Kleinmond Leeskring besoek Breytenbach Sentrum

Maandag het die Kleinmond Leeskring besoek afgelê in Wellington by die Breytenbach Sentrum.

Die Breytenbach Sentrum, wat rofweg 150 jaar gelede gebou is, was die woning van vele eienaars. Dit was eers die Commercial Hotel voordat dit in die laat 1890’s verkoop is as studentehuis. In die vroeë veertigerjare was die huis die basis vir die Wellingtonse Voortrekkerkommando, voordat Hans en Kitty Breytenbach (eers van Riversdal) Grevilleas in 1953 as losieshuis gekoop het. In 1974 verkoop die Breytenbachs die huis aan die Wellingtonse munisipaliteit, wat dit benut as daghospitaal.

In 2007 is die Breytenbach Sentrum, na byna ʼn dekade se onderhandeling en restourering – met sy klassieke argitektuur en unieke, ouwêreldse sjarme – geopen.

Die sentrum is nie ‘n museum nie, maar ‘n lewendige, multidimensionele kultuursentrum waar alle belangstellendes kan deel in besprekings, idees, opleiding en werkswinkels. Dit is by uitstek nie-winsgewend, en alle kunsvorme word ondersteun.

Skrywer Theo Kemp, die Uitvoerende Hoof, het ons toegespreek oor sy boek Skool, ʼn roerende uit-die-hart gesprek oor sy navorsing en die skryfproses. Skool vertel van die jong man Theo Kemp, wat ­probeer om antwoorde te kry oor wat met die skoolstelsel fout is. By die ­armer skole is dwelmverslawing, skoolhoofde wat hul verantwoordelikhede ontduik, onderwysers wat eerder sosiaal verkeer as om skool te hou, hardwerkende ­amp­tenare wat uiteindelik ­moedeloos tou opgooi en by die ­ryker skole is korrupsie, arrogansie en eet­versteurings.

Die uitstappie is afgesluit met heerlike eetgoed in die lowerryke binnehof, onder ou bome.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s