Sex, Lies and Stellenbosch, deur Eva Mazza

Sex, Lies & StellenboschSex, Lies & Stellenbosch by Eva Mazza

My rating: 3 of 5 stars

Watter skades en skandes gaan agter die geslote deure van die rykes en beroemdes van die miljoenêrs van Stellenbosch aan? Hierdie boek word op Amazon en Goodreads bemark, gebaseer op ware gebeure, geskryf as fiksie. Wat is die waarheid en wat is fiksie oor die sekslewe van die superrykes? Dit is veronderstel om as fiksie geskryf te word om die onskuldiges te beskerm, maar op een of ander manier twyfel ek daaraan. Mense wat in daardie liga werk, sou oraloor in die koerante wees as dinge was soos in die boek. Was dit net ‘n bemarkingsfoefie?

Eva Mazza het hierdie boek geskryf oor die lewens van ‘n groep vriende. Aanvanklik het dit my regtig verveel en ek het gedink ek sal net ver genoeg lees om my tweester-resensie te motiveer, dit was net te veel “telling” en nie genoeg “showing” nie, met hopeloos te veel uitroeptekens. Die verteller het ook die stem van die karakters aangeneem, byvoorbeeld wanneer hy vertel dat John vir John-John weer in sy broek gesit het. Op een plek was Frankie en Patty omgeruil en elders was Jen weer Patty. So iets versteur my leesritme as ek moet uitreken wie is nou aan die worrd.

Ongeveer ‘n derde deur die boek het ek nuuskierig geraak oor wie “doen” wie en waarom. Die skryfwerk self was egter nooit goed genoeg om iets op my Kindle te merk nie. Die tema is bloot rondspyker, wellus en ‘n verneukery.

Halfpad deur het ek drie sterre oorweeg. Die karakters kry hul eie persoonlikhede deur hul optrede, in plaas daarvan dat die skrywer ons vertel wie hulle is.

Die boek het daarna my aandag daar gehou tot aan die einde toe Jen en John uiteindelik kry wat albei verdien. Die karakters het almal stadig ontwikkel, maar na die einde toe spoed opgetel.

‘n Soliede drie sterre.

View all my reviews

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s