The Signature of All Things – Elizabeth Gilbert

Notas by die bespreking van The Signature of All Things deur Elizabeth Gilbert, by Kleinmond Leeskring.

INLEIDING

Die boek is in 2013 gepubliseer.  Dit het ‘n histories wetenskaplike agtergrond, waarteen ‘n familie sage afspeel. Dit is deels fiksie en nie-fiksie. Dit was op die kortlys van die Wellcome Book Prize en was ook op die langlys vir die Baileys Women’s Prize for Fiction.

Die boek neem jou oor die aardbol: van London na Peru na Philadelphia na Tahiti na Amsterdam. Behalwe karakters gemoeid met plantkunde gooi dit ‘n draai by karakters gemoeid met die vrystelling van slawe; sendelinge; skeepskapteine; aanhangters van die mistieke.

Dit dek 580 bladsye

‘n Resensent skryf: “Less is more” – is hardly the Author’s watchword.

Ek gaan gaan die bespreking soos volg indeel:

  • Die skrywer
  • Die Titel
  • Die Temas
  • Die agtergrond
  • Die Karakters

 DIE SKRYWER 

Elizabeth Gilbert is ‘n Amerikaanse skrywer van wie 5 boeke, fiksie en nie fiksie verskyn het.

Meeste van haar boeke was finaliste vir literêre toekennings of op beste verkoper lyste.

  • Sy is op 18 Julie 1969 gebore
  • Haar eerste huwelik, met Micheal Cooper het op die rotse geloop en sy is daarna gedurende 2007 met José Nunes getroud.

In 2006 verskyn haar bekende boek, ‘Eat, Pray and Love’, waarvan meer as ‘n miljoen kopieë verkoop en ‘n rolrent gemaak is.  (Terloos Eat, Pray and Love was ‘n memoir oor ‘n reis na selfontdeking na haar egskeiding). Daar is al ‘n opmerking gemaak dat Bali ‘n toeriste bestemming vir depressiewe geskeides geword het na die verskyning van die boek en die rolprent.

Sy het bekendheid verwerf na die verskyning van ‘Eat, Pray and Love’. Sy tree dikwels met onderskeiding op as ‘n gasspreker – ook internasionaal. 

DIE TITEL

The signature of All things’ is ‘n konsep wat spruit uit die sestien eeuse geskrifte van die Duitser Jacob Boehme.  Boehme se filosofie was gegrond op sy navolging van ‘n mistieke Christelike geloof.  Die konsep berus op die aanname dat elke organisme in die werklike lewe ‘n verborge merk/imprint/signature) het en dat daar ‘n wisselwerking tussen hierdie signatures is. Byvoorbeeld dat medisinale plante spesifieke siektes van sekere organe kan genees.

‘n Boek van Boehme het ook verskyn met die titel: ‘The signature of All things’

Boehme is as ‘n vroeë plankundige beskou.

Bekende figure soos Newton en Nietzsche en ander was deur sy filosofie beïnvloed.

Alma Whittaker het dieselde konsep ook in Tahiti teëgekom, die inheemse bevolking het byvoorbeeld geglo dat die Gode die broodboom na die beeld van die menslike liggaam geskep het sodat mense kon verstaan dat die boom geskik vir menslike gebruik is.

DIE TEMAS

 Die hooftemas in die boek:

  • Die historiese ontwikkeling van botanie/plantkundie in die agtiende en negetiende eeu.
  • Die reis na selfontdekking van Alma Whittaker, met ‘n verwysing na die erkenning van die prestasie van ‘n vroulike wetenskaplike – veral in die spesifieke era waarin die roman afspeel.
  • Henry Whittaker se vergelding.

 DIE AGTERGROND

  • Die roman speel af in die laat 18de vroeë 19de eeu, ‘n era waarna verwys word as die Tydperk van Verligting ook genoem die Tydperk van Rede Dit was die era van wetenskaplike ontwaking met ‘n sterk klem op die gesag van rede as die primêre bron van legitimiteit en outoriteit.
  • Wetenskaplike gedrewendheid en intelletuele nuuskierigheid het uitgeloop op reise vir wetenskaplike navorsing dwarsdeur die wêreld wat moonlik gemaak is deur tegnologiese vooruitgang soos verbetering van die kompas, die teleskoop, verbeterde skeepsbou tegnieke ens.
  • Natuurkundiges soos soöloë en botaniste het nie agtergebly nie en was ‘n integrale deel van hierdie reise en nuwe ontdekkings wat opgeteken is in joernale en illustrasies wat aan boord gedoen is.

Hulle het plante en plant materiale soos monsters en saad versamel wat ook kruie versamelings ingesluit het. Joernale en rekords is gehou van versamelings asook waarneming van plantegroei gedurende die reis. Tuinboukundiges se gespesialiseerde kennis van botanie het gelei tot die invoer van plante per skip. Hulle was ook instrumenteel in die invoer van nuut ontdekte ornamentele plante vir landgoede van Europese rykes maar ook van ekonomiese gewasse soos speserye, broodbome, guanine en rubber.

Captain Cook was een van die seevaarders wat wetenskaplikes op sy reise geneem het wat betekensvolle waarnemings en ontdekkings gedoen het. Die botaniste, Joseph Banks en Die Sweed Daniel Solander was op Cook sy eerste reis op die HMS Endeavour. Hulle het oor die 3000 plant spesies versamel.

  • Verskillende kunstenaars was ook op hierdie reis. Sydney Parkinson was intens betrokke by die dokumenterig van die bevindings en het 264 sketse voltooi voor sy dood teen die einde van die reis.  Hierdie sketse was wetenskaplik waardevol vir die botaniste.
  • Cook het op sy derde ontdekkingsreis in die Pacific gedurende 1779 in ‘n geveg in Hawaii op 50 jarige ouderdom gesterf.
  • William Blight, Kaptein van die HMS Bounty, het ‘n opdrag gehad om gedurende 1789 na Tahiti te vaar om broodbome na die Karibiëse Eilande te vervoer.

Sir Joseph Banks van die Royal Botanic Gardens, Kew

Nou kom ons nader aan die vertelling van die familie sage.

Gedurende 1770 het Kew in London uitgebrei tot ‘n botaniese tuin van groot omvang.  Duisende spesies was reeds in die versameling en nuwe bestellings het weekliks gearriveer: hortensies van die Verre Ooste, magnolias van China, varings van die Wes Indies.  Koning George die Derde wat in 1760 tot koning gekroon is, het hom beywer om Kew te ontwikkel tot een van die grootste Botaniese tuine in Europa.  Engelland was ver agter by ander lande wat botaniese tuine betref

Tans het Kew die grootste lewendige plante versameling van 30 000 in die wêreld en ‘n kruie plante versameling van 7 miljoen. Dit is ‘n Wêreld Erfenis gebied.

Sir Joseph Banks pas terug van ‘n triomfanklike wêreldreis as hoof botanis van Captain Cook, word na sy terugkeer die nuwe Superintendent van Kew.

Banks het ‘n besondere belangstelling as beskermheer van die wetenskaplike bedrywighede in sy gebied gehad.  Hy het versamelaars as navorsers en later as permanente betaalde personeel gestuur om plant monsters na Kew te bring.

Hy was in wetenskaplike kringe bekend as ‘n groot botaniese versamelaar en ‘n groot opgaarder van botaniese kennis en materiale.  Waar ander erkende plantkundiges ontdekkings en plant materiale met mekaar gedeel het, het Banks niks gedeel nie.

TEEN HIERDIE AGTERGROND BEGIN DIE FIKSIE DEEL VAN DIE ROMAN.

KARAKTERS 

Henry Whittaker – hoofkarakter, beskrywing volg

Alma Whittaker – hoofkarakter beskrywing volg

Beatrix Whittaker

Sy het teen haar ouers se sin met Henry getrou omdat sy kwaliteite in hom raakgesien het wat sy waardeer het en haar eie loopbaan as botanis in haar familie se botaniese tuin opgegee.  Teenoor Henry wat nie boek geleerdheid het nie, is sy goed gekwalifiseerd en behartig sy die administrasie van hulle bedryf. Sy is toegewyd betrokke by hulle dogters se opvoeding en het gereelde sessies met hulle oor hulle gedrag en omgangsmaniere.

Prudence Whittaker

Sy word deur Henry en Beatrix op 9 jarige ouderdom in November 1809 aangeneem, nadat haar pa, ‘n werknemer op White Acre, sy beeldskone vrou wat ‘n losbandige lewe sonder diskresie gelei het, vermoor en selfmoord pleeg. Sy is beeldskoon, sensitief en kunsinnig teenoor Alma se wetenskaplike ingestelheid.

As volwassene trou sy met hulle tuis onderwyser, Arthur Dixon. Hulle wy hulle lewe aan die vrystelling van slawe en leef in absolute armoede met hulle paar kinders. Selfs die ruim bruidskat van Henry word op hulle werk rondom die vrystelling van slawe gespandeer.

Na ‘n misverstand met Henry breek sy alle kontak met hom en onterf hy haar.

Retta Snow

Sy is ‘n jeugvriendin van die Whittaker dogters uit ‘n buurgesin

Sy trou met George Hawkes, ‘n uitgewer van wetenskaplike publikasies en ‘n vriend van die Whittaker huishouding. Dit is ‘n slag vir Alma wat verlief op George was.  Die huwelik werk nie uit nie.  George is eintlik verlief op Prudence, maar sy ontmoedig hom omdat sy Alma se gevoelens respekteer. Retta word uiteindelik geestelik siek en moet permanent in ‘n kliniek versorg word. Na Henry se dood reël Alma vir finansiële voorsienng vir haar versorging

Hanneke de Groot

Sy verhuis saam met die Whittakers uit Holland waar sy Beatrix se persoonlik lyfbediende was en word die huishoudster op White Acre.  Sy is ook ‘n vertroueling en klankbord vir intriges in die huishouding.  

Hoof karakters 

  • Henry Whittaker

Joseph Whittaker was begaafte werker in die vrugte boorde van Kew. Hy het ‘n armoedige bestaan met sy vrou en ‘n paar kinders gevoer.  Henry, die jongste kind, was intelligent het die wildskrag en begeerte gehad om uit te breek uit hierdie kringloop van armoede.  Hy het dieselfde begaafdheid as sy pa gehad en besluit om hom toespits op bome – omdat bome ‘n instrument kan wees waardeur hy kan uitbreek.

Ondervinding het hom geleer dat die besit van vaardighede geleenthede skep. Bome was tot sy beskikking en sy pa kon hom oplei.

Sy droom was om ‘n ryk, invloedryke man van statuur soos Joseph Bankes te word.  Hy het die geleentheid om by Kew te werk gebruik om Banks te besteel en van sy plant spesies skelm aan ander botaniste in Europa te verkoop.  Hy is uitgevang en hoewel hy die doodstraf vir sy diefstal kon kry, het Banks, wat sy potensiaal raakgesien het, hom begenadig en hom op skeepreise se saam met Kaptein Cook gestuur om op ander botaniste te spioeneer en inligting oor plant spesies te versamel.

Behalwe om hom in sy opdrag te onderskei, gebruik hy die skeepsreise as ‘n afrondingskool vir sy begeerte om ‘n heer/ gentleman te word. hy bestudeer die optrede van gekultiveerde mense op die skip. Hy maak hulle manier van praat na en verbeter sy omgangsmaniere.

Sy tweede reis saam met Cook is na Peru, waar hy ‘n studie van die cinchona roja plant maak.  Die middel kena, wat gebruik word om malaria te behandel, word van hierdie plant gemaak.  Hy gebruik verskillende manier om saad en basse van cinchona roja na London te neem en gaan met uitgewerkte beplanning na Banks oor hoe ‘n industrie rondom hierdie plant gebou kan word.

Terselfdertyd wil hy Banks se belofte opeis rondom die bevordering van sy loopbaan tot rykdom en ‘n nominasie vir sy lidmaatskap by die Royal Society of Fellows (most esteemed and gentlemanly scientific consortium in all of Britian. By die aanhoor van laasgenoemde het Banks hom uitgelag en sodanige belofte ontken.

(LEES P 42-43}

“When Banks began to laugh, Henry’s stomach collapsed upon itself and folded into a small hard cube. His throat narrowed. He shut his eyes and saw murder.  He was capable of murder. He had a long while to ponder murder, while Banks laughed and laughed. No. Henry decided. Not murder.  When he opened his eyes Banks was still laughing, and Henry was a transformed human being.  Whatever youth had remained in him as of that morning, it was kicked out dead. From that point forward, his life, would be not about who he could become, but about what he could aquire.  He would never be a gentleman. Henry would become richer than any gentleman who had ever lived and someday he would own the lot of them from the floor up.  Henry waited for Banks to stop laughing and the escorted himself from the room without a word.”

Henry neem die versameling cinchona roja na Holland en verkoop sy dienste EN die versameling aan die Hollandse Oos Indiese Kompanjie.

Ses jaar later was Henry op 31, ‘n ryk man.  Hy bewonder die Hollanders: hulle is hardwerkend, praat reguit, weet waar hy met hulle staan en veroordeel nie sy kru maniere en en optrede nie.

Hy besluit dit is tyd om te trou en soek met sorg die regte vrou uit.  Beatrix Van Deventer uit ‘n aritokratiese Hollandse familie wat gevestigde botaniste en akademies ontwikkelde mense is. Sy trou teen haar ouers sin met Henry en word onterf.

Henry besluit om na hulle troue na Amerika te verhuis waar hy geleenthede vir sy bedryf  sien. Vroeg in 1793 arriveer hulle in Philadelphia. 

The Whittakers was nooit regtig in Philadelphia se klein uitgesoekte hoë sosiale kring verwelkom nie.  Kort na hulle aankoms is hulle wel deur die Williamse uitgenooi vir ete.  Oor die nagereg wou die gasvrou meer weet van hulle herkoms en hulle van.

LEES P73

“Midland England, Henry replied. “Comes from the word Warwickshire”. 

“Is Warwickshire your family seat?”

“There and other places, besides. We Whittakers tend to sit where ever we can find a chair.” 

“But does your father still own property in Warwickshire, sir?”

“My father, madam, If he is still living, owns two pigs and a privy pot under his bed. I doubt very much he owns the bed.”

Henry koop 350 akkers grond in Philadelphia waarop hy begin om sy internasionale botaniese bedryf te ontwikkel.  Met die ontwikkeling met White Acer het hy met die Kew Tuine gekompeteer.  Hy vestig hom ook in die farmaseutiese bedryf. Hy word skatryk. Hy skoei sy voorkoms of die van Banks.  Hy trek aan en dra pruike soos Joseph Banks ALLE is dit hoe onvanpas, oudmodies en karikatuuragtig.

Sy gevoelens toe hy van Banks se dood teen die einde van 1820 verneem.

LEES PP. 153-154

But now Banks was dead. He was a dead baronet, to be sure, but he was still dead. Whereas Henry Whittaker – the poor born, well-dressed emperor of American botany- was aliive and prosperous. Yes, his leg ached, and his wife was ill, and the French were catching up to him in the malaria business, and the America banks were failing all around him, and he had a closetful of aging wigs, and he had never borne a son  – but by God, Henry Whittaker had defeated Sir Joseph Banks, at Last

  • Alma Whittaker

Alma is ongeveer 6 jaar na die Whittakers se aankoms in Philadelpia gebore.  Sy het presies soos haar pa gelyk.  Nie ‘n uiterlike skoonheid, nie maar intelligent soos hy. Was dit nie vir haar ma se streng opvoeding nie, het sy ook sy ongepoetse geaardheid gehad.  Sy het as jong kind redelik geïsoleerd op die landgoed opgegroei, met nie geleentheid vir sosialisering met ander kinders nie, totdat haar aangenome suster, Prudence, op die toneel verskyn.

Sy het van die begin af ‘n ondersoekende gees en wil die wêreld verstaan.  Sy het ‘n liefde en belangstelling vir plante en is intens betrokke by die plantebedryf op White Acre.  Sy wy haar toe aan die studie van botanie en geniet erkenning vir haar kennis van plante. Sy het haar eie werkplek op White Acre waar sy die meeste van haar tyd deurbring. Sy is wyd belese en is veranwoordelik vir katalogisering en berging van die uitgebreide boekery op die landgoed. Sy het van die begin af ‘n ondersoekende gees en wil die wêreld verstaan.

Resensent: “Alma takes control of many things, including her erotic passions, and like many  true intellectuals she is curious about the ways of the world and in this case the plant world, but often completely ignorant of personalities and penchants.”

In Junie 1822 is Alma op soek na ‘n nuwe uitdaging en ontdek sy ‘n mikro kosmos van ‘n mos neerslag op hulle aanleg op die sandsteen rotsblokke langs die Schuylkill rivier. Haar beskrywing van hierdie toneel is van die mooiste prosa in die boek. (P189)

Sy besluit om mosse na te vors.  Dit was toe nog nie voorheen deur enige plantkundige gedoen nie.

Teen 1848 het Alma twee boeke oor die mosse gepubliseer en begin met ‘n derde; “The Complete Mosses of North America”.  Haar eerste twee boeke is entoesiaties binne die botaniese kringe ontvang; en het vleiende resensies in tydskrifte gekry.  Sy was bekend vir haar werk as sistematiese klassifikasie van mos soorte.  Sy het nie alleen White Acre en omgewing se mosse bestudeer nie maar het monters van versamelaars dwarsoor die wêreld aangekoop.  In 26 jaar het sy 8000 spesies van mosse versamel en in ‘n spesiale herbarium gestoor.

By geleentheid word sy gevra oor haar fassinering met mosse: “What is that you admire in mosses?” “Their dignity” Alma replied without hesitation. “Also, their silence and intelligence.  I liked that – as a point of study – they are fresh. They are not like bigger or more important plants, which have all been pondered and poked at by hordes of botanists Already. I suppose I admire their modesty, as well”.

Alma se navorsing oor mosse het gelei tot haar uiteensetting van ‘A Theory of Competitive alternation’ ‘n teorie oor spesie differensiasie, spesie uitwissing en spesie transmutasie.  Later ontdek sy dat dit ooreenkomste het met Charles Darwin se publikasie 1859 ‘The Origin of Species by means of Natural Selection.’  Sy raak bekend met die publikasies van Alfred Russel Wallace, ‘n Britse natuurkundige wat gelyklopig met Darwin ‘n soortgelyke teorie oor evolusie dek.

Ambrose Pike arriveer op White Acer gedurende May 1848 op uitnodiging van Alma nadat Gearge Hawkes haar sy litografie van orgidië gewys het.

Uiteindelik word sy verblyf ‘n instelling.  Nadat Alma hom skaars ‘n dag ken, voel sy dat hy vir altyd op White Acer moet bly.  Henry verduur ook Ambrose se verblyf nadat hy Henry se probleem met sy Vanilla Boorde in Tahiti geïdentifiseer en ‘n oplossing voorstel.

Pike en Alma is sielsgenote en werk saam en is onskeidbaar.  Maar tog is dit duidelik dat hulle ook totaal verskillend is; sy is ‘n helder-denkende wetenskaplike wat rede aanhang; hy is ‘n utopiese kunstenaar wat die mistieke aanhang.

Kort na die huwelik wat hulle aangaan, ten spyte van Henry en Hanneke de Groot se bedenkings, ontdek Alma tot haar skok dat Ambrose sy manlikheid ontken as gevolg van  middeleeuse gelowe. Die wêreld sal binnekort tot ‘n einde kom en die mensdom sal ‘n staat bereik waar alle mans manlike maagde sal word.  Tog sal God se wysheid vroulik  wees.

Hoewel Alma hom steeds lief het stuur sy hom in 1849 in oorleg met haar pa na Matavia Bay in Tahiti om oor die Vanilla boorde te gaan toesig hou. Op 30 November 1850 sterf hy in Tahiti.

Henry Whittaker sterf op 19 Oktober 1851 en Alma is die enigste erfgenaam van sy enorme rykdom wat haar die rykste vrou in Amerika maak. Alma was hartseer oor sy dood maar belas met al die besittings.

Na ‘n in diepte nadenke oor haar lewe na ‘n gesprek met Hanneke de Groote die jarelange huishoudster van die Whittekars besef sy, sy het altyd aan haarself gedink as ‘n vrou met waardigheid en kennis van die wêreld, maar:

Sy het gedink sy weet baie, maar eintlik weet sy niks

  • Sy weet niks van opoffering nie.
  • Sy weet niks van haar suster nie.
  • Sy weet niks van die man met wie sy getrou het nie.
  • Sy het beskermd opgegroei en het nooit iets noemenswaardig gewaag nie.
  • Sy het nooit verder van Philadelphia gereis as na New Jersey na die kliniek waar haar jeug vriendin, Retta, versorg is nie.

Sy het verlig gevoel na hierdie introspeksie, ‘n afspraak met haar pa se prokureur gemaak, afstand gedoen van haar erfporsie en saam met hom ‘n nuwe testament opgestel.  Belangrikste was om die die White Acre Estate en die grootste deel van sy fortuin aan die Philadelphia Stigting vir die Vrystelling van Slawe na te laat, met die voorwaarde dat die White Acre woning in ‘n skool vir Neger kinders, omskep word  onder Administrasie van Prudence.  Voorsiening is gemaak vir ‘n erfporsie aan Hanneke de Groote. Henry se jarelange assistent, Dick Yansey moet die opbrengs van sy oorsese beleggings en belange in die farmaseutiese maatskappy hanteer en dit oorplaas na die Stigting vir die Vrystelling van Slawe.

Nadat Alma hierdie saak afgehandel het, voel sy bevry, werk sy munte in die some van haar rokke vas en vertrek na Tahiti om die feite oor die dood van haar man na te speur.

Besoek aanTahiti

Die gekultiveerde Sendeling, Tomorrow Morning deel haar mee dat Ambrose in ‘n onhandige proses van selfkastydig gesterf het.  Selfkastyding was ‘n gebruik van die inheemse bevolking as deel van ‘n rouproses.  Ambrose het van bloeding gesterf. Dit blyk ook dat Tomorrow Morning, Ambrose by geleentheid verkrag het.

In Tomorrow Morning se geselskap belewe Alma vir die eerste keer op die ouderdom van 50 jaar ‘n erotiese ervaring met ‘n man waarna sy baie jare gesmag het.

Holland

Sy vertrek na baie wedervarings in Tahiti na Holland met haar Tahitiese, hondjie Roger aan haar sy.  Sy land daar in Julie 1854 om met haar Van Deventer familie te verenig.  Sy kry ‘n belangrike posisie in hulle Botaniese Tuin met die titel Kurator van Mosse, sy woon in hulle huis en kry ‘n goeie salaris. Sy reis, versamel mosse, skryf artikels vir wetenskaplike tydskrifte en geniet die geselskap van kollegas

Sy nooi Alfred Russel Wallace in 1883 om oor die onderwerp van Natuurlike Seleksie in die Palm House van die Botaniese Tuin in Amsterdam ‘n lesing te gee. Dit was ‘n groot sukses en is deur joernaliste, vooraanstande figure en persone in akademiese kringe  bygewoon.

Wallace en Alma het aansluiting bymekaar as botaniste gevind en het baie genot daaruit geput om oor hulle eie werk oor evolusie en die van Charles Dawin gesprekke te voer.

Na hierdie hoogtepunt het Alma aan die einde van haar pad gekom.

—————————————————————————————————————————

Bronne

Elizabeth Gilbert: The Signature of All Things, 2014

The Signature of All Things: Reviews & Profiles: From The Official Website Elizabeth Gilbert.com

The Signature of All Things by Elizabeth Gilbert – Review/Books/The Guardian  (Google)

The Signature of All Things by Elizabeth Gilbert: Reviews, Discussions, Bookclubs, Lists: http://www.goodreads/how 17465453

List of gardener-botanist explorers of the Enlightement: From Wikipedia, the free encyclopedia

James Cook: From Wikipedia, the free encyclopedia

Matavia Bay: From Wikipedia, the free encyclopedia

Alfred Russel Wallace:  Understanding Evolution: Evolution:  Natural Selection: Charles Darwin, Alfred Russel Wallace: From Berkeley./edu/evolibraryl/history 14       (Google)

Jacob Boehme: The Signature of All Things: From Sacred-texts.com/eso/sat/index.htm   (Google)

(Bespreking deur Kota van der Mescht)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s