Stormkind – Riana Scheepers

StormkindStormkind by Riana Scheepers

My rating: 5 of 5 stars

‘n Absolute magiese boek. Die skrywer verstaan ‘n stormhart in ‘n mitiese, maar oor riële wêreld. Die verhaal begin met ’n storm in Afrika en eindig met ’n storm in Ierland, ‘n sirkel voltooid. Die taalgebruik is liries en beeldend, die verhaal word beleef met al jou sintuie. Jy sien die weerlig, jy hoor die storm buite woed, maar dit laat terselfdertyd die storm in jou eie hart bedaar as jy tjoepstil sit en lees totdat jy jou eie hartklop hoor.

Die Boesman-mense se kultuur word slim verweef, maar mens vergeet nooit waar die verhaal afspeel nie.

Hierdie is een vir herlees.

View all my reviews

Leave a comment