Resensie – Die Engel en die Bont Bees deur Johnita le Roux

Die Engel en die Bont Bees van Johnita le Roux , uitgegee deur Umuzi, is ‘n literêre skat, so gladgespoel en verborge in die wêreld van Afrikaanse letterkunde soos die edelstene in die spoelgate van die Oranjerivier onderkant die Augrabies, wat so ‘n groot rol speel in hierdie boek.Dit vertel ‘n verhaal van die joernalis, hoe Susara se lewe met dié van Magrieta Malgas vervleg en dit word ’n reis waar jy meegesleur word, jy vaar saam deur die koel dieptes van die rivier, jy voel hoe stormwater opbou en dan is daar weer ‘n onveragte kabbeling.

Soos die suurdeegplantjie wat aangegee is oor geslagte heen, rys die rivier ook oor sy walle en is daar ook die doeksagte velsakkie met kosbare stene. Dit volg geslagte van ontheemdes, maar deur alles loop ‘n draad van hoop dat die engel sal opdaag, net soos die een wat die skillerbont beeste gestuur het om die ontvoerde Klein-Lit los te koop.

Vloeke teer op vernielde mense. Wanneer jy stukkend is, ruik die aasdiere jou bloed.

Ons leer dat om kreupel te wees baie vorme kan aanneem, maar daar is altyd die moontlikheid om jou koggelaar vanuit jou eie krukke te bespring. Die ou wrokke en skuldgevoelens deur al die familielyne, het my verbyster. Ook daar kom dan ‘n engel tot redding, al is dit in die vorm van ‘n bietjie koestering van ‘n man se kop in die benerige skoot van die vrou wat hy ironies genoeg, gered het.Die impak van hebsug deur die eeue word gestel teenoor die waarde wat inheemse bevolkingsgroepe soos Magrieta Malgas en oom Nanu Karse se voorvaders aan aardse voorwerpe soos die diamante geheg het, wat ‘n mens laat nadink oor jou eie waardes, gesien teen ‘n geskiedkundige agtergrond.Die taalgebruik is verbeeldingryk en verrykend, die navorsing uitstekend. Die skrywer gebruik ‘n eiesoortige Afrikaans uit monde van die Trans-Gariep karakters, op ‘n baie toeganklike manier. Dit is ‘n moeilike lees, niks word vir jou met ‘n teelepel ingegee nie. Die verhaal daag jou uit. Die halwe ster wat ek sou aftrek om dit vier en ‘n half te maak, is omdat dit soms onsamehangend lees, veral vir die leser wat nog nie vertroud is met die verhaal nie. Omdat dit ‘n herlees verg, gee ek vyf. Hierdie is ‘n boek wat meer aandag verdien as wat dit gekry het.

Kliek op die Voorblad om die eerste 10% gratis te lees.

One thought on “Resensie – Die Engel en die Bont Bees deur Johnita le Roux

  1. Mareli Thalwitzer says:

    Hallo Trisa! Ons het al ‘n paar keer gesels op Lekkerlees Boekrak op Facebook.

    En hier kom ek sommer op jou boeke blog af! Dankie tog… Ek soek mense wat kan saamgesels oor Afrikaanse boeke op die blogging platform.

    Ek het so 3 maande terug weer begin blog en besluit die keer wil ek meer Afrikaans ook doen. Ek skryf eintlik meestal in Engels. Dit is maar die maklikste om verkeer op te bou op die blog. Maar probeer regtig meer aandag aan Afrikaans ook gee. Ek skryf ook maar net oor boeke. En my kat. Eintlik is my kat die “stem” van my blog. Sommer bietjie pret.

    Maar in elk geval….. Ek het nog nooit van Die Engel en die bont bees gehoor nie. Dit klink egter na ‘n pragtige boek! En jou resensie is pragtig.

    Ek gaan jou sommer nou op my blogroll sit, ek is wel op blogger (dit werk net regtig vir my makliker as wordpress en jy kan meer speel).

    Hier is ‘n skakel na my blog toe. Lekker kuier!

    Elza Reads

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s