Cafe Society

Woody Allen het soos soveel keer vantevore, ‘n fliek gemaak wat ek weer wou sien. Sy kenmerkende neurotiese aanslag en vreemde humor dwarsdeur die fliek is daar. Tragiese oomblikke word omskep in iets snaaks, wat my altyd laat uitbars van die lag. Net Woody Allen kan dit regkry om my te laat lag oor ‘n moord, as hy ‘n baie ernstige stuk spel en dramatiese gebeure kontrasteer met ‘n stukkie spel in die agtergrond. Soos in die openingstoneel, waar die crème de la crème van die goue era van die Hollywood elite in die 1920’s by ‘n baie dekadente pool party mekaar wedersyds beïndruk. Terwyl hy wag vir ‘n oproep van Gingers Rogers, lui die foon en aan die anderkant is sy baie aardse suster Rose, van die Bronx. Dit gee die toon verder aan vir die fliek.

Die fliek gaan oor verkeerde keuses, oor humor en harte wat breek.  Nadat Bobby ontnugter is oor die vlakheid van die lewe in Hollywood, keer hy met ‘n gebreekte hart terug na New York om sy gangster broer met sy nagklub te help, wat hy sonder Bobby se medewete, wederregtelik verkry het. Bobby ontdek gou ‘n kant van homself wat hy nooit geweet het bestaan nie, en hy begin floreer. Net-net onder die oppervlak huiwer dit die hele tyd dat hy die lewe waarvan hy gevlug het in Hollywood, stelselmatig weer dupliseer in New York.

Al Allen se  bekende temas is hier. Daar is liefdesverhoudings in en liefdesdriehoeke, daar is meer vrae as antwoorde dwarsdeur, met al die lewe se what if’s, illusies van wat kon gewees het (of nie) waarvan die antwoorde feitlik nooit manifesteer of materialiseer nie. Dit is grepe en temas uit die lewe self. Verhoudings is nie perfek nie, keuses is moeilik en die alternatief nie altyd ideaal nie.

“Life is a comedy,” says Bobby, “but it’s one written by a sadistic comedy writer.” 

Soos in al Allen se flieks is die liefde en die lewe nie altyd rasioneel nie, soos ‘n gas by die een partjie opmerk: “Love is not rational. You fall in love, you lose control.”

Woody Allen kon net sowel self die rol van Bobby gespeel het, as dit nie vir sy ouderdom was nie. Dit is duidelik dat hy sy eie stempel op die karakter afgedruk het, asof hy homself met die karakter identifiseer.

Naby die einde van Cafe Society haal ‘n karakter Socrates aan: “The unexamined life is not worth living.” Hy voeg dan by: “But the examined one is no bargain.”

Nè?

rs-247750-rs-cafe-society

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s