Kultuur in Kleinmond

Amanda Botha het vandag met Kleinmond Leeskring kom gesels oor die lewe van sir Laurens van der Post. Die Gereformeerde Kerk waar die byeenkoms gehou was, was gepak en die gehoor het behoorlik aan die spreker se lippe gehang.

Sy het baie nou saam met Van der Post gewerk vir ʼn aantal jare en is by uitstek die kenner in ons land van sy werk en sy lewe.

ʼn Groot verrassing was die gesprek oor die onthullings wat gemaak is in Van der Post se biografie deur JDF Jones, Storyteller: The Many Lives of Laurens van der Post (2001). Bewerings van plagiaat, leuens en bedrog word gemaak. Sy internasionale roem is klaarblyklik geskoei op ʼn fiktiewe lewe wat hy geskep het, wat slegs in sy gedagtes waar was. Nietemin was hy vertroueling, raadgewer en vriend van oa Margaret Thatcher, Prins Charles, en Carl Gustav Jung. Hoe is dit moontlik dat hy soveel mense kon mislei? Kliek HIER om ‘n baie goeie artikel daaroor te gaan lees.

Dit het alles bygedra tot ʼn genotvolle middag. Hierdie was voorwaar ʼn hoogtepunt op Kleinmond Leeskring se jaarprogram.

http://www.culturasdearchivo.org/modules.php?op=modload&name=News&file=article&sid=132

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s