Mariël le Roux by Kleinmond Leeskring

Maandag was ‘n hoogtepunt van die week, toe skrywer Mariël le Roux ons Leeskring kom toespreek het, oor haar boek, Die Naamlose. Die boek was die naaswenner van die Sanlam Groot Romanwedstryd in 2010. Haar entoesiasme en warm menslike verteltrant het die gehoor geboei.
Le Roux is nie ‘n onbekende aan die Leeskring nie, in 2010 het sy oor haar debuutroman , Wilhelmina – kampkind op Java, ’n roerende verhaal oor onder meer oorlog, die lewe in ’n konsentrasiekamp en genesing ná verdrukking, met ons kom gesels. Hierdie boek is intussen in Nederlands vertaal as Sterretje, en is baie goed in Holland ontvang.

Die Naamlose vertel die verhaal van Carli van die plaas Grootvlei se kinderjare. Haar ma, Isabella Vittorio, was van Italië en het in Suid-Afrika uitgespoel, so het sy vertel. Carli se ma sterf tydens die geboorte van Carli se boetie, ’n katkoppie.

Wat die nag met die katkoppie gebeur, word die volgende dag onder die kluite saam met Ma Bella begrawe. Klein Carli was ooggetuie van al die liederlikhede van die nag, en onwetend bring die klein mismaakte babatjie groot ellende oor Carli se kleintyd.

Mariël le Roux is ‘n boorling van die Worcester-distrik en woon tans op Hermanus. Dié ma van vier het haar loopbaan as dosent in Verpleegkunde aan onder meer die Universiteite van Wes-Kaapland en Stellenbosch be-oefen. Na haar aftrede skryf, lees en reis sy graag.

 Ons sien reeds uit na haar volgende boek!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s