In ‘n Land sonder voëls, Harry Kalmer

In 'n land sonder voëlsIn ‘n land sonder voëls by Harry Kalmer

My rating: 4 of 5 stars

Distopiese verhale, fantasie en wetenskapsfiksie is definitief nie my normale genre nie, maar Harry Kalmer se In ‘n land sonder voëls, het heeltemal ‘n ander snaar in my geraak. Die idee dat dit waar sou kon wees. Dit is nogal iets in fiksie wat met my resoneer, as iets waar sou kon wees.

Die wêreld wat Harry Kalmer beskryf, is een waar die beheer van die land aan ’n korporasie oorgedra word, wat dan die land bestuur met ’n kombinasie van Skandinawiese sosialisme, Indiese inligtingstelsels en Koreaanse bestuurspraktyke. Elke vyf jaar word daar gestem. Die korporasie wat die vorige termyn die land bestuur het, kom dan by die stembus teen twee of drie ander aanspraakmakers te staan. Die meeste mense het die ekonokrasie verwelkom. Teoreties klink dit ook goed, totdat jy daardie Koreaanse bestuurspraktyke sien uitgevoer word in wat as fiksie opgedis word, maar vir die leser ‘n werklikheid word.

Die boek herinner op ‘n manier aan Lien Botha se Wonderboom.

Hierdie boek het my emosioneel dieselfde affekteer as The Handmaid’s Tale, alhoewel ek voor my siel weet dit is ‘n distopiese realiteit, is dit asof dit bloot iets in ons toekoms is wat moontlik is. Ons wêreld is so chaoties op die oomblik, met magtige lande wat deur narre regeer word wat die wêreld as ‘n spel sien waar die poppemeester die toutjies op Twitter trek, dat ‘n land sonder voëls na die realiteit begin klink. Woorde soos “Nanny state” was voorheen nie gebruik nie, nou lees jy daarvan in fiksie. Is dit dan so vergesog?

Kalmer se besinnings oor die aftakeling van die menslike liggaam, van oud word en die dood, was ‘n hou op die maag. “Hier op my oudag het ek skielik die begeerte om dinge te deel. Al sê die mense ook dis nie so nie. Ek is ’n ou man. Dalk kan ek my ouderdom herwin, my waardigheid, deur ons storie te vertel. Deur die ou mens te word wat ek uiteindelik wil wees, wat steeds aan die oue vasklou.”

Die boek het my omgekrap, dit het my ontsenu. Ek het vir twee aande nagmerries gekry oor vreemde wêrelde, waar ek myself wakker geskree het. Juis daarom was die boek vir my uiters geslaag.

Die laaste stuk van die boek was vir my bietjie stomp, asof in pas met die skrywer se lewe, wat gesterf het kort na die publisering van die boek.

Na die Chaos het die Wending gekom. En Adam se sesde lewe het begin. Hy het gesê: “Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou.”

Hierdie is ‘n boek om te onthou.

Lees die eerste 10% gratis op Amazon, of koop dit HIER

View all my reviews

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s