Ek is Liza Smit – Liza Smit & Raquel Lewis

Ek is Liza SmitEk is Liza Smit by Liza Smit

My rating: 4 of 5 stars

Ek onthou presies waar ek was die dag in 1977, toe Robert en Jeanne Smit vermoor is. In Delmas by familie. Sonder dat ek geweet het waarom, het die rooi letters, RAU TEM, wat oor die jare kort-kort in koerante opgeduik het, koue rillings langs my ruggraat laat afloop. Toe was ek jonk, naïef en op 21 die ma van twee babas, wat al my aandag vereis het en die politiek van die dag my verbygegaan het. Tog het ek geweet – daar is meer. My rug ril nie koud vir niks nie.

Nadat ek die boek gelees het, het ek ontredderd gevoel, ontnugter deur die stelsels wat veronderstel was om ons te regeer en te beveilig en is ek so spyt dat Liza nie kan weet wat presies gebeur het nie. Die onsekerheid van alles, die spanning oor dinge in die agtergrond, het my as leser emosioneel geaffekteer. Wat dit aan ‘n jong tiener moes doen wat met die gebeure en wete moes leef en haar jongmenslewe en volwassenheid moes betree, is eintlik onbeskryflik, maar word knap verwoord deur Raquel Lewis. Sy het duidelik baie tyd en moeite spandeer om Liza Smit se binneste en emosies te verstaan.

Die hoofstukke word afgewissel met die WVK-verslag, soos voorgelê deur Liza – dit is knap gedaan, ten spyte van die struikelblokke wat sy moes oorkom en beskryf word in die hoofstukke tussenin, wat die leser meeneem van haar kinderdae, tot die vrou wat sy vandag is.

View all my reviews

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s