Leeskring Afsluiting

Kleinmond Leeskring het Maandag ʼn opwindende jaar afgesluit by Rivendell. Voorsitter Kota van der Mescht bedank lede, en met die noem van die jaarprogram het ek weer besef hoe bevoorreg Kleinmond is met die kwaliteit aanbiedinge by ons Leeskring. Enkele hoogtepunte die jaar het ingesluit:

ʼn Uitstappie na Wellington om die Breytenbach Sentrum te besoek. Die sentrum is nie ‘n museum nie, maar ‘n lewendige, multidimensionele kultuursentrum waar alle belangstellendes kan deel in besprekings, idees, opleiding en werkswinkels. Dit is by uitstek nie-winsgewend, en alle kunsvorme word ondersteun. Skrywer Theo Kemp, die Uitvoerende Hoof, het ons toegespreek oor sy boek Skool, ʼn roerende uit-die-hart gesprek oor sy navorsing en die skryfproses.

Skrywer Gerard Scholtz het ons kom toespreek oor sy roman, Lig Wankelend. Dit handel oor die wese van die liefde en lewe van Ute Reuter. Utte Reuter is ’n Duitse vrou wat ná haar belewenisse gedurende die Tweede Wêreldoorlog, onder meer as verpleegster, besluit om die post-oorlogse reddeloosheid van Duitsland te verlaat en na Suid-Afrika te verhuis.

Mariël le Roux van Hermanus het met ons kom gesels oor haar boek Die Naamlose. Die boek was die naaswenner van die Sanlam Groot Romanwedstryd in 2010.

Carine Janse van Rensburg van Stellenbosch, ons kom toespreek het oor die postmodernistiese Afrikaanse poësie. Sy het die gehoor geboei met haar bespreking van ‘n paar gedigte, deur aan te dui hoe een gedig intertekstueel kan inspeel op ‘n ander, en dit daardeur te parodieer. Sy het hierdie begrippe so goed verduidelik dat die gehoor lewendig deelgeneem het aan die bespreking.

Dr Rensia Robinson het Overstranders kom toespreek oor Adam Small as baanbreker-digter in Kaapse Afrikaans. Ná jare het die digter, skrywer en dramaturg Adam Small uiteindelik sy Hertzogprys gekry. Dit is die vernaamste prestigespys in die Afrikaanse letterkunde. In sy literatuurgeskiedenis het J.C. Kannemeyer Kanna hy kô hystoe vermeld saam met die belangrikste internasionale dramas ter wêreld.

Nadat Kota ons weer herinner het aan die besondere jaarprogram, het Christine Dreyer, ons gas van die Vriende van die Bettiesbaai Biblioteek, verse op haar besondere manier voorgedra met die tema Familie. 

Wat ʼn voorreg om deel te kan wees hiervan. Ons is Kota van der Mescht en Marietjie Marais baie dankbaar vir hulle harde werk om ons bloot te stel aan hierdie kultuurryke program van 2012, en sien reeds uit na die program van 2013.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s