Ingrid Jonker, ‘n Biografie – Petrovna Metelerkamp

Ingrid Jonker 'n BiografieIngrid Jonker ‘n Biografie by Petrovna Metelerkamp

My rating: 5 of 5 stars

Oor Vlam in die sneeu het ek gesê. Dit is om verskeie redes vir my die boek van die dekade. Dit het baie emosie in my wakker gemaak. Enersyds beny ek Brink en Jonker vir hulle verstommende konneksie, daar is min mense wat die voorreg het om so ‘n sielsmaat te ontmoet, andersyds was ek kwaad. Ek het ook mislei gevoel. Ingrid Jonker is in álles nog altyd uitgebeeld as hierdie emosioneel onstabiele mens. Ek sien niks daarvan nie, inteendeel. Noudat ek die boek meer as 90% klaar het, vind ek Ingrid meer gebalanseerd en volwasse as vir Brink. Die teendeel is altyd aan ons voorgehou.

(On)gelukkig was Petrovna Metelerkamp se Ingrid Jonker – ‘n Biografie baie meer objektief. Waar die briefwisseling tussen Brink en Jonker slegs hulle eie subjektiewe ervarings van hulle leefwêrelde weergegee het, kon ‘n mens nou ‘n baie meer gebalanseerde prentjie kry, uit elke moontlike hoek, uit die oogpunt van vriende, vyande en familie.

Dit was ook vir my bietjie ontgogelend in die sin dat ek enige verromantiseerde weergawes van hulle verhouding wat oorgebly het in my kop, kon laat gaan. Ek is van alle illusies ontneem oor my gunstelingskrywer van baie, baie jare. Hierdie sin uit die boek het my laat koue rillings kry:

“André sê in ‘n brief aan Ingrid hy het by ‘n advokaatvriend raad gevra oor die proses van egskeiding – en betrap homself dat hy (in ‘n roman) iets hieroor sal wil skryf. Hy vra of dit harteloos is as mens jou eie lyding en jou lewe so objektief bekyk dat jy gedurig bewus is van ‘literêre moontlikhede’ daarin.”

Brink se reaksie na haar dood, om dit met entoesiasme te koppel aan die einde van Orgie, het my doods laat voel. Ontdaan van al die emosies en bewondering vir beide Brink en Jonker, kan ek uiteindelik nou bloot kyk na hulle skryfwerk en hoe ek daaroor voel. Soos dit hoort, om hoe ek voel oor die persoonlike lewe van die skrywer, van sy kuns te skei.

Ingrid Jonker se lewe was egter soveel meer as net haar verhouding met Brink, en daarin het Petrovna Metelerkamp uitstekend geslaag, om hierdie verhouding in perspektief te plaas binne die groter opset van haar familie en vriendekring.

View all my reviews

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s