Grootste lewende Afrikaanse digter?

Dr Rensia Robinson het Kleinmond Leeskring Maandag kom toespreek oor die lewe en werk van die digter TT Cloete. Cloete se digkuns en sy totale bydrae as woordkunstenaar en mens is verantwoord in sy mees onlangse publikasie, Die ander een is ek, in 2013. Dit is ʼn formidabele besinnende werk oor homself en sy kunstenaarskap, asook oor as sodanig en as maaksel van ʼn Goddelike Skepper.

“Jy kry net één lewe. Net één.
Versorg en koester dit,
vier dit en vind daar vreugde in.
Jy kry net één lewe. Net één.
Neem dit van kleintyd af in vol besit.
Kweek jou eie smaak. Besin
Betyds. Weet waar om op te hou.
Leef feestelik maar jy kry
net een. Vermy om blasé
te word. Leef spaarsaam. Onthou
daar’s baie soorte vraat- en vetsug
en oorgewig. Kom liefs tenger
onversadig en honger
maar voldaan terug.”

Cloete het die dood van sy geliefde Anna in 2007 gehuldig deur die digbundel, Uit die wit lig van my land gesny: vir Anna, in 2010. Dit is nie net `n bundel oor Anna as mens nie, maar oor die wonder van `n verbintenis; die deelwees en opgaan van liefdesgenote in mekaar.

“… het sy my ontval
my duifie sonder gal.
sy het in ’n ondeurdringbare wakkerland gaan bly.”

Cloete word deur baie beskou as ons grootste lewende Afrikaanse digter. Sommige van die Leeskringlede is bevoorreg, hulle kon ʼn kaartjie bekom om op die Woordfees te gaan luister na ʼn gesprek tussen TT Cloete, Wilma Stockenström en Adam Small. Wat ʼn voorreg het ons nie hier aan die suidpunt van Afrika met al die kultuur op ons voorstoepe nie.

Rensia Robinson 001

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s