Lig Wankelend

Kleinmond Leeskring se eerste byeenkoms vir die jaar het op ʼn hoë noot afgeskop. Skrywer Gerard Scholtz het ons kom toespreek oor sy roman, Lig Wankelend. Dit handel oor die wese van die liefde en lewe van Ute Reuter.

Die verhaalgegewe is betreklik traumaties: Utte Reuter is ’n Duitse vrou wat ná haar belewenisse gedurende die Tweede Wêreldoorlog, onder meer as verpleegster, besluit om die post-oorlogse reddeloosheid van Duitsland te verlaat en na Suid-Afrika te verhuis.  Hier trou sy met die Afrikaner Christiaan Hofmeyr, maar vind nooit  ’n  tuiste  of  aanvaarding nie. Buitestander op die marges van Afrikaner- en Duitse identiteit, eindig  sy  in  ’n  tehuis  vir Alzheimer-pasiënte,  van  waar  sy  as  ek-verteller traumatiese fragmente uit haar lewe, maar ook die oorweldigende verlies van ’n groot liefde verhaal. Die twee deurlopende temas is onthuising, en die verskrikking van oorlog – Tussen lande, maar ook tussen mense, tussen gesinne.

Ware verhale het nou maar eenmaal die manier om mense te bekoor, veral as die waarheid vreemder is as fiksie. Scholtz se agtergrond as dramadosent het die aanbieding van die agtergrond van hierdie ware verhaal ʼn absolute belewenis gemaak.

Volgende op die lys vir die Leeskring, is ʼn uitstappie na Wellington, vir ʼn besoek aan die Breytenbach Sentrum.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s