek – maak afleidings wat nie uit primêre bronne gerugsteun kan word nie – die laaste paar uur voor EM sterf – die pille – Rykie van Reenen. Dit maak dit ʼn kwasi-wetenskaplike werk.

ʼn Resensie van Donker stroom veronderstel ʼn voorkennis van Die Groot Verlange – dit is in wese ʼn reaksie op Rousseau se boek.

Rousseau kan die vraag oor presies waarmee EM hom besig gehou het nie al het hy 30 plus bladsye daaraan bestee.

Hy kan nie die vraag antwoord of the onderliggende vraag of EM ʼn patriot of ʼn verraaier / joiner was nie. Het hy met die Engelse saamgespan teen sy eie mense?

Rousseau het genoem dat daar duistere bewerings was oor EM se betrokkenheid by die Uitlander-beweging, maar berus hom dan op die antwoord van EM se seun wat dit basies ontken het.

Een van die talle ontdekkings wat Van der Merwe tydens sy navorsing gemaak het, is ’n lang memorandum wat Marais tydens die ABO geskryf het aan Joseph Chamberlain, die Britse minister van kolonies, ná ’n vergadering met hom in Londen.

In hierdie dokument het Marais sekere voorstelle oor die behandeling van die Boerekrygsgevangenes op Ceylon en St. Helena gemaak, asook hoe die Transvaalkolonie ná die oorlog deur Brittanje behoort regeer te word. Chamberlain, wat volgens sommige mense op daardie tydstip die magtigste man in die Britse Ryk was, het Marais se voorstelle ernstig opgeneem. Chamberlain het ook ná hierdie vergadering aan lord Milner, die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, geskryf Marais is “a very intelligent man and made a considerable impression upon me”.

Dat ’n internasionaal gerekende staatsman soos Chamberlain Marais so ernstig opgeneem het, spreek op sigself boekdele van hierdie Suid-Afrikaner en die indruk wat hy op mense gemaak het.

Baie onbeantwoorde vrae bly egter agter, maar eerstens die verwysing na patriot of n verraaier – dit is te sterk gestel.

Daar is ʼn aantal onbeantwoorde vrae;

  1. Wat was EM se verhouding met Fitzpatrick and JB Taylor – waarom verswyg EM die inligting van die tydperk in sy briewe aan Preller?
  2. Waarom het hy nie die waarheid vertel oor sy ekspedisie na Oos-Afrika?
  3. Waarom was hy so geheimsinnig oor sy doen en late in Europa selfs na die oorlog?

(Rousseau op p. 98 of hy sy spore uitgevee het – maand in London met British Council saamgewerk maar kon niks opspoor)

Die kernvraag of Van der Merwe se hoofoogmerk was om die vraag te antwoord; naamlik wat het EM in Europa gedoen en kan daar van sy handelinge afgelei word dat hy inderdaad met die Engelse imperiale regering saamgespan het.

Die sub vraag; (i) wie was EM in werklikheid gewees? (ii) wat was onderliggend aan EM se vyandigheid teenoor die Kruger regime (iii) is hy deur die Uitlanderbeweging en die imperiale regering misbruik?

  1. Wat is die historiese of teoretiese konteks van die boek?

 2.1 Die historiese konteks van die boek is van groot belang om die vrae te kan beantwoord.

Die breë historiese konteks is geleë in die historiese en teoretiese gebeure gedurende die oorgang van Europa van die laat Middeleeue na die Renaissance. Gedurende die Middeleeue (400-1100) het geloof (kerk) ʼn dominerende rol gespeel maar daar was ondertone van bygelowe – heksery

In Antieke Griekeland rondom die jaar 400 het die eerste kentering gekom met die antieke Grieke wat na die wêreld gekyk het uit die oogpunt van logika en rede.

Middeleeue het dit onderbreek maar in 1543 het Copernicus en later Galileo Galilei met vooruigang in die astromomie die wêreld en die onmiddelike heelal ontsluit. Bewys dat die aarde nie die middelpunt van die heelal is nie.

Renaissance is op ontdekking gebaseer en wat mense wou weet is wat hul kon bewys – logika en rede vooropgestel en direk opgestel teenoor geloof.

Die breë historiese konteks van die Transvaal republiek en die skril kontras met die Britse of Engelse imperialisties beleid is dat dit twee verskillende wêrelde of twee verskillend ideologië was – vasgevang in verskillende tydsgewrigte.

Die Transvaal voor die ontdekking van goud in 1886 was vasgevang in ʼn pre-industrieële staat gebou op ʼn hoofsaaklike bestaans-ekonomie van jag en boer. Feitlik geen industrieële aktiwiteit – baie min mynbou in die Oos Transvaal.

Pres Paul Kruger en sy denke was behoudend en uiters konserwatief, streng, religuees en dogmaties.

Reën maak eksperimente word verbied want die reën kom van die Here. Lede verdoem die springkaanbestryding omdat springkane die toetsing van sy gelowings is. Een lid van die VR dreig om te trek as nog spoorweë gebou word. Taljaard wat beswaar maak teen die gebruik van die woord participeeren want dit kom nie in die Bybel voor.

Terwyl in Europa die staat omvorm word na die eerste modern vroeë demokratiese staat is die ZAR nog vasgevang tussen die absolutistiese staat met demokratiese elemente. Kruger en sy UR se kontak met die burgers is gebaseer op die Divine Right of Kings of the goddelike reg van konings. Die kontak met die volk is deur memories was as die stem van God gesien word.

Kruger het sy land as ʼn teokrasie geregeer – Vatikaanstad is voorbeeld van ʼn teokrasie.

PK en sy regime het hul kritici gehad – sy konsessie-beleid – Aloïs Nelmapius (sy dogter Irene) en Sammy Marks skatryk met drank konsessies en later plofstof konsessies – lg maak die mynbase baie kwaad.

Kruger se nepotisme en aanstelling van familie en vriende

Stel Hollanders in top posisies aan soos Leyds die staatsekretaris en Wierda in beheer van openbare werke  Hollander 1 aan Hollander 2 – wil jy my sê jy is al ʼn uur in die land en het nog nie ʼn pos nie?

Sy eie landgenote is nie geleerd genoeg nie en hy wantrou die Kapenaars – Vrystaat stel top Kaapse juriste aan Presidente Brand en Reitz.

Teenoor die konserwatiewe, teokratiese, pre-industrieële Kruger regime staan die Engelse en natuurlik die ryk mynbase – mynwerkers het nie werklik politieke aspirasies.

Ontdek goud maar Kruger skop vas teen modernisering en vooruitgang.

In die ander hoek is die Britse imperiale regering reeds volledig geïndustraliseer, modern en die Britse parlement vertoon kenmerke van ʼn moderne demokrasie.

Twee sterk kontraste – twee wêrelde en dan word goud ontdek deur die Struben broers in 1886 en die Transvaal word by sy kraag ingesleep by die gebeure of wat ook as globalisering beskou sal word.

NP van Wyk Louw verwys na jare negentig in Transvaal toe intellektueles soos Marais en Smuts in ʼn ander wêreld begin dink het en ʼn ander denkpatroon.

Marais word intellektueel uit Engeland gevoed en sy lees van boeke verbreed sy kennis = hy kyk neer op die bekrompenheid van Kruger se regime.

2.2 Die twee oponerende kampe

Dit is twee konfronterende paradigmas wat teenoor mekaar opgestel is – en daar is net een uitkoms – botsing. Charles Leonard een van die Uitlander leier – twee magte moet saamstaan of bots.

Die opponerende kampe is:

(a). Die mynmagnate Beit en Werhner en ook Rhodes (premier van Kaapland) wat sterk kapitalisties ingestel is en alles sal doen om hul belange te beskerm – wanneer dit hulle pas soos na die Jameson inval distansieer hul hulself van die L&V p. 68.

Dit sluit die Britse hoë kommissaris Alfred Milner in wat enige verskoning sal gebruik om die Transvaal te verengels.

Cecil John Rhodes premier van die Kaap – probeer agter die skerms werk

(b) Die Engelse pione wat goed gebruik word op die voorgrond – Fitzpatrick, Leonard, Falconer die lede van die Reform Committee wat in die Sodom en Gomorra is – Johannesburg met al sy euwels met drank en prostitusie.

Die spreekbuis word EM die L&V want hy ontvang geld van die mynmagnate. EM spring rond tussen die groep en die progressiewe Transvalers hy takel Kruger maar wanneer dit hom pas assosieer hy hom met die Transvaal.

Op p. 91 probeer hy hom verontskuldig in die L&V kort nadat hy in London aankom. Plooi ook sy rol met die ekspedisie aan die einde van die oorlog of hy beplan het om plofstof te smokkel na Generaal Beyers. Op p. 159 beweer EM dat hy briewe aan Britse koerante – Daily Mail gestuur – kon egter niks opspoor. Sy betrokkenheid by F se Transvaal from within – sterk propagandisties

(c) In die middelgrond is die progressiewe Transvalers soos Ewald Esselen en Piet Joubert wat teenoor die konserwatiste van Kruger opgestel is, meer liberaal maar ook krities teenoor die reform commitee is.

(d) Die Kruger regime is regs op die spektrum en onversetlik om hul onafhanklikheid te behou.

Volkstem van Jan Cilliers noem EM ʼn Rhodes orgaan – EM dagvaar Volkstem

BRITSE RYK – LOJALISTE    ZAR – LIBERALES – KONSERW

Lord MilnerChamberlain Cecil J RhodesFitzPatrick

The Star – redakteur die aarts imperialis – Moneypenny

EsselenMarais

Joubert

Jimmy Roos en Land en Volk-koerant

Familie-lede

Kruger regimeFamilie

Die Volkstem met Dr Engelburg – gekoop deur ZAR

 

Sterk propaganda om Kruger demokraties te verwyder voor die 1893 verkiesing

Kruger wen met 800 stemme in die 1893 verkiesing teen Joubert – 7,881/7009/81

17 Julie sterf Lettie – Oosterspoorlyn – twee oorwinnings vir Kruger

1896 – die Jameson inval –EM deur Joubert gevra om met Uitlanders te praat.

Buitelandse steun vir Kruger neem toe – en sy gewildheid styg

Kruger gewild en hy tree korrek op deur die Lede van die Reform Committee te begenadig.

In die volgende verkiesing verpletter hy Joubert – en die konserwatiewe element word al sterker – die Vrystaat ondersteun Kruger – Steyn se steun.

Land en Volk kwyn – sy moeder sterf en daarna vertrek EM na Engeland – en dit is waar die boek se hooffokus begin.

Die verskil tussen handsupper en ʼn joiner – sekere van die joiners was verraaiers – EM?

Fanie Vilonel en Piet de Wet – waar pas EM in.

  1. Watter tipe inligting bevat die boek?

 Inligting wat die vrae by subhoof 1 te probeer antwoord maar belangrik om eers vas te stel wie EM die mens was.

3.1 Wie was Eugene Marais – lig die sluier

Om EM te verstaan moet ons sy agtergrond verstaan. Wie is hy – waar kom hy vandaan – en waarheen is hy op pad.

Agtergrond; Sy familie kom uit die Kaap – Oude Nektar – sy oom Charles boer op Mostertsdrift.

Hy en sy familie het altyd die ongemaklike verhouding met Transvaal – sy familie het neergesien op wat PK voorstaan.

EM se lewe is een van dualisme – hy het sterk oortuigings en uitkyk wat liberaal en modern is, maar hy was vasgevang in die tydkapsule van konserwatisme in die Transvaal en wat sommige sal beskryf as bekrompenheid.

Pretoria is totaal geïsoleer – min kontak – naaste stasie was in Kimberley.

Sy oom Lang Piet Marais is pro-Engels en is vooruitstrewend – Shepstone word gul by die Marais huis ontvang, Rider-Haggard/Jess.

Afwesige vader figuur – sy broer is sy vader – maak kennis met Engelse literatuur op Boshoff by Bain op ʼn baie jong ouderdom – Scott en Dickens en De Quincy se Confessions of an English Opium eater.

Met sy aankoms in Pretoria (p. 416) vanaf die Paarl – laat-Victoriaanse uitkyk – eerste literêre pogings in Engels. Op intellektuele gebied meer aangetrokke tot die Skot Falconer en Kaapse Afrikaner Ewald Esselen gevoel – maar Pretoria is Kruger se wêreld en sy domineering die werklikheid waarmee EM moet werk.

Sy kind deur sy suster grootgemaak – herhaal die patroon wat met homself gebeur het- afwesige vader – groot invloed van susters, broers en skoonfamilie.

Later steur hy hom nie meer aan familie en slaan sy eie rigting in.

Sterk verbintenis met die natuur – die omgewing waarin hy groot geword het – hy is nie ʼn anteïs – maar ʼn panteis – God openbaar hom deur die natuur en is instrinsiek binne die wonder van die natuur.

Sy swaer pleeg self-moord onstabiliteit en addiksie sterk in die familie

Hoogs intelligent – kunsinig – belese – fyn besnaard – maar onstabiel sonder standvastigheid en is altyd van iemand afhanklik – Fitzpatrick, AG Visser, Gustav Preller en die dokters wat hom van sy morfien moet voorsien.

Van die begin wys die skrywer die dualiteit en onsekerheid van EM wat later ʼn patroon in sy lewe word.

3.2 Verskaf inligting oor wat EM in Londen en in Europa gedoen het

Wys wat EM in Londen gedoen het – die dualiteit wat ʼn voorsetting is van sy vroeë lewe.

Dit begin vroeg reeds en dit word deurlopend in die boek uitgewys.

EM begin om die waarheid te verdraai – hy verdraai die waarheid oor sy ouderdom – (gebruik van die woord lieg pla) – ouderdom op aansoekvorm – sy pa se beroep – oor sy eie kwalifikasies.

Ywerig om te wys dat hy in landsbelang werk – moontlik skuldig gevoel.

Op p. 94 van die boek huiwer hy nie om die waarheid oor sy eksamens te jok nie – manier om sy wisselvalligheid en onstabiliteit te hanteer.

Dit word deel van sy bestaan om toenadering tot die Engelse regering te soek – bespreek saam met Hoë  Kommissaris Milner op p. 158 skema om anti-Boer propaganda

Dan gesels hy met ZAR konsul en beweer hy het briewe aan Daily Mail gestuur  – leuen

Werk EM aan The Transvaal from within – afhanklik van FP se geld

Op p. 252 is Milner beïndruk met EM se menings

Oorlog amper verby maar EM is nie begerig om terug te keer Transvaal toe nie – maar is duidelik onseker hoe om die situasie te hanteer – geld is kort en hy kan veel langer aanbly nie – voltooi sy eksamens

Op p. 295 hoor van sending – toevallig gryp die kans – plofstof aan Beyers te smokkel – weet dat dit in sy guns sal tel.

Verklaar die dualisme – EM word rondgeslinger tussen gevoelens van patriotisme en die van ʼn meeloper maar dit is in grade.

  1. Op wie is die boek gemik?

 Nie op die leser wat vir ontspanning lees nie, nie ʼn  vat en los boek nie‘.

Boek is geweldig gedetaïleerd – met ʼn magdom feite – een evalueerder het genoem dat dit nie vir die lui leser is nie.

Die boek beweeg tussen ʼn verhalende epog maar die detail en feite is sterk histories wat dit ʼn uitdaging maak vir iemand wat nie kennis van die vroeë Transvaal het nie.

  1. Hoe suksesvol was die skrywer in sy doel?

 Eerstens was daar sukses met die HOE?

5.1 Sukses met die ontsluiting van bronne:

Verskil tussen primêre en sekondêre bronne is van groot belang.

Sterk wetenskaplike basis gebaseer op diep bron ontsluiting.

Die skrywer gebruik hoofsaaklik primêre navorsing hoewel sekondere bronne ook onsluit word – die oorwig is egter die  primêre navorsing. Dit maak die boek besonders en verhoog sy wetenskaplike gehalte en sy legitimiteit.

Die sterk primêre aanslag versterk die waarde van die boek – baie gunstige reaksie daarop.

Wou nie aanvanklik navorsing in London doen nie  -waarskuwing van Rousseau dat hy niks sal vind nie – self ʼn maand daar kon niks vind nie

Die magdom verrassende feite het die skrywer geneem na omtrent 20 verskillende argiewe en biblioteke se versamelings in Suid-Afrika en in die buiteland.

Argiewe in Grahamstad, Kaapstad, Bloemfontein, Stellenbosch en Pretoria asook oorsee in London en Duitsland.

Spoor die getuigskrifte van JB Taylor en Percy FitzPatrick toelating tot die Inner Temple. Taylor beskou EM as n handsupper.

Gebruik ook sekondere bronne om die primêre bronne aan te vul– niks fout daarmee nie maar dan moet die inligting getoets word.

Briewe aan Gustav Preller wat lewenskets opstel oor sy lewe – ook vaag teenoor sy vriend / Du Toit se proefskrif / Huisgenoot J Viljoen / Sy seun / DW Kruger – die historikus / Leon Rousseu in 1974 – jare in die buiteland heelwat gissinge bevat / Friedel Hansen 2013.

5.2 Die wisselwerking tussen primêre en sekondêre bronne

Soos genoem is die bron ontsluiting van die hoogste orde, maar dit is ook belangrik is hoe die kombinasie tussen primêre en sekondêre bronne in die boek gebruik word.

Dit is bewondering dat die skrywer se ontsluiting en rapportering van primêre feite gebruik word, maar die wisseling en beweeg tussen primêre en sekondêre bronne het opgeval.

Nadat ʼn belangrike primêre bron gebruik is beweeg die skrywer maklik na ʼn onbetroubare sekondêre bron sonder om op dieselfde wyse te bevraagteken.

Gaan egter verbasend – veralgemend met feite om soos 1887 kerk met hoë toring. Opmerking oor die Hollanders p. 29 gaan nie kerk toe nie – Kruger wat op die stoep laat staan is- Hollanders meng nie met die inheemse mense – De La Rey se stelling wat gegrond is op FitzP se boek – dat DLR dit sou gesê het is lankal deur historici insluitend FJ Pretorius weerlê – populêr en veral Meintjies wat meestal uit sekondêre bronne geskryf het herhaal die inligting.

Gebruik van Friedel Hansen en Rousseau wat in dieselfde boek geweeg en te lig bevind is. Steurend dat die tekortkominge van Hansen en Rousseau in die teks behandel word. Dit breek die storielyn en leser voel asof hy rondbeweeg word en kronkel heen en weer oor die storielyn.

Die sukses met die WAT?

  1. 3 Die Waarde van die Boek

Die boek is inderdaad opspraakwekkend – Van der Merwe vorendag met nuwe ontdekkings wat hy met sterk primêre navorsing steun.

Hy konsentreer op Marais se geheime aktiwiteite voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog. Talle van die vele raaisels, koue spore en vals leidrade oor die lewe van dié beroemde Afrikaanse letterkundige tydens sy jare in Londen by die Inner Temple (die inrigting in Londen waar hy studeer het) en daarna word soos in ’n speurverhaal ontrafel.

Sy een leidraad lei na die ander. Die magdom verrassende feite het die skrywer geneem na omtrent 20 verskillende argiewe en biblioteke se versamelings in Suid-Afrika en in die buiteland en later op EM se spoor na Europa met sy mediese studies.

Donker stroom is nie ligte leesstof nie. Die prikkelende opskrifte boei egter deurgaans die leser se nuuskierigheid wat met stewige primêre bronne gestaaf word.

Die navorsing is deeglik en die skrywer huiwer nie om ongemaklike feite met empatie en eerlikheid bekend te maak nie.

’n Leser skryf tereg op LitNet die boek laat mens opnuut besef Eugène Marais was net ’n mens wat soms skaam was oor sy tekortkomings en behoeftes en ’n behoefte gehad het om te vertoon soos hy geglo het ander van hom verwag.

Die skrywer huiwer nie om sy tekortkominge te ontbloot nie – EM lieg dikwels lieg op sy aansoekvorm p. 78  – skroom nie om te lieg oor sy eksamens p. 94 lieg oor ouderdom en werk p 232

As jy regtig wil weet wie was hierdie veelsydige Afrikaner wat so baie verskillende rolle in sy lewe vervul het, is Donker stroom ’n moet om te lees.

Uit al die skille van die spreekwoordelike ui kom EM in lae na vore:

  1. Jong onverskrokke jong joernalis en koerant­eienaar wat die bejaarde en formidabele pres. Paul Kruger – reeds destyds ’n volksheld vir baie Afrikaners – oor sy regering se korrupsie en wanadministrasie aangevat het.
  2. ʼn Wewenaar op jong ouderdom toe sy beeldskone jong vrou kort ná die geboorte van hul eerste kind gesterf het.
  3. Vredemaker tussen die Uitlanders en die Krugerregering tydens die Jameson-inval.
  4. Ontbloot sy anominiteit vir vyf jaar as student in die regte in Londen.
  5. Die duplisiteit tussen pro-Brits en lojale Afrikaner en dan die laaste omswaai met die geheime ekspedisie wat tydens die Anglo-Boereoorlog probeer het om wapens en geneesmiddels deur Mosambiek na die Boeremagte te smokkel.
  6. Sy post-oorlog rol waar hy krities is oor Milner-regering; prominente figuur in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging.
  7. Sy vlug na die Waterberge vir ’n dekade; en daarna skrywer van die beroemde letterkundige en natuurwetenskaplike werke wat alombekend is.

En gevleg deur dit alles sy onstabiliteit as boheemse swerwer met die morfien/opiumgewoonte wat Leon Rousseau so treffend in Die groot verlange (1974) uitgebeeld het. ’

EM word as mens leer ken – hoe hy ʼn moderne Renaissance mens was wat vasgevang was in ʼn sterk konserwatiewe en ideologiese omgewing en dna weer die kontras in London. Marais was nie ’n kuddedier nie en het onafhanklik sy eie menings oor politieke sake gevorm het.

Hoewel die boek in baie opsigte omstrede is en ’n mens ná die lees van Donker stroom Marais se politieke en joernalistieke rol voor, tydens en ná die ABO in ’n ander lig beskou, doen dit geen afbreuk aan sy nalatenskap nie.

Van der Merwe se boek is geloofwaardig, dat hy nie skroom om eerlik te skryf oor Marais se foute nie – maar is ook nie onnodig krities nie. EM se swakheid word in persektief gestel – opimium en morfien meer vrylik beskikbaar gedurende die tyd in Europa.

Die growwe manier waarop Marais soms met die waarheid omgegaan het en sy oënskynlik-vriendskappe met Britse imperialiste word nie verbloem nie. Tog neem dit niks weg van die onverskrokke manier waarop hy die magtige Paul Kruger van destyds se korrupsie as jong onverskrokke koerantman beveg het nie en ook nie sy liefde en lojaliteit vir sy eie mense nie.

Hy ondersteun Genl Piet Joubert wat in die 1893 verkiesing naelskraap verloor – dit noop EM om sterker met die reform committee saam te werk. Hy identifiseer dit as die waterskeidingsoomblik want dit loop uiteindelik uit op die Jameson inval in 1896 wat misluk – en Kruger se gewildheid styg diensooreenkomstig. As dit nie vir die inval was nie – sou Kruger dalk die verkiesing gewen het.

Dit sal onregverdig wees teenoor Marais en mense wat nog nie die boek gelees het nie om sommer lukraak buite konteks afleidings te maak oor Marais se vriendskapsbande met mense soos Percy FitzPatrick, lord Alfred Milner en Joseph Chamberlain. In Donker stroom verduidelik Van der Merwe uitvoerig hoekom Marais opgetree en gedink het soos hy het. Marais was nie ’n kuddedier nie en het onafhanklik sy eie menings oor politieke sake gevorm.

Uiteindelik moet mens saamstem met die skrywer: Marais het nie ingepas in die tydvak en land waarin hy hom bevind het nie. Hy moes eerder in Parys in die 1960’s gelewe het – daar sou hy meer tuis gevoel het.

5.4 Donker stroom versus die Groot Verlange

In Donker stroom verskillend van die Groot Verlange verskyn daar ’n stewige lys bronverwysings aan die einde van die boek. Die talle voetnotas wat maklik steurend kan wees in ’n lywige boek soos dié word netjies “weggesteek” in die teks met volledige bronverwysings agter in die boek.

Ek stem nie saam met van die resensies dat die Rousseau se Groot Verlange in die skadu stel nie – die twee boeke beweeg op verskillende vlakke – Rousseau nader aan die verhalend – ligter epog terwyl Van der Merwe weer nader aan die meer kil feite-aanbieding beweeg het, met meer versigtige gestaafde afleidings.

Ek stem nie saam dat die twee boeke teenoor mekaar opgestel is nie. Van der Merwe vul aan – bring meer volledigheid en voltooi dit wat Rousseau graag so wou doen. Rousseau se taak was veel groter – het die hele konteks beskryf sonder ʼn fokuspunt soos Van der Merwe. Van der Merwe doen goed omdat hy gapings vul. Hy ontrafel verskeie raaisels oor Marais se lewe tydens sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het, waaroor daar nog nooit geskryf is nie.

5.5 Die titel Donker stoom

Die titel Donker stroom sonder dat die verbandhoudende kousaliteit met die hooffokus van die boek – naamlik die geheimsinnigheid van EM se tyd in Europa vind ek vreemd. Donker stroom mag dalk op geheimsinnigheid dui maar dit is nie soos EM dit gebruik het nie. Dit gaan oor liefde oor die kleurgrens heen.

Donker stroom – deel van verhalende prosa – O diep rivier, O donker stroom – hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom – Juanita se liedjie

SLOT

Hoe moet ons EM waardeer na meer as ʼn 100 jaar.

Met die verskyning van die jongste boek oor die enigmatiese Eugène Marais het die skrywer Carel van der Merwe die bykans onmoontlike reggekry: hy lewer ’n belangrike bydrae tot die Marais-oeuvre.

Die oorwig van die oorsig is dat Van der Merwe ʼn meesterstuk vir ons gelaat het. Dalk nie vir die leser wat bloot vir die ontspanning lees nie – maar ʼn boek vir beide die meer ernstige leser en dan ook vir die navorser – meer ʼn akademiese werk dus.

Een van die top 10 seuns of dogters wat die land opgelewer het – sy veelsydigheid as natuurkenner, skrywer, joernalis en regsgeleerde is besonders.

Het EM die Tweede Taalbeweging begin met Winternag – Schonees in sy werk in die dertiger jare spandeer net ʼn kort hoofstuk aan EM en Kannemeyer steek sy bydrae weg in sy twee boeke oor die Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur.

EM het egter heelwat gedoen met sy werk om Afrikaans as skryftaal te vestig – Die Springkaan en die droogte is zwaar op onse land en wat van ons zal worde is bowe my verstand.

As empiriese veldwerker en natuurkundige was hy sy tyd vêr vooruit – sy inherente transendensie – en die konflik wat hy moes verduur met beperkinge daarop het moontlik tot sy misbruik van middels gelei.

Hy was ʼn knap kritikus maar sy weerstand is gebore uit sy weersin in die Kruger regime – maar polities was hy nie werklik opgewasse nie en sy patriotiese gevoel en gebruik deur die Engelse vererger sy flegmatiese rondspringery en onsekerheid.

Dit is egter sy veelsydigheid op soveel terreine – sy onvervulde nuuskierigheid wat onontbeerlik vir ʼn wetenskaplike is wat hom so besonders maak. Hy was ʼn baanbreker – ʼn voorloper – ʼn rigsnoer wat die pad van moderniteit vir sy mense aangedui het. Hy was tussen gewone mense in die Waterberge op sy gelukkigste.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s