Kleinmond Leeskring afsluiting

Kleinmond  Leeskring het op feestelike wyse ʼn baie kreatiewe jaar afgesluit, by Kleinmond Gholfklub. 

Christine Dreyer, ons gas van die Vriende van die Bettiesbaai Biblioteek, het verse voorgedra oor ons omgewing, deur bekende digters. Menige traan is gepink toe sy Ballade van Bettiesbaai (Marlene van Niekerk) voorgedra het.

Kota van der Mescht het ʼn oorsig oor die jaar se gebeure gegee, wat ons almal laat besef het watter harde werk sy en Marietjie Marais gedoen het. Kota beweer sy het hulp en raad van ander gehad, maar ons almal weet die eer kom hulle twee toe, en waardeer hulle werk, wat meegebring het dat ons die volgende besonder kreatiewe Leeskring-jaar agter die rug het.

Ons het die jaar begin met ‘n bespreking deur Chanette Paul, oor die genres in ontspannings literatuur, nie alleen was dit insiggewend nie maar het mens besef dat dit ‘n belangrike rol speel in die behoud van Afrikaans. 

Daarna het ons deur Madri Victor, ʼn manuskripontwikkelaar met ervaring in die uitgewerswese, die pad van ‘n boek gevolg vanaf die manuskrip tot op die rak in die boekwinkel.  Weereens was die proses ‘n openbaring. 

Dan die onderhoudende gesprek oor die lewe van Olive Schreiner met spesiale verwysing na haar rol as kampvegter vir vroue regte en haar rol as kampvegter teen Brittanje se aanstigting van die  Anglo-Boere oorlog. 

Besoek aan die Zuid Afrikaanse Centrum voor Nederland & Vlaandere wat o.a  die onderhoudende bespreking deur Karin Benjamin oor De Aanslag en die skrywer Harry Mulisch, ingesluit het.

Die veelvlakkige intriges en in diepte karakter ontwikkeling wat die spanningsroman, The Secret History as ‘n klassieke werk laat uitstaan.

Dertig nagte in Amsterdam wat binne die konteks van ‘n spesifieke maatskaplike en politieke era in die samelewing afspeel, maar as post moderne roman die leser laat worstel met gedagtes en ruimte gee vir eie interpretasies en evaluering  van die eie bestaan.

‘n Blik op die lewe van Shakespeare wat ons teruggevoer het na die letterkundige wêreld van die 16de eeu, die enorme nalatenskap van die legendariese skrywer en die beweerde mites rondom hom.

Ons was aan die hart geruk deur die impak van Altzheimers op die slagoffer en lewensmaat  soos dit afspeel in die lewe van die bekende Britse skrywer  Iris Murdoch

Die fassinerende vertelling uit persoonlike ervarings van Amanda Botha oor die lewe van die  legendariese Laurens van der Post  en sy verbluffende ontmaskering.

Ons het die jaar op ‘n baie toepaslike noot afgesluit met ʼn bespreking van Padmaker.  Dit het mens gedwing om introspeksie te hou oor die eie pad wat jy maak in aansluiting by die aanhaling van Rilke in die boek: “ The only journey is the journey within”

Geen mens en geen instansie kan ooit altyd almal tevrede stel nie. Ons verskil in voorkeure en keuses omdat ons unieke wesens is.  En so is dit ook maar met die Leeskring. Maar ons vertrou dat elkeen van julle in 2011 Leeskring ervarings gehad het wat vir dit vir julle die moeite werd gemaak het, en ons sien baie uit na ʼn ewe kreatiewe program vir 2012.

Trisa Hugo – Kleinmond Leeskring

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s