Notas by die bespreking van Elegance of the hedgehog

The Elegance of the Hedgehog

Deur Muriel Barbery

Die Storie

“The Elegance of the Hedgehog” fokus op twee super-slim, super-eensame vroulike karakters – wat beide groot moeite doen om hulle ryk innerlike lewe van ander weg te steek en geheim te hou – en die onwaarskynlike vriendskap wat tussen hulle groei.

Renée Michel is ‘n kort, stewige en vaal, 54-jaar-oue concierge (opsigter) (“arm, onopgevoed en onbelangrik”) van ‘n klein en eksklusiewe Parys woonstelgebou. Die handjievol huurders sluit in ‘n beroemde restaurant kritikus, hoë regeringsamptenare en lede van die ou adel. Elke dag beweeg die inwoners deur die voorportaal van die gebou verby die woonstel van Madame Michel en tensy hulle iets van haar wil hê, sal hul skaars agterkom dat sy lewe. Renée Michel verkies dit so, maar sy is veel dieper as wat op die oppervlak sigbaar is.

Paloma Josse woon ook in die gebou. Sy is ‘n skerpsinnige, intelligente 12-jarige tiener (“My ouers is ryk , my familie is ryk en my suster en ek is dus so goed soos ryk “) wat geneig is tot baie introspeksies en selfwaarnemings. Sy beskou die wêreld as absurd en skryf haar waarnemings in haar dagboek aan. Sy sien neer op haar bevoorregte bestaan, asook haar ouer suster Colombe (wat studeer by die École Normale Supérieure), en haar welgestelde ouers, veral haar plant-obsessiewe ma. Nadat sy die lewe soos sy dit waarneem deeglike oordink het, het Paloma in die geheim besluit om selfmoord te pleeg op haar 13de verjaarsdag, want die lewe is nie die moeite werd nie.

Hierdie twee karakters nl. Renee en Paloma vorm die dubbele verhaal van die Elegance van die Hedgehog.

Dit is ‘n tipies Franse roman: teerhartig en satiriese oor die algemeen, maar baie boeiende as gevolg van die temas oor die aard van skoonheid en kuns, die betekenis van die lewe en die dood. Buite konteks, kan Madame Michel se oordenkinge soms aansitterig klink, maar oor die algemeen kry Babery dit reg om ons te laat glo in hierdie twee ongelooflike karakters.

Ongelooflik? As ons begin met Madame Michel, wat voorgehou word as ‘n stereotipe van die Paryse concierge of opsigter. Ten spyte van haar voorkoms en uiterlike maniere, beskik sy oor’n baie intelligente verstand en is ‘n toonbeeld van verfyning en kultivering. Sy is lief vir Mozart (en speurder skrywer Michael Connelly), beskou Purcell se “When I am Laid in earth” (van die opera “Dido en Aeneas”) as “die mooiste musiek vir die menslike stem” in die wêreld. Sy kan gemaklik aanhaal uit Marx se Theses on Feuerbach (“Whosoever sows desire harvests oppression“), Het die filosofie van Husserl bestudeer en verwerp, sy gril by die aanhoor van slordige taal. Sy beoefen selfs die Japannese tee seremonie in haar private agterkamer. Sy is ‘n persoon van ondergeskikte klas, het skool op die ouderdom van 12 verlaat, en is tog meer gekultiveerd en fyner opgevoed as die meeste mense om haar. Tog is haar innerlike lewe baie privaat en versteek vir haar werkgewers. Gedurende die dag dra sy die masker van ‘n ongeletterde eenvoudige mens soos wat die buitewereld van haar verwag. Maar hoekom?

“Ek was ‘n kind van niks. Ek het nie skoonheid of sjarme gehad nie, ook nie ‘n verlede of ambisieuse toekoms nie. Daar was net een ding wat ek wou hê … en dit is om alleen gelaat te wees, sonder enige eise aan my as persoon. Sodoende kon sy vir ‘n paar oomblikke elke dag toegelaat word om haar honger te sus. ” p38.( Vry vertaal)

‘n Honger, vir boeke, kuns, musiek en om dinge te oordink.  So het sy aanvanklik in die boek vertel. Maar daar is ander, meer emosionele redes vir Madame Michel se onttrekking van ander, en byna almal van die redes het ontstaan as gevolg van die groot kloof tussen verskillende kulturele klasse. Stand en klasseverskil speel ‘n baie groot rol in die boek.

Sy het haar oorlede man, Lucien, in die woonstel versorg, totdat hy siek geword het em ook tot sy dood.

“To rich people it must seem that the ordinary little people – perhaps because their lives are more rarified, deprived of the oxygen of money and savoir-faire – exoerience human emotions with less intensity and greater indifference. Since we were concierges, it was a given that death for us must be a matter of course, whereas for our privileged neighbors it carried all the weight of injustice and drama. The death of a concierge leaves a slight indentation on everyday life, and belongs to a biological certainty that has nothing tragic about is and, for the apartment owners who encountered him every day in the stairs or at the door to our lodge ,,Lucien was a non-entity who was merely returning to a nothingness from which he had never fully emerged, a creature who, because he had lived only half a life, with neither luxury nor artifice, must at the moment of his deatn have felt no more than half a shudder of revolt. The fact that we might be going through hell like any other human being, or that our hearts might be filling with rage as Lucien’s suffering ravaged our lives, or that we might be slowly going to pieces inside, in the torment of fear and horror that death inspires in everyone, did not cross the mind of anyone on these premises.” p70

Soos julle kan hoor skryf Madame Michel in ‘n baie formele prosa, maar haar estetiese smake is verbasend eklekties. Sy is aangetrokke tot die eenvoud van die Japannese. Tot daardie vlugtige en verbygaande oomblikke in die verloop van tyd wanneer ons skoonheid raaksien. Sy is nie snob nie en vertel ons dat enigiemand wat die kuns van storievertel wil verstaan, moet die film “The Hunt for Red October ” bestudeer.

Baie van die eerste deel van Barbery se roman vertel bloot van die alledaaglikse lewe in die woonstelgebou, soos dit waargeneem word deur óf Madame Michel óf Paloma en ons leer die inwonders deur hulle ken. Ook leer ons vir Manuela, die Portugese skoonmaker, ken as Renee se enigste vriendin. Ook sy is meer as wat sy op die oog af wil voorgee. Renee waardeer haar vriendskap en sê op ‘n stadium: “As mens net een vriendin maak, moet jy baie seker maak dat dit ‘n goeie een is”

Die 12-jarige Paloma behoort tot ‘n groep gesofistikeerde Franse kinders, en sy kan met gemak allerhande skerp gesegtes en aanhalings gebruik om te wys dat sy nie soos die gewone kinders is nie. bv. “Its a really weird way of looking at life to want to become an adult by imitating everything that is most catastrophic about adulthood”

Paloma is eintlik nog ‘n kind en haar intelligensie is ‘n las wat sy moet dra. Sy is, soos sy self sê; “exceptionally intelligent”.

It’s a tough life:

“Even now, if you look at children my age, there’s an abyss. And since I don’t really want to stand out, and since intelligence is very highly rated in my family — an exceptionally gifted child would never have a moment’s peace — I try to scale back my performance at school, but even so I always come first. You might think that to pretend to be simply of average intelligence when you are twelve years old like me and have the level of a senior in college is easy. Well, not at all. It really takes an effort to appear stupider than you are.” P.18-19.

Sy is egter bereid om die moeite te doen omdat dit nog steeds beter is as die alternatief. Ten minste kan sy plesier kry daaruit om planne vir haar toekoms te maak. So besluit sy dan ook om op haar 13de verjaarsdag, die 16 de Junie, ‘n einde aan haar lewe te maak. Sy wil eers haar ouers se woonstel aan die brand steek (nadat sy seker is dat daar niemand tuis is nie) en dan wil sy selfmoord pleeg. Die volwassenes rondom haar het so ‘n swak voorbeeld gestel.

Die probleem is dat kinders alles glo wat grootmense vertel en wanneer hulle self grootmense word, neem hulle wraak deur hul eie kinders te mislei. Die universele leuen wat almal veronderstel is om te glo is: “Life has meaning and we grownups know what it is” P.18  maar sodra jy self ‘n grootmens word besef jy dit is nie waar nie, maar dan is dit te laat.

Maar halfpad deur die Elegance van die Hedgehog, word die lewens van Paloma en Madame Michel onverwags verander. ‘n Japannese man met die naam Kakuro OZU koop ‘n vakante woonstel. Alhoewel duidelik ryk, is hy ook geweldig beleefd en uitgeslape, en neem onmiddellik waar dat nóg die dogtertjie óf die concierge is wat hulle voorgee om te wees.

Kort voor lank, begin Monsieur OZU ‘n paar toetse in die geheim doen om meer te ontdek oor hul geheime lewe. Toe hy en Paloma eenkeer in die hyser vassit bespreek hulle Madame Michel en Paloma sê toe die volgende van haar:

“Madame Michel has the elegance of the hedgehog: on the outside she is covered in quills, a real fortress, but my gut feeling is that on the inside, she has the same simple refinement as the hedgehog: a deceptively indolent(traag,lui) little creature, fiercely solitary – and terribly elegant.” P.139

En dit lei tot gebeure wat wissel van die komiese na die ontroerende en die hartverskeurende. Madame Michel, in die besonder, begin verward raak. Miskien wil sy nie méér van die lewe hê, as net boeke, musiek en video’s nie.

“Human longing! We cannot cease desiring, and this is our glory, and our doom. Desire! it carries us and crucifies us, delivers us every new day to a battlefield where, on the eve, the battle was lost.”p.199

Uiteindelik besef die huiwerende concierge dat sy die vreeslike onsekerheid van ‘n oomblik se oorgawe moet waag. Paloma het ons reeds voorberei vir hierdie sprong, toe sy in een van haar joernaal inskrywings oor “kairos”, ‘n Griekse konsep wat vry vertaal beteken “die regte oomblik,” geskryf het.  Kairos is iets soos die aanvoeling van die oomblik. Renee laat toe dat sy verlei word om ‘n vriendskap met Kakuru Ozu te begin. Hulle deel ‘n belangstelling in die waardering van skoonheid. So sien sy met die instap in sy woonstel ‘n ongelooflike afdruk van  Pieter Claesz, Sewentiende eeuse Vlaamse kunstenaar. P194

This is the situation: here am I, Renee, fifty-four years of age, with bunions on my feet, born in a bog and bound to remain there; here am I going to dinner at the home of a wealthy Japanese man…

..here am I Renee, intimidated and frightened to my innermost core, and acutely aware of the inappropiateness and blasphemous nature of my presencce here that I could faint..

Only the splendours of Art can explain why the awareness of my unworthiness has suddenly been eclipsed by an aesthetic blackout.” P194

Die boek is vol humor. Een keer neem Madame Josse vir Paloma na ‘n chic Paryse terapeut om haar te raadpleeg oor haar dogtertjie se “geheimsinnigheid.” Uiteindelik, alleen gelaat met die dokter, stel Paloma haar saak openlik teenoor hom:

“Listen carefully, Mr. Permafrost Psychologist, you and I are going to strike a little bargain. You’re going to leave me alone and in exchange I won’t wreck your little trade in human suffering by spreading nasty rumors about you among the Parisian political and business elite.  And believe me — at least if you say you can tell just how intelligent I am — I am fully capable of doing this.” P.205

Tot Paloma se verbasing werk haar dreigement.

Op een punt vra Madame Michel haarself, “Wat is die doel van intelligensie as dit nie is om ander te dien nie?”

The only thing that matters is your intention: are you elevating thought and contributing to the common good…” p.248

Wat wel? Die intelligente Muriel Barbery het ons goed gedien deur vir ons die effens satiriese, baie oortuigende en bittersoet The Elegance of the Hedgehog te gee.

————————————————————————————————

“If the book we are reading does not wake us, as with a fist hammering on our skull, why then do we read it? Good God, we would also be happy if we had no books, and such books as make us happy we could, if need be, write ourselves. But what we must have are those books which come upon us like ill-fortune, and distress us deeply, like the death of one we love better than ourselves, like suicide. A book must be and ice-axe to break the sea frozen inside us.”

FRANZ KAFKA

“A novel worth reading is an education of the heart. It enlarges your sense of human possibilities, of what human nature is”

SUSAN SONTAG

Biografie

Barbery studied at the Lycée Lakanal , entered the École Normale Supérieure de Fontenay-Saint-Cloud in 1990 and obtained her agrégation in philosophy in 1993. She then taught philosophy at the Université de Bourgogne , in a lycée , and at the Saint-Lô IUFM (teacher training college).Muriel Barbery (gebore 28 Mei 1969 in Casablanca , Marokko ) is ‘n Franse romanskrywer en professor in filosofie .

Barbery studeer aan die Lycee Lakanal , het die École Normale Supérieure de Fontenay-Saint-Cloud in 1990 en het haar agrégation in filosofie in 1993. Sy het toe by die Université de Bourgogne en by onderwyser opleidingskollege filosofie gedoseer.

Her novel L’Élégance du hérisson (translated into English by Alison Anderson as The Elegance of the Hedgehog ) topped the French best-seller lists for 30 consecutive weeks [ 1 ] and was reprinted 50 times. Haar roman L’elegansie du hérisson (deur Alison Anderson in Engels vertaal 2009)  was bo-aan die Franse blits verkoper lys vir 30 agtereenvolgende weke en is 50 keer herdruk. By May 2008 it had sold more than a million copies. [ 2 ] It has been a bestseller in France, Italy, Germany, Spain, South Korea, and in many other countries. It concerns the inhabitants of a small upper-class Paris apartment block, notably its crypto-intellectual concierge , Renée. In Frankryk is al meer as ‘n miljoen en ‘n half boeke verkoop, 800,000 in Italië en 170,000 kopieë in die VSA. Dit is in 2008 in Engels gepubliseer en was vyf maande op die New York Times bestseller lys. Dit is ook al in 31 tale vertaal. Wêreldwyd is daar al 5 miljoen kopiee gedruk.

Die Elegance of the Hedgehog is ook verfilm genaamd Le hérisson (in Engels Die Hedgehog ), onder regie van Mona Achache. It was released in 2009. Dit was vrygestel in 2009.

An Interview with Muriel Barbery by Viviana Musumeci, April 15 2008Onderhoud Muriel Barbery deur Viviana Musumeci, 15 April 2008

Voordat die literêre sensasie in 2006 gepubliseer is, het Barbery Une Gourmandise (Gourmet Rhapsody)geskryf 2006, ‘n roman wat met die Bacchus-BSN prys bekroon is. Sy het met haar tweede boek verskeie pryse in Frankryk gewen.Die skrywer van hierdie meesterstuk, Muriel Barbery, was omtrent nege en dertig jaar oud op daardie staduim.

Verrassing, ongeloof en vreugde! Toe die boek die eerste keer in Frankryk gepubliseer is, in September 2006, het sy gedink dat niemand dit sou lees nie en sy het haar gereed gemaak om iets anders te soek om haar mee besig te hou behalwe klas gee. Die feit dat die boek in mense se smaak geval het en ook buite Frankryk populêr was, het haar verbaas. Sy verstaan nog nie heeltemal wat gebeur het nie. Sy is ongelooflik gelukkig oor hierdie onverwagte gebeure. Hierdie sukses het haar toegelaat om ‘n paar van haar drome te verwesenlik nl om in Japan te kan woon en in staat te wees om voltyds te skryf.

Sy dink nie aan die toekomstige lesers terwyl sy skryf nie, Skryf is vir haar ‘n intieme, amper geheime aktiwiteit. Sy volg net haar eie gevoelens en begeertes. Die ervaring van   publikasie is so vreemd en ingewikkeld. Sy is baie gelukkig om gelees te word, maar terselfdertyd is die wete dat haar boeke gelees word, soms frustrerend en ongemaklik vir haar.

Renee se passies en belangstellings is ook grootliks haar eie. Haar karakters is tegelyk naby en ook ver. OZU se passie vir teater, die liefde vir Vlaamse kuns, die soektog na skoonheid, ‘n irritasie met enige vorm van akademiese denke, en ‘n liefde vir Russiese skrywers is alles deel van haar eie passies.

Sy was geïnspireer deur die idee van ‘n teruggetrokke, outodidaktiese concierge wat stereotipes minag en terselfder tyd baie snaaks(komies) is. Sy was nie geïnteresseerd om ‘n sprokie oor ‘n soort concierge en ‘n pragtige kind te skryf nie. Sy wou met ‘n ligte aanslag temas aanraak wat tragies, absurd maar realisties is. Sy wou die aard van  twee mense wat albei eensaam en alleen is maar uiteindelik mekaar vind, verken. Beide is op soek na skoonheid. Die jong meisie is daarvan oortuig dat dit lê in broos, verbygaande dinge. Sy soek daarvoor in beweging. En sy vind dit. Miskien selfs tydens ‘n rugbywedstryd, in die hipnotiese bewegings van ‘n Maori-rugbyspeler.p35

 Stephane, Muriel se man het die titel voorgestel. Sy het hom ontmoet toe sy 23 was, en hy het haar aangemoedig om te publiseer. Sy dra die boek aan hom op omdat sy sê dat hy ‘n baie groot rol gespeel het en sy krediteer hom vir sy vermoeё as ‘n uitstekende eerste leser.

Eers was net Renee in die storie en Paloma het ‘n bietjie later te voorskyn gekom. Haar  man (en die eerste leser) het die karakter interessant gevind en het voorgestel dat sy haar ‘n stem gee. Vir meer as twee honderd bladsye was daar ‘n enkele stem, dié van Renée. Toe het Paloma na vore gekom. Ten slotte het sy amper die boek klaar met behulp van die tegniek van afwisselende stemme geskryf. Slegs ‘n paar hoofstukke aan die einde het beide karakters gelyktydig begin praat.

Muriel Barberry

Muriel Barberry

Baie dinge het sedertdien verander in haar lewe, maar die belangrikee dinge het nie. Haar doelwitte, drome, vriende en smaak het nie verander nie. Die sukses van die boek  het  hulle in staat gestel om hulle  jare lange droom te verwesenlik, om in Japan, in Kyoto te kan woon. Beide sy en haar man is lank reeds liefhebbers van die Japannese kultuur en sedert hul verhuis het na Kyoto, ‘n stad waarop hul halsoorkop verlief is, is hul gevoelens vir hierdie land nog sterker. Hul bekoring het begin as ‘n estetiese een, en het so gebly. Hul is gefassineer deur die vermoë om suiwer skoonheid te skep, die soort wat jy sien in die stadige, soet weerklank van OZU se films, in die prag van die Japannese tuine, in die gesofistikeerdheid van ikebana … Hul is al meer as tien jaar onder hierdie bekoring.Stephane se liefde vir Japan het begin toe hy as seun ‘n plaat van Japanese fluitmusiek as geskenk gekry het en hy het toe verlief geraak op die Japanese kultuur. Hy het  beplan om vir ‘n jaar daar te gaan studeer, maar het verkies om by Barbery te bly, wat nie wou hê dat hy Frankryk moet verlaat nie. Sy aantrekkingskrag vir die kultuur, was aansteeklik, en toe Hedgehog dit moontlik gemaak het, het hulle verskuif na Japan, waar hulle al vir die afgelope paar jaar woon en waar Barbery aan haar derde roman skryf wat in Japan afspeel. Toestande is uiters gunstig vir kreatiwiteit waar hul nou woon. Sy sê hul lewe is soos ‘n droom.”

Sy sê eenvoudig van Hedgehog: “Ek het nie gedink iemand sou dit lees nie, nie in Frankryk nie, ook nie in Italië nie, en veral nie in die VSA nie. Ek kan dit nie glo nie, maar dit alles maak my baie gelukkig ”

Leeskring boekbespreking 28 Julie 2014 deur Hildegarde Malherbe

 

 

2 thoughts on “Notas by die bespreking van Elegance of the hedgehog

  1. Son sê:

    Ek het hierdie boek present gekry en nog nooit di emoeite gedoen om dit te probeer lees nie, maar nou gaan ek beslis. Dit klink BAIE interessant!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s