Gunther Pakendorf praat oor Sneeuslaper

Gunther PakendorfProfessor Gunther Pakendorf het Maandag die Kleinmond Leeskring toegespreek oor Marlene van Niekerk se roman, Sneeuslaper.

Pakendorf is in 1944 op `n sendingstasie by Middelburg, Transvaal gebore. Hy het wye navorsingsbelangstellings en publikasies oor verskeie temas, onder andere klassieke Duitse letterkunde, die Modernisme, die eietydse Duitse roman, literêre tekste rondom die Holocaust, koloniale letterkunde en die geskrifte van die Duitse sendelinge in Suid-Afrika. Hy het verder `n besondere belangstelling in die Afrikaanse letterkunde, veral in vergelykende aspekte van Duits en Afrikaans en literêre vertalings.

Hy het einde 2009 afgetree en is tans Professor Emeritus by die Universiteit van Kaapstad asook Buitengewone Professor in die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sneeuslaper is myns insiens een van die moeilikste boeke in Afrikaans. Dit is ’n teks wat nadink oor die skryfproses en die leser plaas binne die komplekse situasie van die moderne dosent as kreatiewe begeleier. Dit vra vrae oor die verhouding tussen kuns en werklikheid; fiksie en meta-fiksie.

Die meeste van die karakters is swerwers, alleenlopers en randfigure – soekende individue na die ware essensie van die lewe. In ʼn mate kan baie van ons daarmee identifiseer.

Indingende vrae word gevra oor die rol van kuns in die moderne lewe, en Van Niekerk laat die kuns antwoord deur sy eie medium, die taal.

Professor Pakendorf het daarin geslaag om hierdie moeilike begrippe en post-modernistiese metateks in Sneeuslaper met baie entoesiasme en passie aan ons oor te dra, in taal wat ons amper kon verstaan.

Persoonlik was dit vir my die hoogtepunt van ons Leeskring hierdie jaar. Ons lees meestal bloot vir ons eie genot, maar soms is dit nodig dat ons ons eie grense ook ‘n bietjie verder rek, soos wat die grense in Sneeuslaper getoets word!

2 thoughts on “Gunther Pakendorf praat oor Sneeuslaper

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s