Vuurklip – Marié Heese

Notas gebruik deur Mariana Celliers by haar bespreking van Vuurklip deur Marié Heese by Kleinmond Leeskring.

Vuurklip – Marié Heese

Inleiding:

Ons weet almal van die veg of vlug reaksie;  dis hoe mense reageer as hulle met ‘n moeilike saak gekonfronteer word.  Dis hoe dit polities ook in ons land gaan??  Dit sê glo baie van jou.  Nou ek wou net vlug, vlug, vlug, nadat ek die boek gelees het.

Toe Kota vra watter op die gekose lys  van boeke ek voor kans sien,  het ek  sommer aangebied om dit te bespreek  alhoewel  ek het dit nie voorheen onder oë gehad nie.  Wél een van Marié Heese se nuwer Engelse boeke:  Double Crown wat handel oor Hatshepsut die vroulike Farao wat Egipte vir twee dekades rondom 1500 vC regeer het. Sy is met die Statebondsprys vereer vir die boek, in 2010!! En ek het dit geweldig geniet, die nuwe rigting wat haar skryfwerk ingeslaan het, was ek toe bewus van, toe ek aanbied om Vuurklip te bespreek.

Ek het niks van die boek Vuurklip gehou nie, ek kon eenvoudig nie IN die boek kom nie, lateraan het dit beter gegaan.  Dit was November.  Toe los ek die boek tot onlangs.  Die vlug-reaksie was nog groot, maar ek het geweet ek moet DAARTEEN veg! Kan nie my leesvrinne in die steek laat nie.

Toe byt ek vas. Hier staan ek voor julle,

Hoekom het ek nie vd boek gehou nie?

  1. Die storie was baie eenvoudig. Het gevoel soos in die Volkekundeklas, en of die storie rondom die oplees en kennis insamel tov Antropologie en Argeologie gebou is, (geskiedenis is daar nie opgeteken nie) .  So asof sy baie hard probeer om n storie op te maak met die gegewens tot haar beskikking.  Kleredrag, werktuie, oorgelewerde gebruike en verhale, geeste en mistiek.
  2. Die taal het ook baie gehinder, omdat mens nie vlot kon lees nie. Baie keer het die taal ook vir my geforseerd gevoel en defnitief te hoogdrawend by tye van geestelike oplewing. ‘n Soort eksperiment, wat maar nie tereg kom nie. Voorbeelde:  ons moet hom “loof en prys”  …sy naam is “heilig” (29). Grootgees is “heilig en almagtig loof en prys hom” (33), ‘n lied aan hom “toewy” (34), loof en dank hom. Dit het die Seegees “behaag” (117).  Ons gaan ‘n koue nag “tegemoet” (327).  Ek dink hierdie was glipsies.

Vgl “The Wake”  Daar is ook in Engels ‘n boek wat  in ‘n oud-Engels gekryf is nl: “The Wake” deur Paul Kingsnorth.  Die skrywer het hier ‘n taal gebruik wat hy noem “a shadow tongue, a version of OLD English updated so as to be understandable for the modern reader . The Wake renders the inner life of an Anglo-Saxon man with an accuracy and immediacy rare in historical fiction.  Carefully hung on the known historical facts about the almost forgotten war of resistance that spread accross England in the decade after 1066. (Longlisted for the Man Booker Prize 2014).

Intussen het ek opgelees oor Marie Heese, ek weet sy is Audrey Blignaut se dogter en sy het “Die uurwerk kantel” 1976 geskryf.  Toe gaan koop en lees ek die boek  Parallelle tussen twee taalstyle en woorde wat sy weer gebruik in Vuurklip!  Aaiii,  en Oeha . Die boek was n reuse sukses.

Ons geslag het grootgeword met Madelein van Biljon, Audrey Blignaut, Verna Vels se Vrouerubriek en  Esmé  se Hospitaaltyd.  Ons ken ook die tyd waarin ons Ouma’s en Ma’s grootgeword  het:  in die tyd waarin die boek “Die uurwerk kantel”  afspeel (1900 – 1972). Ons kan dus  identifiseer met die skryfster Marie Heese; sy is ons tydgenoot, ons verstaan haar.    Veral die taal en styl van die boek; die “sonder enige leestekens” skryf, dit was nuut. Ek het dit met ons huweliksuitnodigings doerie tyd ook gedoen; baie avant garde!  Sy het met ‘n dilemma gesit; die verteller moes haar eie gedagtes hê, maar ook terugblik vanuit haar sterfbed .  Die “gedagtes” is sonder enige leestekens geskryf.  .

Skryfster se Agtergrond:  Lees vanaf uitdruk

Hessequa vereniging vir Argeologie

Bespreking:

Homo Sapiens: moderne mens, ontw uit Afrika. Trek Noorde toe.  Homo Naledi Jhb.  Skeletkapasiteit soos Sapiens maar groter hande en heupe.  Australopiticus  uit Wes-Afrika .  Skedel dikker en kleiner kapasiteit  Neanderthal kort en fris, dik prominenete oogbanke en groot neuse, gespesialiseerd aangepas vir koue.

VUURKLIP – Met haar nuutste boek, Vuurklip, verplaas Heese ons vir 340 wonderlike bladsye na die wel en weë van Homo Sapiens, ongeveer 100 000 jaar gelede, aan die suidkus van Afrika. :  Dit is geskoei op deeglike navorsing in die Antrolopogie en Argeologie. The Stone Age was a broad prehistoric period during which stone was widely used to make implements with a sharp edge, a point, or a percussion surface. The period lasted roughly 3.4 million years, and ended between 6000 BC (or BCE) and 2000 BC (BCE) with the advent of metalworking.

Die argeologiese rekord van die vroeë en middel-Holoseen (laaste 10 000 jaar), asook die laat-Pleistoseen (120 000–10 000 jaar) is baie gedetailleerd en digVuurklip se Seestamme en die Landstamme het vir langer tye – ’n hele seisoen of twee, selfs – en herhaaldelik, ’n bepaalde gebied met skuilings, bakkranse en dieper grotte bewoon en in die proses “bewoningslae” (occupation layers) gevorm so diep as tot 20 meter met ’n aantal stratigrafiese lae. Argeoloê kon ?kan dus heelwat uit hierdie lae leer. Waar presies Maouma en Sjamaan se Walvisstam of Klipman en Ama se Mosselvreters langs Suid-Afrika se kus gewoon het, is ’n geheimenis aan die leser, ’n geheimenis wat die verbeelding aanwakker. ’n Mens dink egter aan Blombosgrot naby Stilbaai, aan Klasiesrivier naby Plettenbergbaai, en aan die talle grotte langs die Weskus, soos Elandsbaaigrot, waar die Verlorenvlei genoegsame varswater sou voorsien het.

Heese posisioneer die verhaal netjies in die tyd net voor die eksodus van die moderne mens Homo Sapiens uit Afrika na Europa en die Ooste.

Homo Sapiens is gereed en toegerus vir hierdie ekspedisie, wat toe uiteindelik tussen 30 000 en 50 000 jaar sou aanhou, totdat hy die hele wêreld “gekolonialiseer” het:- * taal is teen hierdie tyd sodanig ontwikkel dat Homo Sapiens die mees gevorderde taal op die hele planeet het. Dit bring enorme voordele vir sy organisasievermoë, tegnologiese vooruitgang en groei in kultuur, jagvaardighede ens; * Homo Sapiens maak reeds baie beter en meer gesofistikeerde wapens en werktuie as enige ander groep – spesifiek die Neanderthals; * verskeie ander “lukrake” faktore maak Homo Sapiens ook “intellektueel” gereed vir hierdie oorlewingstog, een daarvan is bv. die breinontwikkeling wat deur hulle vis- en seekosdiëet bevorder is. * die onteenseglike voordeel en blote feit van ’n komplekse en kompleksifiserende brein het  Homo Sapiens ’n enorme voorsprong gegee. Heese probeer iets van hierdie ontwaking van (of dan al bestaan van) ’n (self)bewustheid by Homo Sapiens weergee. *  Minnie 2014 .

Mense wat nog nie die boek gelees het nie:

Dit is ’n aangrypende storie, vertel in aangrypende taal. Die vertellershoek is die ingeligte eerstepersoon – twee vertellers, Sjamaan, die wyse man en geestelike leier van die Seestamme, en Ama, die annerlike jongvrou, wat storievrou en moetievrou wil word. Vuurklip is ’n verhaal van grootword en die verlies van onskuld, van oorlewing en die noodwendige kringloop van die lewe. Dit begin as die verhaal van Ama, ’n jong meisie. van die Walvisstam.  Haar leergierigheid maak haar die beste kandidaat om deur Maouma, die Storievrou/Moetievrou van die Walvisstam, opgelei te word om eendag haar plek as volwaardige storievrou en moetievrou in te neem. Ama is die dogter van Atto, die hoofman van die Walvisstam, en sy is aan Amuk, hoofman van die Visarendstam as vrou belowe. Met die Steelkwaad, waartydens ’n bende onder leiding van Tinor, van die Visarendstam egter ’n walviskarkas – die heiligdier van die Walvisstam, kom onteer deur van die vleis te kom steel, neem Ama se lewe ’n ander wending: deel van die straf teen die Visarende is dat Ama nie meer Amuk se vrou sal word nie, maar dat sy nou die vrou sal word van die eerste man wat eiehandig en alleen ’n eland jag.Dit moes ’n eland wees – die grootste, sterkste en slimste van al die bokke. Ama is verlief op Klipman, ’n sterk en ondernemende jong man van die Visarendstam, en hoop heimlik dat hy die man is wat die eland jag. Daar is egter drie manne wat meeding vir Ama; Klipman, Amuk en die sluwe Tinor, wat ook die voorbok was by die walvisvleisstelery. In ’n aangrypende vertelling hoor ons hoe Klipman die eland jag en die gewonde dier huis toe aanjaag tot by hoofman Atto. ( bls 133-135)  Die liefdesverhaal tussen Ama en Klipman word onsentimenteel, dog deernisvol vertel.   Klipman nooi vir Ama na sy werkgrot, waar hy vir haar ’n hangertjie van skulpe gee wat hy self gemaak het. Ama neem vir Klipman die Eland wat hy gejag het se lewer, maar Klipman weier om dit te eet – ons leer vroeër in die verhaal dat die lewer die jagter toekom. Dit was vir my baie spesiaal en selfs eroties waar Heese beskryf hoe Ama die bloed aan Klipman se mond vee om hulle geheim dat hy nie die lewer geëet het nie, te bewaar. sê hy, Ek dink. sê ek. Ek veeg oor die lewer met my hand en ek rek op na sy gesig toe en ek smeer die bloed om en oor sy mond. sê ek. Hy buk af en soen my. Die bloed is taai op ons lippe. p137-138 Hulle gelukkige herdman en herdvrou wees is egter van korte duur, want ’n ramp gebeur. Ama raak weg. Heese hou ons in afwagting met die onheil en spanning wat opbou tot ons met skok agterkom die gruwelike Tinor het Ama ontvoer, en haar in die elandgrot aangehou en verkrag. Haar geheueverlies gee vir Tinor vrye teuels om met haar te doen wat hy nog altyd wou.  

Izak Minnie  2014

Ek lees vir die tweede keer en ontdek :

“Kom ons speel dis alles moontlik. Dan vertel ek vir jou ’n storie.” Só nooi Marié Heese die leser van Vuurklip uit. Hef vir ’n oomblik die skeptisisme op, en glo vir ’n oomblik, vir die duur van dié roman, “’n Roman van die oertyd,” beskryf Heese die boekOp ’n onbewuste vlak vind daar ’n verskuiwing plaas in jou as leser – ’n verskuiwing wat waarskynlik simbolies is vir die ontwikkeling van ’n oerkultuur oor honderdduisende jaar. Jy lees later met ’n ruimer gemoed, met ’n ontvanklikheid vir die menslikheid van hierdie oermense wat Heese uitbeeld. En met ’n tweede lees, ’n herlees van die roman, is die trefkrag van die eerste paar reëls van die roman soveel sterker. En ruik ’n mens die rook van die vuur en daardie haasvelkaros:  Musiek!!

Lees die eerste paragraaf voor. Tot bls 15.  Hulle weet van die vuurspuwende berg, en gebruik steeds die tipe klippe wat toe opgetel is. Die vuurklip dra hulle met hulle saam, vuur is lewe, sonlig is lewe.

Taal:

Hier wil ek inglip en ‘n lourierkrans gee vir oorspronklike nuutskeppings soos weterig, by-been (‘n kierie)bloruil, bloman,  kwaadsoeklike man, die saamstaanblo, skrikdruppels en om ingeasem te word (doodgaan). Dit  verplaas die leser uiteindelik na die verre verlede.  Aan die einde vs boek verduidelik Heese presies hoe en waarom sy die taal so gebruik het.  Die vraag is: WAS DAAR OOIT TAAL?  Wanneer het taal soos ons dit ken ontstaan?  Lees bls aantekeninge rondom taal.

Die titel, Vuurklip is ryk aan betekenis. Die vuurklip is waarskynlik ’n stuk gestolde lawa, en waaraan verskeie magiese kragte toegedig word. Die klip het vir die oermense medisinale kwaliteite. Dink maar aan die episode toe die slang vir Ama gepik het en Maouma die vuurklip teen die bytplek gehou het. Toe Ama se broer, Moro, deur Tinor met die spies gesteek is het Maouma die vuurklip teen die wond gedruk om die bloeding te stop. Die vuurklip is ’n amulet teen die bose. Dit is ook ’n septer van soorte, ’n simbool van bemagtiging en amp – die een wat die stories vertel is as’t ware deur en met die vuurklip (die slangklip) aangewys as waardig genoeg om die stam se geskiedenis te bewaar.  Dan is (’n) vuurklip ook simbool van innerlike krag, as’t ware ’n vuur binne-in elke mens. Verder is dit ook simbool van energie, hitte en lewe, en dalk selfs intelligensieKlipman maak vuur met ’n vuurklip teenoor die ou stokkievryfmetode. Klipman eksperimenteer ook met verskillende vuurklippe – hier, klippe wat met vuur behandel is – om beter gereedskap te word, skerper messe en dies meer.   (Minnie 2014) Vooruitgang en ontwikkeling.

Heese gebruik meesterlik haar eie vertelkuns om die geskiedenis van vuur en die mens se ontwikkeling vanaf verbystering oor die verskynsel van vuur, na onderhouding van vuur, na die maak van vuur, vir ons bloot te lê. Leon Rousseau maak in sy boek Die Groot Avontuur, die opmerking dat tussen die mens se bemeestering van die “aan die brand hou” van vuur, en die MAAK van vuur, ongeveer 1.3 miljoen jaar in die mens se ontwikkeling verloop het.  Heese verpak en kondenseer vir ons hierdie misterie in wonderlike taal en stories. Sjamaan vertel die verhaal van hoe die mens vuur in die hande gekry het – hy het ’n kooltjie wat nooit doodgaan nie, by ’n volstruis gesteel, maar dit kom teen ’n prys.

“Die geheim van vuurmaak, fluister die stemmetjie, is lat jy moet vonk maak. Eers vonk, dan kooltjie, dan vlammetjie, dan vuur.> (p114) Maar die Geeste was kwaad… en sit die vuurklip in sy maag, en dit het vir ewig en ammelee in sy binneste gebrand. En so het die mense soos die Geeste geword, want nou kan die mens vuur maak soos die Geeste. (p115) Maar van toe af, as die Sjamaan wil heel, moet hy die heelmaakdans doen en dit sal hom pyn. Heese sinspeel hiermee op die Bybelverhaal van die mens se kennis van goed en kwaad, en die straf waarmee hy voorts moet saamleef weens sy nuutgevonde kennis. (Minnie 2014.)

Sosiologie:  In Vuurklip word die ontwikkelende mens in sy vele fasette voorgestel

Aan die hand van Ama, Maouma  en Sjamaan se vertellings en karakteruitbeelding kan ons hierdie sosiologiese ontwikkeling volg.

Die  Groepsdier:

Die oermense word deur middel van daaglikse take, gebruike, leefwyse, taboe’s, en stories opgevoed. In die gemeenskap, deur die gemeenskap, waar almal vir mekaar beskerm, en  in samehorigheid leef,  saam verantwoordelikheid neem in ‘n rangorde wat bepaal word deur hulle tradisies en geloof.  Rangorde: bls 98 Hierdie jongvrou luister, sê ek, en ek kniel. My kop moenie bo Sjamaan se kop is as hy met my praat nie.  

Soek en maak van kos, klere, baba’s oppas, ens. Suiwer antropologie en sosiologie . gerugsteun deur die argeologie, want dis al hoe ons ‘n beeld kan herkonstrueer van hoe die oermense moontlik kon gelewe het.  Stratifikasielae waaruit argeoloë kennis  versamel.

Ama se grootword neem die leser deur die proses:  sy het haar ma vroeg verloor en word deur Maouma grootgemaak, by haar Pa die hoofman, se grot (se vuur).  Haar broer is haar held en beskermer, Maouma haar onderwyser.  Sy gaan deur die ligaamlike ontwikkeling wat met rituele vergestalt word;  die maanbloed, en die takskerm-sit vir twee dae, dan die skoonkomdans en maangebed, die afwas in die see.  In die maanbloedtyd is alle vroue onrein en moet hulle eenkant hou.  (Die besnydenis van jong seuns aan die ander kant.)

Die Groot ingaan volg, ook met reiniging en dans en optooi vooraf.

Trou is dan jou voorland, maar dit mag net tussen verskillende stamme plaasvind, nie binne dieselfde stam nie.  Die hoof van die stam kan wel meer as een vrou neem.

Geboorte vind  in die geboregrot  plaas waar geen man mag kom nie. Selfs Sjamaan gaan met sy “slangstok” wat hom sal beskerm, daarin .

  • Stories

Die kultuurgoedere word veral oorgedra deur stories.  Heilige stories oor die Al, oor die voorvadergeeste en hul dapper dade, en stories oor alledaagse gebruike soos die jag en voedsel insamel. Dit rig hulle geloof,  kultuur, etiek,  en gee antwoorde op dieper vrae na die ontstaan van alles, na die wat, waar hoekom en hoe?  Dink maar aan die verhale van  die verskillende voorouers, Gam die groot jagter, Lita die sjamaan-vrou, Nene wat hulle van ‘n tsunami gered het en Simo die vorige groot sjamaan.  Hul  kopbene wat by elke saampraat by moet wees.  Stories is ernstig, elke woord moet reg gesê word en ingepas word, en die luisteraars moet meegevoer word. Die “storievrou” word aangewys deur die slangklip/vuurklip, soos ook die sjamaan. Dis nie vir sommer nie.

Die estetiese en ontwikkeling van nie-gebruiksartikels word uitgebeeld deur Klipman se maak van ‘n skulphangertjie vir Ama. Sy weet eers nie wat dit is en waarvoor dit dan nou gebruik kan word nie? Hy maak ook uit ‘n stuk dryfhout ‘n kunswerk .  bls 65-67. Klipman bring dus hier ook vernuwing ,want  so ontwikkel kuns  be-oefening vir almal, nie net vir Sjamaan wat skilder teen die grotwande van die Elandgrot nie. Hy gaan net eenkeer per jaar daarin en skilder dan om sy stam se daaglikse lewe uit te beeld, maar ook sy hallusinasievlugte wanneer hy droomkruie inasem.  NET Sjamaan mag daar ingaan. Heese verwys moontlik hier na die ontdekking van Blombosgrotte naby Stilbaai  kunswerke en voorwerpe uit hierdie grot dateer ongeveer 70 000 jaar gelede. Voor hierdie ontdekking, was die oudste grottekeninge ontdek in die Castillo-grotte in Sapnje. Hulle is gedateer op ongeveer 39 000 jaar gelede!

Politieke bestel:

Die demokratiese manier van doen val nogal op. Niks word alleen besluit nie, die Groot Saampraat word gereeld uitgeroep as daar dringende sake is en  alle stamme vergader so. Ernstige sake word deur die hoofmanne en Sjamaan en Maouma uitgepraat en dan voor die stamme gehou vir besluitnemimg. Die hoofman oor almal word ook deur die volk gekies.  Natuurlik is daar ‘n magstryd tussen die leiers en koukus Maouma met haar towerbrousels saam met Sjamaan om Umak uit die sryd te kry en Atto te laat aanwys as die opperhoof van al die stamme.   (Hou die verkuller en bedrieer uit!)

Godsdiens en die magiese:

Heese neem hier die Christelike godsdiens as vertrekpunt.  Omdat sy dit ken?? Hier hinder die woorde wat sy gebruik my baie.  Soos reeds genoem.

Vgl die storie van die AL  (heelal) wat geskape is deur die Grootgees,  baie na aan die skeppingsverhaal soos ons dit ken. (bls 14-15) Noag en die ark is vervang deur die vuurspuwende berg wat vuur en ys oor die aarde strooi.  Maar as mens lees hoe Ama die slagting van ‘n bokkie aanskou wat dragtig was, die volmaakte klein bokkie in die sakkie in sy ma se maag dan besef mens die menslikheid van alle mense: om te probeer verstaan waar lewe vandaan kom :  Lees bls92 

Die magiese word uitgebeeld deur die rol van die Sjamaan. Sy hallusinasies, danse tot hy  omval,  gesigte wat hy sien, waterkyk, watermeide se rol, vuurklip in sy maag, en baie gebeure wat verklaar word deur die onsienlike geeste, wat sommige manlik is en sommige vroulik. Groot Gees (hy) Son, Maan, en Grondgees (sy)  en See, Reën en Windgees (hy)  Gruu is natuuurlik ‘n hy, die Bose!!  Die gebruik om menslike karaktereienskappe aan diere en plante toe te dig kom ook baie natuurlik voor in hulle geloof. Vgl die Boesmanland, Noord-Kaap.  Rotsvorms en vlaktes.

Diere neem ‘n sentrale rol in, vgl die Eland, die heilige dier. Die storie word vertel van die jagters wat hom nie kon vastrek nie en toe ‘n valstrik gestel het. Dit was gruwelik in die oë van die Groot Gees.  Lees bls 104. Die stamme word deur groot diere verteenwoordig, die visarende, haaie, walvisse, dolfyne en Elande. Onder andere.

Musiek en dans vorm ook ‘n integrale deel van hule kultuurgoedere in gebededanse, maanbloed danse, heelmaak danse en reëndanse.  Fluitman is die walvisse se musikant en lei alle danse,  gebruik ook tromme ens. Elke stam het sy eie lied.  Speel musiek .

(google San Bushmen music. ) Nxa!  Hungry man, Trance song,  sad song. https://archive.org/details/BushmenOfTheKalahari

Moraliteit en Trauma:

Die geloof in Gruu, die Bose, wys op ‘n sensitiwiteit vir moraliteit. Die vrees vir Gruu en die taboes wat onder die stamme geld, laat mens in hul spoor trap. Wanneer dit nie gebeur nie, word hul uitgedelg, soos met Tinor gebeur het. Stories leer die stamme van  morele  waardes en taboes.

Ama se karakter is mooi en rein en onskuldig. Totdat die bose haar tref in die vorm van Tinor.

Ama gaan deur baie trauma.  Sy word die pion in ‘n gereëlde huwelik wat deur Tinor se immorele optrede veroorsaak word. Haar lewe word in onsekerheid gedompel.  Maar hier is ‘n stukkie geluk, want Klipman, die verpersoonliking van goed en slim ‘n denker en vooruitgang, word nou haar geliefde, haar man.

Maar haar trauma eindig nie hier nie. Die bose Tinor ontvoer haar, beseer haar sodanig dat sy aan geheuverlies ly, verkrag haar keer op keer waar sy in die donker grot waar net Sjamaan mag kom, toegemaak is.  Tinor is die absolute bose, van jongs af, vanwaar hy die walvis steel beplan het, tot aan sy einde, waar hy uitgeworpe deur al die stamme,  en ironies, in die geboregrot gaan sterf het, en deur hiënas , kolbrakke, opgevreet is . (Hy kon nie meer loop agv die brandwonde op sy voete wat Ama met haar ontsnappingsplan hom toegedien het nie.) So  het hy die geboregrot  besmet .  Bls 234-  235

Haar trauma eindig nie met dit wat aan haar gedoen is nie, ook dit waardeur sy moet gaan toe haar eerstelinge ‘n tweeling is.  Volgens die stamtaboe mag tweelinge nie leef nie; Maouma kan dit nie oor haar hart kry nie en laat net enetjie doodgaan, maar Ama was bewus daarvan. Die kopvreet vreet uiteindelik vir haar en Maouma op en hulle swig voor die vreeslike angs en vrees vir die rampe wat die stam kan tref omdat hulle sonde gedoen en ongehoorsaam was.  Moraliteit.  Iba moet aan die Seegees geoffer word en Ama maak haar gereed:   (ABRAHAM en Izak) . Sy word net betyds deur Maouma gekeer, net om geskok toe te kyk hoe Maouma haarself aan die seegees te offer.   Maouma het ‘n bloruil gemaak.   Die hoogste offer.  So word Ama dan die nuwe storievrou en moetievrou, sy het dit verdien. Deur meelewing, lyding en die lang pad na trauma wat sy oorkom het . Sy troos en maak haarself weer heel met stories: “ Ek vergeet nie stories nie. Hulle het my deur die tyd met Tinor inni toemaakgrot gekry. Ek hou al die stories wat ek ken in ‘n drasak wat ek nooit neersit nie” p 282.

Klipman is die verpersoonliking van vernuwing: nuwe idees, nuwe wapens, die breek van taboes.. Hy besluit dis onnodig om soos die voorgees gesë het, suidwaarts te loop. ( bls 20 ) Daar is niks meer nie, hulle moet omdraai en weer Noordwaarts loop. ‘n Groot uitdaging vir die stam!Dit verg waagmoed en Ama is weer die een wat in die spervuur is, sy moet saam met hom omdraai. Klipman se optrede suggereer dan die (kollektiewe) begin van hierdie trek Noordwaarts. Hy is waagmoedig en toon insig in die noodwendigheid van verandering te midde van ’n veranderende omgewing.

“Maar ek het omgedraai sê Klipman en hy vou sy arms. Gee nie om wat julle dink nie, sê sy lyf. Wat ek gedoen het , het ek gedoen. Oeha! Omgedraai! Die mense brom verskrik onner mekaar. Dit mag mos nie! Dit is taboe! Maar hier staan Klipman, hy’t niks oorgekom van dit nie. p292 ! ! En hierie man van my, dink ek terwyl ek grot toe loop, is ’n annerlike man, want vuur en klip is nie owerste oor hom nie, nee. Dis annersom. Hy is die owerste oor vuur en klip, ahê”. p318

Afsluit met bls 314  die suiwer liefde tussen Klipman en Ama.  Die heelmaakliefde.

Klipman se arm is nog steeds om my, hy hou my nog allie tyd vas. Sal nie weer teensukkel teen hom nie, dink ek. Hy’t my nou mooi saggebak. Ek is nou ‘n gaar skilpadjie, hy kan my maar afdop.

 

Bronne:  Resensies van verskeie resensente:

Joan Hambidge, op haar blog.

Izak Minnie Johannesburg Augustus 2014.

Franci Vosloo, Litnet 22/04/2014

Doret Jordaan, Tydskrif vir letterkunde 52 (1) 2015.i

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s