Dr Dan Sleigh in Kleinmond

Die veelbekroonde skrywer van Eilande, Afstande en Wals met Matilda, Dan Sleigh, het Maandag met Kleinmond Leeskring by die Gereformeerde Kerk kom gesels oor die storie agter die storie van die storie binne die storie van Wals met Matilda.

Wals met Matilda was die wenner van Sanlam se Groot Romanwedstryd. Sy Eilande en Afstande is historiese romans met ewe veel liefhebbers as kritici, maar Wals met Matilda is ’n meer eietydse roman oor ’n dans met die lewe en die dood. Die boek bied ’n satiriese kyk na mense en verskynsels: skrywers, uitgewers, koerante, die radio, die skole, politici. Kortom, daar word satiries gekyk na die hele Suid-Afrikaanse samelewing, met spesifieke verwysing na die vervlakking en verbastering van taalgebruik, en veral die verval van Afrikaans. Die rol van taal wat gesnesing kan bring word ook aangespreek.

Dr Sleigh het die gehoor nie net as skrywer nie, maar ook as historikus bekoor – veral met sy vertellings van die geskiedkundige feite rondom die geskiedenis van skaapboerdery in Suid-Afrika, wat deel van die storielyn vorm.

Wat ’n voorreg was dit nie om na hierdie grootse figuur in ons letterkunde te kon luister nie.

Dan Sleigh by Kleinmond Leeskring

Dan Sleigh by Kleinmond Leeskring

Leave a comment