Adam Small

Ná jare het die digter, skrywer en dramaturg Adam Small uiteindelik sy Hertzogprys gekry. Dit is die vernaamste prestigespys in die Afrikaanse letterkunde. In sy literatuurgeskiedenis het J.C. Kannemeyer Kanna hy kô hystoe vermeld saam met die belangrikste internasionale dramas ter wêreld.

Die oorhandiging van die Hertzogprys wat vanjaar aan Adam Small vir sy drama-oeuvre toegeken is, het in September by die HB Thom-teater op Stellenbosch plaasgevind.

Alhoewel daar ‘n tikkie omstredenheid geheers het toe die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vroeër vanjaar aangekondig het dat Small die prys sal ontvang, is die besluit meestal met groot entoesiasme verwelkom. Baie meen dat Small lank reeds die Hertzogprys verdien. Nicol Stassen, besturende direkteur van Protea Boekehuis, het gemeen die Akademie het nie regverdig en reëlmatig opgetree nie. Alhoewel hy begryp “dat die Akademie ’n onreg van die verlede wil regstel”, omdat Small na regte jare gelede reeds die Hertzogprys moes ontvang, meen hy dat die Akademie vanjaar “‘n nuwe onreg pleeg”. André Brink het gesê dat dit beter sou wees as die Akademie vooraf bekend gemaak het dat hulle van die reglement gaan afwyk. Breyten Breytenbach het die Akademie ook geluk gewens.

Ongelukkig is die 75-jarige digter en dramaturg se gesondheid nou van so ‘n aard dat hy nie self die langverwagte prys in ontvangs kon neem nie. Sy vrou, Rosalie Small, het die Hertzogprys namens hom by die HB Thom-teater ontvang en sy dankwoord voorgelees.

Op 29 Oktober kom dr Rensia Robinson Overstranders toespreek oor Adam Small as baanbreker-digter in Kaapse Afrikaans.

Plek: Gereformeerde Kerk, Kleinmond
Tyd: 14:30 vir 15:00
Koste: R10
Vrugtesap en verversings word vooraf bedien

Skakel Marietjie Marais vir navrae, Tel 0282715547 of 0824455962

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s