The Glass Castle

Ware verhale laat mens soms dink, dit klink soos ‘n storie of ‘n fliek. Só is die aangrypende verhaal van Jeannete Walls, wat sy in die boek The Glass Castle vertel, waarvan ‘n fliek gemaak is. Dit vertel ‘n verhaal  van onvoorwaardelike liefde in ‘n disfunksionele familie wat, ondanks die diepgaande gebreke, die skrywer met vasberadenheid toegerus het om ‘n suksesvolle lewe vir haarself te maak.

Jeannette Walls het grootgeword by ouers wie se ideale en koppige selfsugtigheid hul vloek en ook hulle redding was. Rex en Rose Mary Walls het vier kinders gehad. In die begin het hulle geleef soos nomades, hulle het tussen dorpe beweeg en kampeer in die berge. Rex (briljant vertolk deur Woody Harrelson) was ‘n charismatiese, briljante man wat, wanneer hy nugter was, sy kinders se verbeelding vasgegryp het en hulle fisika, geologie en veral vreesloosheid leer. Rose Mary, wat geskilder en geskryf het en nie die verantwoordelikheidsin  gehad het om vir haar gesin te sorg nie, het haarself ‘n excitement addict genoem. Om ‘n ete te kook wat binne vyftien minute verteer sou word, kan nie opweeg teen ‘n skildery wat sy kon maak wat vir ewig kon bestaan nie.

“One time I saw a tiny Joshua tree sapling growing not too far from the old tree. I wanted to dig it up and replant it near our house. I told Mom that I would protect it from the wind and water it every day so that it could grow nice and tall and straight. Mom frowned at me. “You’d be destroying what makes it special,” she said. “It’s the Joshua tree’s struggle that gives it its beauty.”

Rex het drome gehad om vir die gesin ‘n droomhuis van glas te bou, en het sy nugter ure spandeer om die planne daarvan te verfyn. Dit terwyl hulle geswerf het en dikwels nie ‘n dak oor hulle koppe gehad het nie. Uiteindelik moes hy toegee dat hy toe nooit die glaskasteel vir hulle kon bou nie, terwyl Jeannette die een was wat hom getroos het.

Rex : I never built the glass castle.
Jeannette : No. But it was fun to plan it.

Te midde hiervan was Jeanette, die tweede oudste wat besef het daar is meer in die lewe en sy wou weg. Uiteindelik het sy ‘n suksesvolle lewe gemaak en kon sy ook vir haar ouers ‘n beter lewe bied, maar hulle wou dit nie aanvaar nie. Inteendeel, Rex was gekant teen haar lewe en haar verhouding, omdat sy nie passievol gelukkig gelyk het nie.

Where are the values I raised you with?

Die teenstrydighede is soos ‘n hou op die maag, mens wissel van empatie tot walging vir die ouers se optrede, wat hulle kinders laat honger ly. Jy sit die hele tyd op die punt van jou stoel met daardie antisipasie van iets wat enige oomblik kan ontplof, óf ‘n gesin wat saam die veld inhardloop en lag van pure genot. Tog voel jy die besondere bydrae wat veral Rex tot sy kinders se opvoeding maak, deur hulle te leer om waardering te hê vir die grootsheid en die natuur. So gee hy vir hulle een Kersfees elkeen ‘n spesiale ster.

“Years from now, when all the junk they got is broken and long forgotten, you’ll still have your stars.”

Uiteindelik was Rex ook gekonfronteer met die demone uit sy verlede, wat hom in ‘n mate gevorm het. Mens kan nie help om in ‘n mate respek vir hom te hê dat hy nie aan sy kinders doen wat aan hom gedoen is nie.

“it’s impossible to breathe when you’re drowning in shit.”

Daar is soms ‘n flenterdun lyn tussen diep emosionele sorg en omgee; en uiterste verwaarlosing wat grens aan mishandeling. Jeannette Walls het my soos ‘n koordloper laat balanseer tussen die twee, met ‘n hol kol op my maag wat lank nadat die krediete gerol het, eers verdwyn het.

the-glass-castle

Advertisements

2 thoughts on “The Glass Castle

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s