Die Seemeeu

Christiaan Olwage is vinnig besig om homself te vestig as een van my gunsteling filmmakers. Die Seemeeu is sosiale realisme op sy beste.

Hoewel ek nooit Anton Chekhov se teaterstuk The Seagull of die Afrikaanse verwerking daarvan op die verhoog gesien het nie, het die hele film ‘n gevoel van teater gehad, wat vir my die stuk baie besonders gemaak het. Normaalweg word ek eerder afgeskakel as akteurs in plaaslike flieks meer teatraal optree waar meer subtiele spel eerder sou werk, het dit in Die Seemeeu bygedra om die karakters se ontevredenheid met hulself en hul lewe uit te beeld. Die lewe is immers self ‘n teaterstuk .

Niemand is tevrede met hul lewens nie en nie een van hulle weet hoe om gelukkig te wees nie. Elkeen is so vasgevang in hul begeerte na iets – liefde, sukses, artistieke genialiteit – dat dit vir hulle heeltemal onmoontlik is om hulle eie kwaliteite te waardeer.

Alhoewel Chekhov se stuk oor die Russiese aristokrasie gehandel het, het die essensie en problematiek van menswees absoluut behoue gebly in die lewe van ‘n uiteenlopende groep mense in die 1990’s – ‘n klomp selfsugtige, egoïstiese mense wat mekaar beskuldig dat hulle aandagvrate is, wat hulleself swak gedra. Daarenteen is daar die arme Simon en ook Paulina met hulle goeie harte, waarvan niemand notisie neem nie.

Alhoewel ek self ‘n kenner en gebruiker van matroostaal is, was hierdie vir my oordrewe tot op ‘n punt dat dit die kragtigheid daarvan verloor het.

Wat my getref het is dat dit heeltyd gevoel het of dit teater binne teater, ‘n storie binne ‘n storie is. Mense wat kunsflieks waardeer, sal hiervan hou.

“Float like a seagull, sting like a diva.”
– Stephen ‘Spling’ Aspeling

3994_2_5_1551094986

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s