The Girl with the Dragon tattoo – Stieg Larsson

Die eerste vraag wat ek vir myself gestel het is: Sou Stieg Larsson se boek soveel aandag gelok het as hy nie beswyk het nie? En tweedens, is die boek soveel aandag waardig?

Nouja, voordat ons die antwoorde vind, eers iets oor die skrywer, Stieg Larsson.

Gebore in 1954 is Stieg se ouers te arm om hom te versorg en hy het toe by sy grootouers gaan woon. Sy oupa, Severin Bostram, het ‘n groot invloed of sy ontwikkling gehad, veral as dit by sy denke oor Nazisme kom wat in Swede floreer het, selfs na die tweede wêreld oorlog. Sy oupa was baie gekant teen Nazisme omdat hy gedurende die oorlog in gevangenisskap gehou is in ‘n arbeidskamp. Om die rede het Stieg ‘n gelofte gesweer om teen regsgesintheid te werk om te verhoed dat so iets weer met ander gebeur.

Toe Stieg nege jaar oud was, het sy oupa aan ‘n hartaanval beswyk en hy is toe aan sy ouers terug besorg. Dit is interessant dat Stieg ook aan ‘n hart annval dood is op min of meer die selfde ouderdom as sy oupa.  In elkgeval toe Stieg weer terugkeer na sy ouers toe het hy ook ‘n boetie en ‘n sussie bygekry, so dit blyk of hulle omstandighede teen die tyd verbeter het.

Op twaalf jarige ouderdom ontvang hy ‘n tikmasjien as present en daarna het die famielie baie slapelose nagte deurgebring terwyl hy aanhoudend tik aan allerhande stories.

Skaars agtien jaar oud ontmoet hy vir Eva Gabrielsson, en hulle begin ‘n lewenslange verhouding, wat tot sy dood op 19 November 2004 sou duur. In tussen het hy verpligtende militêre opleiding ontvang en hy het in die tydperk ook begin reis. Afrika het hom gelok, veral Noord Afrika, en sy vader het gesê dat hy ‘n baanbreker rugsakstapper was. Geld was maar skaars, en op een stadium het hy skottelgoed gewas in Algierië om genoeg geld te verdien vir sy vliegkaartjie huistoe. Maar hy het nooit oor sy reise geskryf nie so ons leer niks van sy ervarings nie.

Nietemin het hy en Eva begin saam bly, maar omdat hulle al twee so passievol was vir hulle werk teen regsgesindes was hulle gedurig onder bedreiging van die Neo-Nazis. Dus het  hulle nooit saam in die openbaar verskyn nie en hulle was verplig om nooit saam όf die huis binne te gaan of saam uit te gaan nie. Hulle blindings het ook altyd dig toegetrek gebly. Glad nie ‘n normale soort lewensstyl vir ‘n jong paartjie nie.

Dit was ook om die rede dat hulle nooit getrou het nie, want in Swede moet partjies wat wil trou, hulle persoonlike besonderhede openlik verklaar, soos hulle name, adresse, die plek waar hulle werk en so voorts. Die gevaar dat ander die informasie teen hulle sou kon gebruik om hulle dood te veroorsaak was net te groot. . Albei het in die tyd in die  joernalistiek gewerk, alhoewel Stieg se vroeëre loopbaan in die grafieke kuns begin het. Hy was veral bekend vir sy belang in weteskap verhale en was die stigter van verskeie wetenskapverhaalskrywersunies. Hy het ook die Sweedse Expo Foundation gestig as ‘n forum teen regsgesindheid.

Gedurende die tydperk het hy ook sy naam laat verander, deur ‘n ‘e’ in ‘Stig’ te sit omdat hy en ‘n medeskrywer dieselfde naam gehad het en hy wou ondersky tussen hulle twee om verwaring te verhoed. S T I G is die normale manier  hoe ‘n men die naam spel in Swede.

In die aande na werk en omdat dit so moeilik was vir hom en Eva ‘n normale lewe te geniet, het hy maar begin tik aan die drie stories wat eers na sy dood gepubliseer is. Die drie boeke is ‘The Girl with the Dragon Tattoo’, wat ons nou bespreek, ‘The Girl who Played with Fire’ en ‘The Girl Who kicked the Hornet’s Nest.’ Almal is vir sy eie gemaak geskryf en hy was nooit van plan om hulle te laat publiseer nie

Mens wonder dus wat hy sou sê oor die oorweldigendge toejuiging  wat hulle ontvang het, so wel as die pryse wat hulle verower het, en die feit dat hulle tot  films en t.v. verhale verwerk  is met groot sukses.

Stieg is op 50 jarige ouderdom oorlede aan ‘n hartaanval soos ek reeds gesê het, en het nie ‘n testament nagelaat nie. Sy vader en broer het groot nut getrek uit opbrengs uit sy boedel, want  sy geld is aan hulle gegee, terwyl Eva Gabrielsson niks gekry het nie, ten spyte van die feit dat sy die boeke laat publiseer het. En die vraag bly staan of sy nie miskien met die skrywery gehelp het nie, of miskien selfs van die boeke geskryf het nie. Nietemin het sy glo ‘n hofsaak teen vader en broer gemaak, wat nog nie finaal beslus is nie, maar dit blyk nie sy enig iets gaan  erf nie.

Van die plek name in die boek soos Hedestad en Hedeby Eiland is pure verbeelding, maar van die ander name bestaan wel, soos Stockholm, Norsjo in vasterbotten en Vilhelmine in Vasterbotten. Die storie bestaan dus uit ;n paar egte plekname, ‘n bietjie waarheid en baie verbeeldingskrag.

Stieg het glo ‘n hele paar appels te skil gehad met kontempόrer kultuur en korrupsie, net  soos sy karakter Mikael, en hy was hewig  gekant teen geweld teen vrouens, die onbekwaamdheid van ondersoekende joernaliste, mόrele bankrotskap, as ook die hedendagse inkankerende Nazisme wat tot vandag ‘n groot rol speel in Swede.

Hy leen ook baie hard vir sy storie lyn van die boek van die Engelse skrywer, Jonathan Cote, getitld ‘What a Carve Up’, wat basies dieselfde storie bevat. Stieg was glo baie beindruk met Engelse speur verhale. Hy het baie van hulle gelees, en was baie lief vir sulke stories, veral karakters soos Miss Marples. Ruth Rendell was nog een van sy gunstelling skrywers.

Ek het myself gevra of die boeke wel soveel aandag sou getrek het as hy nie so skielik doodgegaan het nie. Was dit nie net  te gerieflik dat hulle so kort na sy dood verskyn het? En het hy wel so ‘n boek geskryf na ‘n loopbaan wat nogal onopspraakwekend was, behalwe in die weteskapsverhaal gebied. Die dinge het my baie gekwel.

Nouja, terug by die boek. ‘The Girl with the Dragon Tattoo’, of soos dit in Sweeds getitld is ‘Mans wat vrouens haat’. Ek weet nie wat  julle van  dié titel dink nie, maar ek dink die Sweedse titel is baie meer gepas, want die storielyn gaan meer hieroor as oor iets anders. Die meisie met die tattoo is eers op bladsy 32 te vind, so ek glo die storie gaan nie juis oor haar nie, maar meer oor Mikael Blomkvist, of soos hy ook genoem word, Kalle Blomkvist. Kalle Blomkvist is die naam van een van die karakters uit kinderskryster,  Pippa Lingren, se boeke. Kalle Blomkvist is ‘n kinderspeurder in ‘n reeks stories waar hy allerhande kriminele sake oplos, net soos Mikael in die begin van sy loopbaan doen, wanneer hy net so ‘n saak soos Kalle Blomkvist oplos en ‘n soort van ‘n held word. Maar Mikael verpes sy bynaam ‘Kalle.’

In elk geval, nog iets wat my baie vroeg in die boek gepla het was,  net voor elke nuwe afdelinge was daar seggings soos byvoorbeeld dat 46% van alle vrouens in Swede op een of ander tyd krimeneel aangeval word deur mans, of seksueël getyster word. Alhoewel ek deeglike navorsing gedoen het kon ek nêrens sulke statistieke bevestig nie. Wat ek wel geleer het is dat daar maar bra min kriminele in die land is. Net 5 uit elke 100,000 mense word vir kriminele sake gedagvaar. Dit blyk dat hulle ‘n baie lae vlak van geweld het, en dat die meeste tronke  meer soos koshuise is as gevangenisse. Prisoniers kom en gaan amper soos hulle wil en doen wat hulle wil. Daar is geen doodstraf nie, en as iemand moord pleeg word hulle lewenslange vonnisse gegee en word opgesluit, maar na slegs vyftien tot twintig jaar word hulle weer vry gelaat. Baie van hulle word ‘elektroniese ‘tags’ gegee en bly vir hulle straf periode by die huis.   In die tronk, besluit hulle self hoe hulle hulle tyd gaan spandeer, soos Mikael wat  besluit het om op die Vanger famielie storie te werk op sy rekenaar. Hy kon selfs sy navorsingsmateriaal en rekenaar saam met him tronk toe vat.

Vir my was die begin van die storie baie flou en was eintlik totaal onafhanklik van die  middelste deel. . En die einde was maar aangelas om by die begin in te pas. Daar was dus twee aparte stories in een boek. Dit het glo ook in die tweede boek gebeur, maar oor die derde boek kon ek so iets nie vasstel nie.

Ek vra ook of die boek maar nie te veel valse dramatiese konkels gehad het nie, sowel as hoofstuk eindes. Sou Mikael Blomvkist, heel in die begin van die boek, so maklik gekul word deur ‘n vriend oor die Wennerstrom storie? Sy verhouding met Erica Berger, sy besigheids vennoot en minares was iets wat ek nie kon glo nie, maar ek sal later terug kom na die punt.

En,nog ‘n vraag :  bestaan daar mense soos Lisbeth Salander? Sy is ‘n sosial onbeholpe wesen wat soos ‘n verkleurmannetjie verander in die teenwoordigheid van Blomvkist. Is haar opsomming van Blomkvist in haar verslag vir Milton Securiteit wel korrek? Is haar geloof in vryewil en persoonlike keuse reg? Is sy in staat om sulke waarnemings te maak? As iemand wat so nederig is, was sy in staat om so vir haarself optestaan en terug te veg? As jy die antwoorde wil hê moet jy glo die ander twee boeke lees waar baie meer verduidelik word.

Nou kom ons by die Vanger famielie. Hulle  famielie prokureer, Frode het Milton Sekuriteit genader om ondersoek intestel op Blomvkist se agtergrond. Nadat Frode die verslag gekry het wat Lisbeth opgestel het, nader Frode  vir Blomvkist om na Hedeby te gaan vir ‘n onderhoud met Henrik Vanger wat hom ‘n geleentheid aanbied om die familie geskiednis te skryf maar om ook te kyk of hy nie iets oor Harriet se verdywning kon  uitvind. Ek het gewonder of Henrik wel so iets sou doen, klaarblyklik bloot omdat Mikael sy saak teen Wennerstrőm verloor het en omdat Henrik vir Mikael die inligting sou kon gee omuiteindelik ’n saak Wennerstrőm te wen.

En wat van die Vanger famielie? Al die lede van die famielie is uiters donker karakters met uitsondering van Henrik en miskien Harriet. Vir my was daar glad te veel van hulle  – omtrent ‘n honderd lede –  baie wat glad niks tot die storielyn  bygedra het nie. Seersekerlik is nie alle Sweedse famielies soos die Vanger famielie nie, maar ek het wel begin wonder. Het hulle swartgalligheid iets te doen met die klimaat waarin hulle woon? Ja, alle famielies het wel  hulle probleme of onaangename lede, maar die famielie Vanger  was baie onaardig.

By ons is daarin party famielies van tyd tot tyd ‘n ou oom of tannie wat ‘n beitjie ‘anders’  is, of daar is miskien ‘n nefie of niggie wat tronk toe gaan of so iets, maar nie ‘n hele famielie van erg geestelik siek mense nie.

Oor Harriet oor wie die middelste deel van die boek nou eintlik gaan het ek nog niks gesê nie. Dit wil voorkom dat sy ‘n jong meisie is uit ‘n gebroke famielie wat haar al hoe meer tot die godsdiens toe getrek het, of het sy? Henrik het haar blyplek aangebied in sy huis want haar ouers kon blykbaar nie vir haar sorg nie. Haar moeder Isabelle is ‘n vrou wat geen gevoelens vir haar kinders gehad het nie en Harriet is geestelik verwaarloos. Sy is sestien toe sy so spoorloos verdwyn het na die kinderparade op die dorp Hedestad. Ek vra dan hoekom is sy nie ook onder voogdyskap geplaas nie soos Lisbeth? Of is dit ‘n kwessie van ‘n famielie wat geld het wat haar kon beskerm en uit die kloue van die welsyn kon hou?

. Miskien het ek die boek te veel geanaliseer. Ek wonder altyd of skrywers wel skryf met die wete dat lesers elke woord gaan deursif, analiseer en bevraagteken. In die geval is dit te laat om Stieg te vra oor wat in sy kop aangegaan het nie.

As jy terug dink aan die episode toe Harriet verdywn het, het die polisie en almal op die eiland die hele eiland fyngekam om haar optespoor. Sou hulle dan nie op Gottfried se geheime afgekom het nie, veral  in sy hutjie wat Martin ge-erf het ? Sou hulle nie iets van Martin geleer het nie? Onthou hy was ‘n baie jong man en sou sekerlik nie die vermoeë  gehad om so ‘n geheim vir so lank weg te steek nie. Martin was nie vir my goed uitgebeeld nie.

En wat van Henrik Vanger? As ‘n besigheidsman met soveel besigheidsvernuf, moes hy baie meer insig tot mense gehad het, en sou hy nie gesien het dat daar iets verkeerd is met albei Gottfried en Martin nie? Gottfried is uitgebeeld as ‘n baie nare vent en Henrik moes sekerlik sy sommetjies gedoen het om tot op die regte gevolgtrekkings te kom. Selfs Henrik se storie oor sy vrou het nie lekker by my gesit nie. Iemand sou wel uitgevind het dat sy ‘n Jodin was. Onthou, amper die hele land was gekant teen die Jode in daardie tyd.

Maar, een ding wat Stieg Larsson wel goed gehanteer het, was al die elektronieka wat deel gemaak het van die verhaal. Dié was baie goed uitgebeeld en baie goed gebruik, eintlik was dit  die beste deel van die storie.

Mikael Blomvkist vra baie vrae oor Lisbeth Salander maar kry min antwoorde, net soos ons die lesers.Mens moet glo die tweede boek lees om die raaisels op te los,,maar die boek het glo meer konkels as die eerste een.

Maar terug by die ‘Dragon Tattoo’. Die  verhouding tussen Mikael en Lisbeth was vir my onaardig, net soos Mikael se verhouding met sy minares Erica Berger. Ek kan nie glo dat Erica Berger se man so iets sou geduld nie. Of is Sweedse mans anders as ons Suid Afrikaanse mans? Kan jy sien dat ‘n man sy vrou sou toelaat om naweke saam met ‘n ander man deur te bring terwyl hy alleen by die huis sit? Nee wat!

En van Lisbeth Salander gepraat, die dele oor haar voog en hoe hy haar misbruik het, was aaklik en afskuwelik. Ek het die dele glad nie geniet nie en wonder of dit maar net daar was om ons te skok, of is dit wat mense deesdae in hulle romans verwag. Moet ‘n skrywer skok taktieke gebruik om met ‘n verhaal te slaag?   Lisbeth se hele famielie lewe was onaardig, Mens leer niks van haar pa, haar ma bly in ‘n inrigting, en sy  het ‘n suster, maar dié gee niks aan die storie lyn nie. Selfs op haar ma se begrafnis leer mens niks oor har suster waarvan daar geen verdere melding is nie.  Dat sy so op Blomkvist  verlief raak pas ook nie by die storie in nie, of by haar karakter nie. Maar lees die tweede verhaal as jy meer wil weet.

Miskien het ek die hele punt van die storie misgekyk. Ek voel sterk dat iemand met ‘n groot rooi pen groot stukke uit die storie moes doodkrap.

Stieg Larssonhet  self die boek op sy beste opgesom toe hy skryf:

‘Berger thought the book was the best thing Blomvkist had ever written. It was uneven stylistically and in places the writing was actually rather poor – there had been no time for any fine-tuning – but the book was animated by a fury that no reader could help but notice.’

Ek sou van self nie so ‘n boek gelees het nie, maar ek is eintlik bly ek het, Daar was baie oor die Sweedse leefstyl te leer, oor huller wette, en oor hulle mense en hulle lewensstyl. In die begin het ek gesê ek wil nie die ander boeke lees nie, maar omdat ek nie alles verstaan  het nie, sal ek miskien probeer.

Werk die boek beter in sy oorspronklike taal? Ek sal nie kan sê nie, maar vir my was daar altyd meer vrae as antwoorde. Wat dink julle?

(Bespreek deur Margie Wilson Julie 2010)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s