Notas by die bespreking van The Hare with Amber Eyes

Edmund de Waal

 The Hare with Amber eyes

A HIDDEN INHERITANCE

Biografie:

Edmund de Waal word beskou as een van die wereld se beste pottebakkers. He is best known for his large-scale installations of porcelain vessels, with interventions at Waddesdon Manor, the Victoria & AlbertMuseum, Tate Britain and MIMA.

Edmund is gebore in Nottingham in 1964.As skolier het hy n vakleerlingskap onder die pottebakker Geoffrey Whiting gedoen. Nadat hy n graad in Engels aan Cambridgeverwerf en ‘n paar jaar gewerk het as pottebakker, het hy ‘n Daiwa Anglo-Japanese Foundation Scholarshipgewen en vir ‘n jaar Japaneesby Sheffield Universitybestudeer het en daarna het nog ‘n jaar van Japanees in Tokyo gevolg. Terselfdertyd het hy pottebakkery bestudeer aan Mejiro Ceramics Studio in Tokyo.

Edmund is ook ‘n bekende skrywer na sy boek in 2010,The Hare with Amber Eyes: a Hidden Inheritance,wat ‘n internasionale blitsverkoper geword het. Die boek het baieliterere pryse gewen o.a. die Costa Biography Award, the Galaxy New Writer of the Year Book Awarden die Royal Society of Literature seOndaatje Prize. Dit is nou al in 23 tale vertaal.(De Waal het ‘n boek oor die pottebakker Bernard Leach in 1998 gepubliseer).

Hy is as OBE (Officer of the Order of the British Empire) in 2011vereer vir sy bydrae tot kuns. In June 2012 is hy aangestel as Senior Fellow at the Royal College of Art.
Hy woon en werk in London.

Gee ’n kort opsomming van die storie.

The Hare with Amber Eyes: a Hidden Inheritanceis in 2010 gepubliseer. Hy vertel hierin die storie van sy eens skatryk familie die Ephrussi familie. Hy gebruik die geskiedenis van ‘n versameling Japanese beeldjies en hoe hul aangegee is deur vyf geslagte van sy familie om die storie te vertel. Mens lees ook hoe die versameling terug is na Japan toe Edmund se groot-oom Ignace “Iggie” Ephrussi, met wie hy ‘n goeie verhouding gehad het, in 1947 daar gaan woon het.

Netsuke (uitspraak) is miniatuur beelde wat ontstaan het gedurende die 17 eeu inJapanas ‘n praktiese uitvindsel (ne+tsuke  betekenwortel”en om aan te heg“). Tradisionele Japanese klere- rokke genoem Kosode en Kimono – het nie sakke nie en mans soek ‘n plek om hul besittings te bere. Dinge soos pype, tabak, geld of medisyne.

Die oplossing was om sulke voorwerpe in houers, genoem sagemono, te hang aan toue van hulle gordels (obi) te hang. Sulke houers kon klein geweefde mandjies wees, maar dit was meer populêr om pragtige gekerfde houers(inro)te gebruik wat toegemaak is met ojime, gly krale, op toue. Dit maak nie saak watter vorm van houer gebruik is nie, maar die toue van almal was vasgemaak aan die gordel met ‘n gekerfde (amper) knoop wat ‘n netsuke genoem is.

Netsuke,net soos die inrōen ojime, het oor tyd ontwikkel van gebruiksartikels tot voorwerpe van groot kunstigheid en hoogstaande vakmanskap. Netsuke is hoofsaaklik gemaak tydens die Edo periode in Japan (1615-1868). Vandag leef die kuns nog voort en sommige moderne voorbeelde behaal hoe pryse.

Mens kry ‘n hele paar verskillende soorte netsuke maar die meeste van die Edmund se versameling word katabori-netsuke of “sculpture netsuke”  genoem. Dit is die mees algemene netsuke.

Foto’s van Netsuke

Redes vir die boek:

De Waal het 264 Japanese netsuke – hout en ivoor beeldjies diere, plante en mense geërf van sy geliefde groot-oom Iggie. Hulle is nie groter as die palm van sy hand nie.

p13 “I realize how much I care about how this hard-and-soft, losable object has survived. I need to find a way of unraveling its story. Owning this netsuke – inheriting them all – means I have been handed a responsibility to them and to the people. I am unclear and discomforted about where the parameters of this responsibility might lie.”

P16.“A netsuke is a “small, tough explosion of exactitude”. It deserves exactitude in return.”

Die enkele feite oor die Netsuke raak al yler soos hy dit oorvertel en hy besef dat hy die storie moet vaslê voordat dit heeltemal verdwyn.

Hy los dus sy studio en begin met sy navorsing.

Hy sê self: P15“And I am not interested in thin. I want to know what the relationship has been between this wooden object that I am rolling between my vingers – hard and tricky and Japanese – and where it has been. And I want to know whose hands it has been in, and what they felt about it and thought about is – if they thought about it. I want to know what it has witnessed”

Dis vir hom belangrik want dit is sy werk om dinge te maak. Hoe mens voorwerpe hanteer, gebruik en aangee, is die belangrikste vraag vir hom. Hy het duisende potte gemaak. Hy is nie goed met name nie, maar hy is goed met potte. Hy kan die gewig en die balans van ’n pot onthou , asook hoe sy oppervlakte in verhouding tot sy volume staan. Hy kan aanvoelmet sy hantering van ’n pot of dit vinnig gemaak is of deegliken met sorg.Hy lees ‘n pot.

All this matters because my job is to make things.  How objects get handled, used and handed on is not just a mildly interesting question for me. It is my question.  I have made many, many thousands of pots. I am very bad at names, I mumble and fudge, but I am good on pots.  I can remember the weight and balance of a pot, and how its surface works with its volume.  I can read how and edge creates tension or loses it . . . I can see how it works with the objects that sit nearby.  How it displaces a small part of the world around it

As hy na ’n voorwerp kyk, weet ook of jou uitnooi om dit te hanteer; met die hele hand of net met die vingers. Sommige voorwerpe moet van ’n afstand bewonder word en wil nie hanteer word nie.

p.17 “How objects are handed on is all about story-telling. I am giving you this because I love you. Or because it was given to me.Because I bought it somewhere special.Because you will care for it.”

So begin hy dan sy soektog nawat met die netsuke gebeur het totdat dit by hom uitgekom het. Op daardie manier ontdek hy eintlik die storie van sy familie waarvan hy op daardie stadium baie min van geweet het.

Die Ephussi familie

Vir bykans 100 jaar was die Ephussi familie (‘n Joodse familie) leiers in Europa op die gebied van graanuitvoere, skeepsvaart en die bankwese, en hulle het kantore in Odessa, St. Petersburg, Weenen, Parys en London gehad. Hulle rykdom en skatte was vergelykbaar met die van die Rothschilds.

Die Ephrussis was nie net baie ryk nie, maar ook  ’n baie hoog aangeskrewe en invloedryke familie en het in die boonste kringe van die samelewing beweeg.

Isaac Babel (1894-1940) en Sholom Aleichem (Skuilnaam vir Solomon Rabinovich) (1859-1916) (hy was Yiddish skrywer en dramaturg. Dit word algemeen aanvaar dat die teks vir Fiddler on the Roof is gebaseer op sy kort verhale oor Tevy)  het verhale van ryk Ephrussis in hulle kort verhale beskryf. Iets soos ons die Oppenheimers se naam sal gebruik.

Charles Ephrussi was die eerste persoon wat die netsukeversamel het.

Hy was Edmund die skrywer se oupa-grootjie se neef. Charles se oupa was ook Charles en hy het die familie se fortuin in Odessa gemaak met die uitvoer van graan uit die Ukraine. Teen 1860 was hulle die grootste uitvoerders van graan in die hele wêreld.

Om die geweldige sake belange te hanteer het Oupa Charles sy oudste twee seuns Leon en Ignaceeers na Weenen stuur waar hul tien jaar met hul gesinne gewoon het. Hier het hulle kinders skool gegaan en is hier opgevoed. Almal moes tale aanleer. Engels, Latyn, Duits en Grieks terwyl Frans hul huistaal was. Hul mag ook nie Yiddish wat hul in Odessa geleer het, praat nie.

Tien jaar later word Leon en sy gesin na Parys gestuur om die familie se  sakebelange daar te behartig. Charles, sy seun, was toe 21 jaar oud. Hy was die jongste en derde van Leon se seuns en dus nie onder druk om deel van die familie onderneming te wees nie. Hy kon doen wat hy wil. Hy reis baie en stel belang in kuns. Hy skryf ’n boek oor Durer, die Duitse kunstenaar. Hy raakalgaande ’n kunskenner en begin essays oor kuns skryf. Hy raak ’n kuns versamelaar en begin kunswerke koop vir sy woonstel in die familie paleis. Hy koop oa ’n Renaissance bed en verskeie skilderye van kontemporêre kunstenaars.

Marcel Proust het sy held Charles Swann gedeeltelik op die Paryse fynproewer Charles Ephrussi gebaseer. Charles was die beskermheer van kunstenaars soos Manet, Degas en Renoir en die eienaar en redakteur van die Gazette des Beaux Arts.

Charles was ook op die agtergrond van die skildery van Renoir “Luncheon of the Boating Party”. Hy het vir ’n tydperk die digterJules Laforgue as sy sekretaris aangestel.

Hy was ‘n versamelaar wat ‘n stil lewe van asparagus van Manet gekoop het teen so ‘n groot som dat die kunstenaar vir hom nog ‘n skildery gemaak het met net een asparagus om dankie te se.

Charles koop die netsuke in die laat 19e eeu toe daar ’n geweldige belangstelling in Japanese kuns was. Dit was hoog mode en die meeste van die bekende kunstenaars van die tyd was beïnvloed deur “Japonisme” soos die era in Frankryk bekend was.

Japan

Die geweldige belangstelling in alles wat met Japan te doen het, is te danke aan die geskiedenis van Japan. Vir twee honderd jaar is Japan heeltemal van die buite wêreld af gesny. Die tydperk van 1635-1853 word Sakoku(beteken gekettingde land) genoem. Geen vreemdeling mag inkom nie en burgers wat die land verlaat kan doodgemaak word. Japan het slegs met sommige Hollanders en Chinese handel gedryf by Nagasaki.

In 1853 het Kommandeur Matthew Perry van die VSA met ’n paar skepe (Black ships) Japan besoek en probeer om handelsooreenkomste met hulle te reël. Eers daarna is die land oopgestel maar nog tot 1868 was dit onwettig om Japan te verlaat.

Perry se besoek aan Japan is voorafgegaan deur ‘n paar ander ekspedisies sedert 1797 om toenadering tot Japan te soek. Onder die beleid van sakoku  was Japan net bereid om met Holland en China handel te dryf en Nagasaki was die enigste hawe in Japan wat oop was vir vreemdelinge.

Die tydperk na 1868 staan bekend as die Meiji wat restourasie beteken.

Wys foto’s van kunstenaars onder Japanese invloed

Those influenced by Japanese art include: artistsHenri de Toulouse-Lautrec, Mary Cassatt, Edgar Degas, Auguste Renoir, James McNeill Whistler, Claude Monet, Vincent van Gogh, Camille Pissarro, Paul Gauguin, Bertha Lum, William Bradley, Aubrey Beardsley, architects Edward W.Godwin, Frank Lloyd Wright.

Charles het die netsuke in ’n glans verniste swart (Lacquer) toonkas of Vitrine gebêre totdat hulle in 1899 na Weenen gestuur word as trougeskenk aan sy neef Viktor. Waarskynlik het hy ander beter kunswerke gekoop en nie plek daarvoor gehad nie.

Weenen

Viktor was die seun van Charles se oom Ignace en was geleerd en kunstig en was die familie se jongste “ekstra” seun wat ook soos sy neef nie bestem was om in die familiebesigheid betrokke te raak nie. Toe loop sy oudste broer en die een wat die besigheid sou oorneem weg met sy pa se minnares en hy word onterf. Daarna word Viktor verplig om hoof te word van die familie, teen sy akademiese drome in. Hy was al amper 40 en moes sy lewe verander en die familie se bank bestuur en het ook getrou met Emmy (18jaar) die dogter van ‘n baron. Dis met hulle troue wat die netsuke na hul in Weenen gekom het.

Maar by Viktorse huis was daar ook nie ‘n geskikte plek vir hulle nie. Sy bruid Emmy het gesê dat dit “It looks like the foyer of the opera” Die vitrineen sy inhoud word toe in haar aantrekkamer gesit.Met die jare het die kinders saans daarmee gespeel terwyl sy aangetrek het vir funksies of afsprake, of ander aande wanneer sy vir hulle stories gelees het.

Emmy was lief vir mooi aantrek  (tot drie maal per dag), en het ook ‘n opeenvolgende string minnaars gehad. Sy was tog ‘n baie goeie ma.

Die netsuke het daar in die kleedkamer gestaan vir 40 jaar, deur die eerste wereld oorlog tot in Maart 1938 toe Weenen deur die Duitsers ingeneem is en die Ephrussi paleis heeltemal oorval is deur die Duitsers. Al hulle skatte en versamelstukke is gesteel of vernietig, maar dit blyk later dat die netsuke wonderbaarlik ongeskonde gebly het.

Toe die Nazis Weenen ingeneem het, het Anna die lojale huishulp die netsuke een vir een geneem en in haar matras weggesteek.

Deur Elizabeth, die oudste dogter, se onderhandelings het Viktor en Emmy naKovesces gevlug, waar Emmy dood is. Daarna het Viktor na England gevlug om by Elizabeth en haar man Henk de Waal te bly. Elisabeth was briljant en die eerste vrou wat ’n doktorsgraad in die regte aan die universiteit van Weenen behaal het. Gelukkig het hul jongste seun Rudolf en hul oudste seun Iggiena die VSA gevlug. Lsg was as gevolg van sy kennis van tale baie belangrik vir die weermag.

In 1947 het Elizabeth teruggegaan na Weenen om te gaan kyk wat oorgebly het. Sy het op Anna afgekom wat vir haar die netsuke oorhandig het nadat sy dit die hele tyd opgepas het. Gedurende hierdie tyd is Iggie, wat vir ’n internasionale graan uitvoerder gewerk het, die keuse aangebied om of na die Kongo of na Japan te gaan.  Hy kies Japan sodat hy die netsuke weer na hulle land van herkoms kan terugneem. Hier het hy vrede en geluk gevind saam met sy Japanese vennoot. Dit was in sy woonstel dat Edmund in 1991 die eerste keer die netsuke gesien het. Hy was met ’n beurs in Japan om die taal en pottebakkery te bestudeer en het elke week vir sy groot-oom gaan kuier.

Resensies

The Guardian:

De Waal has researched his story with obsessive diligence and he tells it with an imaginative commitment – searching, yet wide-eyed – sadly lacking in some of our more wizened biographers. He is wonderful on place, forever turning doorknobs, real and imaginary, and inviting the reader in.

But I could not understand, and became annoyed, his conviction that he is not in the business of memorialising the diaspora. There is something precious about this, as though such territory is beneath him. “I don’t really want to get into the sepia saga business, writing up some elegiac Mitteleuropa narrative of loss,” he says.

The question is: do the netsuke enable him to resist such a tale? No. Their survival is wondrous, but I don’t think their presence turns The Hare With Amber Eyes from memoir into book of ideas, as de Waal seems to believe. Sometimes, they are more distraction than narrative thread and the need to return to them often bogs the author down; there are, after all, only so many ways to describe the feel of carved wood and only so many times such an image can be made to work as a symbol of patinated memory without the reader feeling that a point is being laboured. I loved the story of the Ephrussis, but I am mystified by de Waal’s insistence on gilding it with his own flimsy abstractions. There is no shame in telling people what happened to Jewish families in the last century. Such elegies, sepia or otherwise, grow every day more vital.

Michael Dirda;

Still this enthralling book leaves one oddity unexplained: Why doesn?t it include any close-up pictures of the miniatures themselves, especially of the titular “Hare With Amber Eyes?

But the intelligence and creativity with which de Waal constructs a family history are what make this special book so supremely ­winning.
Megan Buskey – New York Times

A somewhat rambling narrative with special appeal to art historians, this account is nonetheless rich in drama and valuable anecdote.
Publishers Weekly

A duel, and a duet, of elegy and irony (Boston Globe), de Waal’s extraordinary family memoir brings his forebears vibrantly to life.

Bookmarks Magazine

“…de Waal tells a spellbinding and perceptive tale of extraordinary accomplishment and loss, beauty and terror, reinvention and survival in an intricately dimensional, profoundly involving first book, a sensitive and astute inquiry into culture and family, inheritance and preservation, and the secret life of objects.” —Donna Seaman
Booklist

Notas deur Hildegarde Malherbe

BESTEL VAN KALAHARI

One thought on “Notas by die bespreking van The Hare with Amber Eyes

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s