Die Lanternswaaier

Maandag het skrywer SD Fourie met Kleinmond Leeskring kom gesels oor haar boek, Die Lanternswaaier.

SD Fourie is ‘n toergids, skrywer en mede-eienaar van die Strandveld Museum, Franskraal. Sy woon by die see en daarom is haar stories vol wind, mis en seesproei. Sy het voor haar debuutroman reeds haar skryftande by RSG geslyp, en was by twee geleenthede ʼn pryswenner vir radiodrama skryfkompetisies.

Sy het die gehoor met groot entoesiasme toegespreek, en oor die agtergrond gesels wat gelei het na die skryf van Die Lanternswaaier.

In hierdie roman is die stranding van die Galera, ‘n Noorweegse bark wat naby Danger Point, (Gansbaai) gestrand het, die gebeurtenis wat verskeie ander intriges aktiveer, maar die verhaal begin eintlik veel vroeër, toe Sophie as kind die lantern geswaai en die skepe help strand het. En natuurlik nóg langer terug, met die sondes van die vaders, wat gevolge het tot in die derde en die vierde geslag…

Dit is altyd lekker as ʼn skrywer self oor ʼn boek kom praat, maar dit is dubbeld so lekker as die boek afspeel in ons eie area, op plekke waar ons eie voetsprore ook lê.

Die boek kan HIER van Kalahari bestel word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s