Kleinmond Leeskring skop af op hoë noot!

Kleinmond Leeskring het Maandag 31 Januarie op ‘n hoë noot afgeskop. Hierdie jaar stel besondere eie aan die Leeskring, omdat stelselveranderinge in die Wes-Kaapse biblioteke meebring dat daar nie boeke van ander biblioteke bestel kan word hierdie jaar nie.

Ons bekwame bestuur het hulle nie laat onderkry nie, en kreatief gedink om ‘n interessante program vir die lede op te stel.

Eerste aan die beurt vir 2011, het die skryfster Chanette Paul van Stanford, die Leeskring kom toespreek, oor die verskillende genres in die literêre wêreld. Nie net het Chanette ons ingelig oor hoe dinge nou inmekaarsteek nie, maar ook die ontstaan daarvan verduidelik.

Chanette het met soveel passie van boeke, die uitgewersbedryf en die verskillende genres gepraat, dat mense na pen en papier gegryp het. Ek het lanklaas soveel mense in ‘n groep gesien wat so ywerig notas maak – veral toe sy voorbeelde noem van verskillende genres en mense op hierdie manier aan nuwe skrywers bekend stel.

Ons is almal geneig om binne bekende sfere te beweeg, en dit was heerlik dat Chanette die mure van ons bestaande lees-skanse bietjie kom afbreek het met haar entoesiasme en passie.

Chanette Paul het reeds 32 boeke gepubliseer, asook bydraes gemaak tot bundels. Verskeie van haar verhale en humorartikels het in tydskrifte verskyn.  Sy eksperimenteer met verskillende genres terwyl sy die pot aan die kook hou met haar romanses. In 2007 betree sy ʼn nuwe skryffase en vind in haar eie interpretasie van die spanningsroman, haar ware nis.

Dit was lekker om ‘n hele klomp nuwe lede by die Leeskring te sien. Mense wat belang stel om aan te sluit, kan vir Marietjie Marais skakel by: 0282715547 of 0824455962

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s