Notas by die bespreking van Die twee lewens van Dieter Ondracek – Andre Kruger

Die twee lewens van Dieter Ondracek

Andre Kruger

  1. ALGEMEEN
    • KATEGORIE
    • VOORBLAD
    • TITEL
  2. TOEKENNINGS
  3. SKRYWER
  4. KARAKTERS
  5. TEMAS
    • Vlg VOORBLAD
    • Vlg SKRYWER
    • Vlg VRAE WAT BOEK AAN LESER STEL
  6. KRITIEK
  7. UNIEKE BYDRAE
  8. AFSLUITING – INSETTE SLAGOFFERS, KENNERS EN LESERS

INLEIDING:

Goeiemiddag

Op hierdie pragtige Herfsmiddag bespreek ons ‘n boek wat handel oor een van die afskuwelikste, skokkendste, tragieste mens-op-mens vergrype in die wereld geskiedenis – nl die Tweede Wereldoorlog en die sg Holocaust

Dit is vanjaar die 70ste herdenking van die ontsetting van die Jode uit die uitwissingskampe, waarvan Auschwitz, op die 27ste Januarie1945, die eerste was. Die media fotos en artikels, soos die oor Auschwitz en Henia Bryer in die voorportaal, het ons geskud

Na skatting het die Duitsers: 6,5 mil Jode, waarvan 1miljoen kinders was; 1 mil Sigeuners; 250,000 gestremdes en 9,000 Homoseksueles uitgewis

Tot 500,000 mense het aktief meegewerk aan die Holocaust; ong 42,500 fasiliteite is gebruik; 20,000 spoorwegwerkers het geweet hul pleeg massamoord, maar is nie vervolg nie

Die totale oorlog ongevalle: tussen 50 – 80 mil

Die fisiese en psigiese lyding: onmeetbaar

Dit is voorwaar ‘n boek wat indringende vrae aan elk van ons vra

  1. ALGEMEEN
    • KATEGORIE:

Die roman word beskryf as

Debuut-; “lekker-lees”-; geskiedkundige- en filosofiese-roman; asook spannings – en liefdes-verhaal)

(Inset: gaan nie spesifiek verwysings gee; bronne gebruik sluit in: Resensies van Karen Cattell, Johan Coetser, Joan Hambidge en Marius Visser, asook verskeie boeke en artikels, en beste prof Google )

Resensente sê die vlg: ‘n Lekkerlees roman en literêre prestasie

Sou nie sê dis ‘n debuut

Iets ongewoons: toeganklike prosa en letterkunde, spanningsverhaal en filosofiese roman, veelvlakkig en eenduidig

  • VOORBLAD:

Die vlg kom o.a. voor: ‘n trein; die Nazi embleem; ‘n vroueprofiel en die stelling: “in ‘n tyd van onreg en geweld bly niemand onaangeraak nie”

1.3 TITEL:

Die woorde: twee lewens dui op’n dualiteit wat voortdurend merkbaar is, bv in

Liefde vir self teenoor ander,

Persone: normaalweg teenoor in druksituasies,

Deelname en aanspreeklikheid

  1. TOEKENNINGS:

2008: Genomineer vir ‘n prys vir ongepubliseerde werk (Aanvanklik in Engels geskryf)

2012: Op kortlys vir ATKV Veertjies

2013: Wenner Univ v Jhb se Debuutprys in skeppende skryfwerk

  1. DIE SKRYWER: ANDRE KRUGER:

Gebore in Jhb op 6 Des 1963 Matrikuleer aan Hoërskool Florida in 1981

Studeer daarna aan die leerskool van die lewe deur te werk as teaterplekaanwyser, vertaler, ontvangspersoon en verkoopsman. In “ ‘n uitgerekte, verbete poging om die lewe te ontduik, (1989 – 1996) word hy ‘n kwasi-professionele student” en behaal 4 grade by RAU nl BA Regte, BA Hons en MA in Filosofie; asook B Proc

Hy bieg dat die M-graad in Filos hom laat huppel het terwyl die regsgrade hom laat ween het

Ten spyte daarvan word hy in 1999 toegelaat as prok en praktiseer tot 2005 tot die “malligheid “ hom verlaat en hy tot die boekbedryf toetree

Tans woon hy in Pretoria en beskryf homself as kieskeurige boekhandelaar wat allerlei tipes verkoop solank hul van papier gemaak is Sy skryfwerk doen hy vroegogg en wanneer hy kans kry

Alhoewel hy debuteer op ouderdom 49, kom die proses al sy lewe lank Hy is lief vir gesk, lees geweldig baie en kyk baie nuus en dokumentêre programme Sy inspirasie spruit hieruit

Hy dink dit is wonderlik om genomineer te word en om ‘n prys te wen gee baie blootstelling

(Sy vlg manuskrip was in 2013 reeds gereed – gepubliseer 2015)

 

 

 

  1. KARAKTERS:
  2. Dieter Ondracek/Gerhard Weber:

Andre Kruger beskryf Dieter as ‘n tipe anti-held; hy is nie’n gawe ou nie en doen verfoeilike dinge. Dit is egter belangrik dat die leser hom nie verwerp nie, maar met hom identifiseer

Dieter is’n begaafde skoolkind en uitnemende student. Hy hou van wiskunde, logika en stoomlokomotiewe; noem hulle sy “vlamdiere” Hy is nie soos ander mense (p19) Hy hou ook van boeke, horlosies en musiek: “steeds is die lied van yster en stoom in sy kop”(p23) “Horlosies gee hom baie plesier, sulke sistematiek, sulke noukeurigheid maak vir hom sin. Mense is inherent feilbaar, masjiene so perfek as wat onvolmaakte mense dit kan maak” (p208)

Nav die fasciste se pogings om hom te werf: “Sy lewe is ‘n horlosie wat hy opgewen het, wat afgemete aantik na sy toekoms toe. Niks mag dit ontspoor nie” (p40)

Hy het ‘n naiewe begrip van menseverhoudings

Omdat hy sukkel om mense te verstaan, bestudeer hy die wat hy mee in aanraking kom, sodat hy kan doen en reageer soos hulle – “’n heel aanvaarbare teoretiese raamwerk om die lewe mee te benader “ (p22) Wanneer hy begin werk, lê hy hom op take toe en meng nie met sy kollegas. Hy vermoed ander vind hom koud en afsydig Sy houding maak kollegas ongemaklik (p57)

Selfs oor die aantreklike, wêreldwyse student wat hom “toevallig” ontmoet en begin jag, het hy nie eers ‘n snuffie nie Hy geniet net hul samesyn en haar aandag

Sy word sy alles en haar verraad, haar liefde vir ‘n Nazi, verpletter sy wêreld. Al wat hom nie in die steek laat nie, is sy vlamdiere

Dieter gradueer as spoorwegingenieur en gaan agv harde werk en toewyding vining vooruit. Reeds vanaf studentedae is daar druk op hom om sy plig te doen en by die Nazi party aan te sluit. Hy weier aanvanklik, maar die druk word al sterker. Na Sabine se verraad, besluit hy om ‘n hoë pos in die SS te aanvaar. Sy redes: (p120) 1. Om in beheer v/d hele spoorwegsisteem te wees, is sy lewensdroom 2. Om te weier is lewensgevaarlik 3. Om “oor te gee” aangesien sy idees ineengestort het. As hy bevele gehoorsaam , sal hy nie self hoef te dink nie, nie verantwoordelikheid vir sy dade hoef te aanvaar nie 4. Hy sal een v/d elite wees en hy sal mag hê, sterk wees

In SA bly hy ook die buitestaander, die huurder en loseerder, die een wat op die rand lewe (p220) Ironies werk hy aanvanklik weer as ‘n stoker – ‘n soort fisiese boetedoening. Hy wil ook nie by die blanke werkersvakbond aansluit nie – wil nie weer by die spel van mag betrokke raak nie Hy begeef hom wel in ‘n intieme verhouding met Magda, wat, hoewel dit ook tragies eindig, hom geluk en vervulling besorg

Ten laaste laat sy vlamdiere hom ook in die steek. Na die treinuitwissing gaan kyk hy na die eerste mens op wie hy geskiet het. Hy soek iets spesiaals wat die man dalk sal anders maak as die ander wat dood is. Dit is verniet; hy is maar net ‘n gewone man, nes soveel andere (p138 en agterblad)

By die hofsaak na die treinongeluk in SA, word hy vrygespreek van aandadigheid, maar ‘n koerantfoto lei tot die konfrontasie met Wolff en die ewige gevangeneskap

  1. B) SABINE :

Die aantreklike, selfversekerde, intelligente, wêreldwyse mediese student wat die leser nooit werklik leer ken nie, tsv haar uitsprake oor haarself Bv:

As kind het sy ervaar; haar beeld in die spiëel was nie sy nie; in haar kop het sy vir haarself anders gelyk (p33)

“My mond en verstand werk nie altyd glad saam – dis een van daardie liggaam-en-verstand tweeledigheidsprobleme (p29) Ek het ‘n behoefte om deur ander benodig te word. Ek is op my beste as ander op my staatmaak (p32) Ek is ‘n intelligente en vaardige vrou” (p59)

Sy bly egter geheimsinnig: die student het besondere kennis en insae in die politiek van die tyd; sy is gemaklik met opera, argitektuur en die goeie lewe; sy beweeg in hoë sosiale kringe; sy het pragtige klere en daag selfs met ‘n indrukwekkende DKW by Dieter op!

Met die verloop van die oorlog verander sy: sy word stil en afgetrokke As deskundige met veloorplantings en rekon struktiewe chirurgie (p102) werk sy hard en in tragiese omstandighede Sy beskerm haarself deur emosioneel te onttrek

Wat haar verhouding met Dieter betref: Sy ontmoet hom “toevallig” en jag die vaal student doelgerig. Sy lei hom ook: “Politiek is die plig en voorreg van elke landsburger (p31) Ons moet iets doen. Deur niks te sê of te doen nie, is ons net so skuldig soos die Nazis” (p65) Sy moedig Dieter gaandeweg al meer aan om by die party aan te sluit: “Offer jouself vir ‘n saak, dan kan jy dalk ‘n verskil maak” (p70)

Sy word Dieter se “alles”, maar wanneer hy haar vra om te trou, dring sy op eerder saamwoon aan Hoewel sy die Nazis verafsku, raak sy in ‘n verhouding met Wolff betrokke – dit is nogal moeilik om aan Dieter te verduidelik

By hul afskeid sê sy: ”Arme jy. Jy het gedink ek behoort aan jou Dit is nie waar nie, was nooit nie Jy sal nie verstaan nie Daar is so baie wat jy nooit sal weet nie” (p151)

Wolff openbaar laastens aan Dieter haar dubbele rol en Dieter dink: “Bes moontlik is Sabine die enigste een wat verstaan hoe die wêreld regtig werk. Sy het almal geklop, selfs die dood” (p364)

  1. C) WOLFF: (simboliese naam?)

Andre Kruger: Wolff is nie verpersoonliking v/d bose, maar van ‘n spesifieke vorm nl die manipulerende fanatikus

Hauptsturmfuhrer Kurt Wolff: ‘n forse man met blonde hare en ysblou oë; toring bo die geselskap uit. Die snit van sy swart uniform met die silwer blitse, is perfek. Hy is sjarmant, amusant, spot met homself en lag baie. Is ook ’n uitsonderlike dapper soldaat. Agv wonde wat hy tydens die inval in Pole opdoen, land hy in Sabine se hospitaal, waar hy met ‘n familielid van Himmler trou (ambisieus) en ‘n welluidende huweliksnag deurbring; met gereelde vorderingsverslae aan die verpleegsters! (selfgenoegsaam)

Dieter, wat Wolff nie kan verstaan nie, dink: Almal ken hom of wil hom ken, maar dit is asof Wolff twee mense is. Die een is vriendelik en innemend en vertel amusante stories. Die ander is ‘n fanatiese, berekende soldaat wat enige oomblik gewelddadig kan ontplof Hy lyk tot alles in staat: die goeie en die bose (p81)

Wanneer Wolff na die oorlog, as lid van ODESSA, Dieter in SA opspoor, bly hy steeds die meerdere. Hy dreig Dieter en eis sy geld vir sy eie verdere vlugtog. Hoewel desperaat, beledig hy steeds. Dit is juis sy verguising van Sabine wat Dieter se blindelingse geweldreaksie uitlok. Tog hou Wolff se wraak Dieter steeds gevange; hy bly sy Nemesis

  1. D) MAGDA (en KIETIE)

Magda van Niekerk, en haar dogtertjie Kietie, is die nuwe bure vanuit die Suid Vrystaat Sy is alleen in die stad, sonder man, en sy wil nie oor haar verlede praat nie Haar verskeie deugde word deur tannie Elna besing, maar haar bos blink blonde hare, eienaardige groen oë en slanke lyf, vang Dieter se aandag

Omdat sy by die Johannesburg se Algemene Hospitaal werk, bly Kietie middae by Elna hulle en dis hier waar Dieter die opgewekte, nuuskierige en bekkige dogtertjie ontmoet: “sy lewe verander op hierdie dag weer” (p180) Kietie, wat nie maklik aan mans vatplek kry nie, en Dieter bou ‘n besonderse verhouding

Met verdrag ontwikkel daar ook ‘n teer, innige en vervullende verhouding tussen Magda en Dieter

Dieter vind baie ooreenkomste tussen Magda en Sabine, maar ook baie verskille. Dit het te doen met die kennis van goed en kwaad. Magda het die aakligheid van die lewe ook ervaar, maar op ‘n manier het die goed in haar nie gesterf nie en die kwaad nie oorwin nie. Hy kan Magda verstaan, Sabine nooit (p227)

Oom Piet getuig van Magda en Kietie se opregte geluk saam met Dieter – hy kon dit in hul oë sien

Maar Magda is in werklikheid Mev Pretorius, wat vlug van haar uiters geweldadige man, Herklaas, wie mishandel en moor. Beide Magda en Kietie word vernietig wanneer Herklaas opdaag om sy vrou en dogter op te eis

5 TEMAS:

Die resensente verwys feitlik almal na: die digtheid van die teks en ‘n spektrum van temas wat diepgaande ontleed word

Joan H sê: die verhaal stu voort soos ‘n trein met verskillende waens waarin verskeie intellektuele kodes gelaai is

Ons rangskik dit in 3 afdelings: 1. Nav die Voorblad

  1. Andre Kruger se inspirasie en
  2. Vrae wat boek aan leser stel
  3. Voorblad
  4. Treine:

Kruger se sy persoonlike belangstelling het begin met die navorsing en nou is hy gefassineer deur veral stoomtreine. Intensiewe navorsing oor die totale spooropset in Duitsland, die groot rol daarvan in die Joodse kwessie, asook die infrastruktuur (lokomotiewe en roetes) en leefwêreld van die spoorwegwerkers in SA van destyds (bv die kondensator projek; blanke werkersvakbond; Mellvile as voorkeur woonarea) kom na vore

Die belangrikste wendinge is ook aan treine gekoppel:

Sy betrokkenheid by; asook sy magsposisie in die Naziparty en die SS, is agv sy besondere kundigheid met treine

Sy ontmoeting met Sabine vind op ‘n naweek rit plaas

Sy uitwissing van ‘n trein, en die skoot op ‘n man wat probeer ontsnap, lei tot persoonlike krisis en einde van 1ste lewe

“n Treinongeluk in SA lei tot groter krisis en einde van 2de lewe

  1. Nazi Embleem

Die “partei adler” bo die “swastika”

Vir Hitler was die simbole van Nazi Duitsland (teenoor die ou Weimar republiek s’n) baie belangrik vir die nuwe orde, trots en dissipline So het hy ook die SS (Schutzstaffel) gebruik as ‘n nuwe orde van manne “verhewe in rassuiwerheid en vermoë” Met hul swart uniforms en die silwer blitse, was hulle die nuwe aristokrasie

Onder leiding van Himmler is die SS uitgebrei tot die magtigste organisasie in die derde ryk Hulle het ‘n streng hiërargie gehad en absolute gehoorsaamheid. In Himmler se eie woorde: “SS-manne bevraagteken nie opdragte van die Führer nie, maar voer dit sonder huiwering uit”

Struktuur:

Himmler: Reichsführer – verantw vir “ Finale oplossing van Joodse kwessie” asook konsentrasie- en uitwissingskampe

Heidrich: een van sy adjudante – verantwoordelik vir “death squads”

Eichman: Obersturmbahnführer – verantwoordelik vir transportasie

Dieter (fiktief): Hauptsturmführer – verantwoordelik vir treinstelsel en vervoer

(Daar was werklik ‘n Himmler adjudant genaamd Karl Wolf )

Die SS het in die implementasie van die “Finale Oplossing” ongeveer 12 milj mense tot slawe gemaak, gemartel en vermoor

C Vroueprofiel

Op voorblad dof en in die agtergrond, amper soos watermerk – miskien dui dit op hul rol as argetipes

Maar hul is ook voortdurend op die agtergrond in Dieter se lewe Beide Sabine en Magda speel belangrike rolle as singewers ( beste vriend en beminde vir Dieter) maar ook as begeleiers na die hel

Beide is betrokke by belangrike wendings

D Die Titel en Dualiteit/tweeledigheid:

Dit kom voor in a) die organisasie v/d teks sowel as b) die tematiese struktuur

  1. Organisasie van teks:

Roman in 2 dele verdeel: Dieter O in Nazi Duitsland, voor en tydens die 2de Wêreld Oorlog

En Gerhard Weber – ‘n vlugteling in SA tydens apartheidsjare

Die 2 dele en 2 lewens het ook 2 eindes

Die 2de lewe word as die hede en as die raamverhaal gebruik deurdat teks daarmee begin en eindig

Die 1ste lewe/verlede vorm ‘n ingebedde verhaal tussenin

Die 1ste hoostuk, met die gepaste titel “Die horlosie gaan staan 1959” lei die tematiese dualisme in en is ‘n geslaagde inleiding tot beide raam- en ingebedde verhaal

Terselfdertyd lewe Gerhard in die 2de deel ‘n dubbele lewe – hy kan nie sy verlede ontken of vergeet nie

Hierdie dubbele lewe kom ook by ander karakters voor bv Sabine, Magda en Wolff

  1. Tematiese dualiteit:

2 aspekte: Identiteit konstruksie en dualistiese verhoudings

  • Hooftema: dekonstruksie en rekonstruksie van identiteit

Een (Said) definisie van identiteit: ‘n veranderlike konstruksie wat inherent histories is, maar die verlede voortdurend in die hede herdefinieer. Identiteitskonstruksies word dus deurentyd geskep en herskep om by die veranderende sosiopolitieke ruimte aan te pas

Die dualiteit van identiteit word reeds in die 1ste hoofstuk, ingelei: “die Dieter Ondracek wat in Gerhard Weber skuil, skrik” (p7) by die herontmoeting met Kurt Wolff

Ook gepaardgaande dualismes word ingelei: nl hede en verlede; lewe en dood (die 2 sleutel dualismes)

mag/gesag en magteloosheid; vryheid en vasgevangendheid; hoop en futiliteit

Wolff wys hom ook daarop dat name – ‘n merker van identiteit – kan verander, maar die persoon, die siel nie. In sy jongdae het Dieter gevoel hy is nie sy naam nie; dis bloot ‘n sosiale konvensie Aan die einde, verbind hy die einde van sy lewe met “die verdwyning van die name, ander name, sy eie name” (p366)

Wisseling in identiteit word ook aan lewe en dood verbind: Wolff merk op: ons is almal dood in die oorlog, maar sommiges het uit die dood opgestaan, soos Gerhard Weber,(p12) terwyl Gerhard aan Wolff dink as ‘n lewende dooie (p334)

Die oomblik wat die horlosie gaan staan (hede), staan sy verlede onontkenbaar voor hom

Hy besef die verlede gaan nooit weg nie (p10) Tog dink hy: Die verlede moet dood; mens is geregtig op nog ‘n kans, om uit vorige foute te leer (p17) Hy het gehoop sy nuwe lewe sal hom red, omdat dit beter en sterker as sy verlede is, so lig en helder dat dit die ou skaduwees uitvee (p11)

Hierdie hoop op lewe, verteenwoordig deur Magda en Kietie, is die teenpool van wanhoop en keerkant van die dood(p13)

Wanneer Gerhard op die punt staan om beide sy Vryheid en identiteit te verloor, besef hy dat dit is wat hy aan die mense wat hy in sy treine afgevoer het, gedoen het

Hy besef dat sy geliefde vlamdiere, in beide lewens, letterlik verband met vlamme en dood hou (treinuitwissing en ongeluk)

Hy besef sy eerste en mees getroue liefde (p19), wat vir hom Vryheid gesimboliseer en hoop vir die toekoms gegee het, het hom in die steek gelaat “Lokomotiefyster het hom verslaan, stoomketelvuur het hom verorber, hom ingespan in ‘n kwaadwillige netwerk van boosheid wat amper die hele wêreld verteer het” En aan die einde van sy lewe dink hy: “Dit is waar ek vandaan kom, ‘n kil plek van nie-bestaan, en dit is waarheen ek teruggaan. Lewe, dit wat tussenin kom, is betekenisloos” (futiel)

  • Die Self teenoor die Ander – Tweeledigheid in Persoonlike Verhoudings

Joan Hambidge beskryf die boek as ‘n briljante psigoanalitiese studie van die Self teenoor die Ander

Persone wat analities lees, sal verskeie aspekte van Jung opmerk: self, skadu, animus en anima, argetipes ens

Die woorde “Self” en “Ander” word op verskeie plekke in die teks as teenoorstaandes gebruik

Dieter voel hy is nie soos ander mense (p17) Sy spiëel wys vir hom hy is een wat op die buiterand van die vuur staan. Die spiëel verneuk hom nie. Hy lyk normaal genoeg, maar as jy dieper kyk, vind jy sy normaliteit is ’n masker, ’n saamgeflanste nabootsing

Sabine vul aanvanklik vir Dieter ‘n leemte in homself wat rede en logika nie kan doen nie Later ervaar hy ’n verandering in haar houding wat hom ontstel (p104) Minder as ooit ken of verstaan hy haar. Hy was altyd die Self teenoor haar Ander, maar vroeër het sy hom genoeg by haar andersheid ingelaat dat hy kon dink hy verstaan wat en hoe sy dink

Magda het eweens ‘n donker verlede waarvan sy probeer vlug. Tog wonder hy: Hoeveel selwe het sy, en hoeveel van hulle sal sy hom toelaat om te ontdek en te verken? Sal hy ooit kan volg waar sy heen gaan as sy haar oë sluit, of sal hy alewig daar ‘n buitestaander wees? Haar self, sy ander. Hy sal haar nooit kan blootstel aan die ander hy nie (p254)

Andre Kruger sê tog dat Dieter se tussenwerking met Sabine nie uitgewerk het nie, maar met Magda wel

Omdat Dieter meesal die buitestaander is, die onwillige karakter wat weier om kant te kies, word hy in die liminale gebied tussen self en ander in verhoudings vasgevang (Limen = drumpel; Liminale gebied = tussengebied; gebied van oorgang, of afwagting, of onsekerheid)

Self-en-ander beginsel geld ook by bv persone in magsposisies wat die swakhede van die ondergeskiktes

uitlig om hul eie mag en gesag te beklemtoon

Wolff bestempel Dieter as ‘n swakkeling en ‘n lafaard, want hy glo aan niks, maar Wolff self is gebonde aan die sentimente van hul bevelvoerders en sy eed dwing hom om bevele te gehoorsaam (dus superieur)

 

Dit geld ook by bv waar die mens, weens omstandighede, betrokke raak by oorrompelende gebeure; die klein mens teen die groot magte Die mens, uitgelewer aan geweld en politiek, word dan die slagoffer

2 Andre Kruger se Inspirasie

Volgens die skrywer was die boek van Hannah Arendt: Eichmann in Jerusalem, met subtitel: The Banality of Evil die inspirasie vir die boek

  1. ADOLF EICHMANN

SS Obersturmbahnführer Eichmann se spesifieke taak was die fassilitering en bestuur van logistiek van die massa deportasie van Jode, eers na ghettos en later na uitwissingskampe in Oos Europa

Hy is in 1960 in Argentinië in hegtenis geneem deur die Israeliese Intelligensie Diens, Mossad, in Jerusalem verhoor en in 1962 gehang

Aan die begin van 1933 wettig die Nazis diskrimminasie teen die Jode.. Die aanvanklike plan, getitel as “Totale plan vir die Joodse kwessie”, is om hul te laat emigreer deur geweld en ekonomiese druk op hul toe te pas. As Hoof v/d Dept Joodse Aangeleenthede in die SS se Sekuriteits Dienste, is Eichmann die hoofman vir die taak

In 1939, na die inval in Pole, waar daar baie Jode was, het die plan verander na geforseerde emigrasie wat ‘n groot mate van moord ingesluit het

In 1942 het Heydrich, hoof van SS Sekuriteitsdienste, die Wannsee konferensie bymekaar geroep (Wannsee was ‘n voorstad van Berlyn en hul het in ‘n pragtige herehuis daar vergader)

Eichmann het die agtergrond navorsing vir die konferensie gedoen en het ook die notulering daarvan beheer Die “Finale Oplossing vir die Joodse Kwessie” is hier geformuleer, waarvolgens meeste v/d Jode in Duitsge okkupeerde Europa, na Poland gedeporteer en uitgewis sou word. Die finale oplossing het Eichmann se primêre doelwit geword en hy het homself beskou as die spilpunt daarvan

Eichmann en sy 200 man Sondereinsatzkommando (Afr: besonderse insette kommando) was verantwoordelik vir die transportasie – vlg berekening is 5,5 – 6miljoen Jode hier gedood

Wanneer Eichmann aan Dieter opdrag gee om van die trein en sy inhoud ontslae te raak (p133), is sy woorde: “Ondracek, ons haat hulle nie. Hulle is bloot ‘n laer vorm van lewe. Haat moet verdien word. Slegs gelykes kan mekaar haat en hulle is nie ons gelykes nie.”

Teen die einde van die oorlog het Eichmann gesê: “I will jump into my grave laughing, because the fact that I have the death of 5 million Jews on my conscience, gives me extraordinary satisfaction”

  1. b) HANNAH ARENDT (1906 – 1975)

‘n Baie interessante dame; in verskeie opsigte haar tyd ver vooruit Sy beskryf haarself as: politieke filosoof, teoretikus en wetenskaplike Haar werk handel oor die eienskappe en karakter van mag, outoriteit en totalitarisme

Sy is in 1906 in Hanover, Duitsland gebore as enigste kind van oorspronklik Russiese Jode. Sy was ‘n groot leser wat reeds op 16-jarige ouderdom begin publiseer het. Na-skools bestudeer sy teologie en verwerf haar doktoraat in 1929 (23 jr oud)

Met die opkoms van anti-semitisme, doen sy o.a. ‘n projek oor die konflik tussen Duitse nasionalisme en ondergeskiktes In 1933, in samewerking met ‘n zioniste groep, publiseer hul inligting aangaande slagoffers van Naziisme. Sy word deur die Gestapo gearresteer, maar met die hulp van simpatiseerders, slaag sy om te ontvlug na Parys. Hier help sy oa om Joodse kinders uit Duitsland na Palestina te neem

Nadat sy en haar man in 1940 afsonderlik geïnterneer is, ontsnap hul weer eens en vlug in 1941 na Amerika – op daardie stadium nog neutraal. In New York werk sy aan haar boek: “The Origens of Totalitarianism” wat in 1951 gepubliseer word en haar tot die kring van beroemde intellektueles verhef

Definisie van Totalitarisme: a political system in which the state holds total authority over society and seeks to control all aspects of public and private life (thoughts and actions of citizens) wherever possible

In 1960 dek sy, as verslaggewer v/d New Yorker, die Eichmann verhoor in Jerusalem. Haar mees kontroversïele boek: Eichmann in Jerusalem, met die subtitel: The Banality of Evil volg in 1963 Arendt se werk en omvangryke publikasies het geweldig baie debat tot gevolg gehad en het die wêreld se gewete aangespreek

Sy was die 1ste vrou wat ‘n professor by Princeton Univ (was ook by verskeie groot Amerikaanse uni versiteite betrokke)

In 1975 word sy die 1ste vrou en 1ste Amerikaner wat die gesogte Deense Sonningprys ontvang vir haar bydrae tot “European Civilization”

Verskeie skole, institute en selfs ‘n trein en ‘n asteroïd is na haar vernoem

In 1983 verskyn ‘n roman oor haar: An Admirable Woman deur Arthur A Cohen

En in 2012 die Duitse rolprent: “Hannah Arendt” onder regie van Margaretha von Trotta

  1. THE BANALITY OF EVIL

By die verhoor, het Eichmann se gedrag en houding Hannah geïnteresseer. Sonder om enige haat of skuldgevoelens te toon, het hy beklemtoon dat hy slegs sy plig gedoen het deurdat hy beide opdragte, sowel as die wet, gehoorsaam het – uiters verantwoordelik, vlg hom

Die vlg 7 observasies was belangrik: 1. Eichmann hou by Kant se imperatief, maar stel ipv die morele self, Hitler as die wetgewer 2. Steun op clichés en standaard frases 3. Sluit by verskillende organisasies aan om homself te definieer 4. Laerige intelligensie – geen opleiding voltooi 5. Maak aanspraak op aksies wat hy onmoontlik kon uitvoer maw “brag” 6. Glo ander hoës se aandadigheid verminder sy eie skuld 7. 6 sielkundiges bevind hom meer “normaal” as die gewone mens

Die konsep “the banality of evil” is gebore

Haar teorie is dat Eichmann nie ‘n fanatikus of sosiopaat was nie, maar ‘n baie gemiddelde mens wat staat gemaak het op cliché verontskuldigings eerder as om vir homself te dink; dat hy gemotiveer is deur professionele promosie, eerder as deur ideologie “He did not have a sadistic will to do evil, but failed to think about what he was doing”

Banaliteit le nie daarin dat Eichmann se optrede ordinêr was, of dat daar ‘n potensiële Eichmann in almal van ons skuil nie, maar dat sy optrede gemotiveer is deur ‘n tipe onverantwoordelike onbesonnendheid wat total onaanvaarbaar is Haar bekende aanhaling: “It is in fact far easier to act under conditions of tyranny, than it is to think”

(Vgl ook “normalisering v/d ondenkbare”)

Sy het nie ontken dat Eichmann anti-semities was, of dat hy nie ten volle verantwoordelik vir sy dade was nie, maar hy is oorheers is deur sy “denkloosheid”

Die boek het baie kontroversie veroorsaak, veral omdat Jode en ander dit verkeerd geïnterpreteer het. Hulle het gemeen sy verskoon Eichmann en bevraagteken Joodse onskuld

3 VRAE WAT BOEK AAN LESER STEL:

(Insette van lesers)

  1. Vergeef of verdoem?
  2. Die kompleksiteit van verhoudings en identiteite en meer nog van tweede lewens en identiteite:

Bv wanneer Gerhard oor sy verhouding met Magda besin, besef hy: “hy kan haar nie in die deel van homself inneem wat hy afgesweer en ontken het nie. Sy sal Dieter Ondracek nie kan verdra nie” (p306)

  1. Singewende rol van ruimte en plek
  2. Vervlegting van persoonlike en nasionale geskiedenisse
  3. Mens normaalweg en in druksituasies (mens as slagoffer)
  4. Aandadigheid, verantwoordelikheid, moraliteit
  5. Persoonlike en kollektiewe skuld
  6. Verhouding tussen mag en geweld

9 Nazi-Duitsland in vergelyking met apartheid SA:

Rassisme; geweld; waarheid en versoening en die noodsaak vir heling; Mandela: sy Vryheidstryd en sy latere ommekeer na opregte versoening en geen vergelding

10 Nazi Duitsland en die huidige SA:

Xenofobie; omgekeerde rassisme; ons aandadigheid/skuld aan apartheid

6 KRITIEK

‘n Paar menings: Die digtheid v/d teks, die samehang tussen ‘n spektrum temas wat diepgaande ontleed word en die verkenning van Nazi Duitsland teenoor apartheid SA is pryswenner materiaal.

Vlotheid van styl, literêre digtheid en historiese detail maak hierdie debuut ‘n publikasie waarvan lesers moet kennis neem

Het aansienlike navorsing en aandag aan klein detail van skrywer geverg

Die boek ruk jou uit SA, en selfs Afrikaans, tot in die Duitsland v/d 2de wêreldoorlog

Anachronisme: die term “die pote” wat hier vir die polisie gebruik word, is eers in 1970 geskep,toe Thys Nel besig was met oorklanking van ‘n Franse film Hulle noem hul polisie: “le poulles” die hoenders

Hier en daar ‘n paar onnodige lang beskrywings soos bv oor teaters in Mellville (p223)

Karakterontwikkeling soms gebrekkig Sabine, Magda en Kietie Lesers?

  1. UNIEKE BYDRAE

1 Vlg Andre Kruger leer die boek 2 “lesse”: Dit is beter om eerder te veel te dink as te min en dit is beter om eerder gesag te bevraagteken, as nie

  1. Die subteks: ”In ‘n tyd van onreg en geweld bly niemand onaangeraak nie”

Henia Bryer getuig: “het my bes probeer om normaal met my lewe voort te gaan, maar niemand kan sonder letsels daaruit kom nie”

(Henia is ‘n oorlewende v/d holocaust wat tans in Kaapstad woon ‘n Onderhoud met haar het in Januarie in die Burger verskyn Sien in voorportaal)

Die verreikende gevolge van so ‘n tyd strek verby fisieke en emosionele letsels tot by die opoffering van die identiteit van die individu

  1. Die boek dra daartoe by dat ons onsself en andere beter verstaan

8 AFSLUITING:

Insette van persone direk deur oorlog geraak

Insette van lesers

(Notas en bespreking deur Marèl de Jager)

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s